Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: gelykstroom
|
gelykstroom [boodskap #145308] |
Ma, 20 Mei 2024 18:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gelykstroom
Afbreking: ge•lyk•stroom
Samestelling: gelyk + stroom
Selfstandige naamwoord: gelykstroom
Meervoud: gelykstrome
Betekenis:
• 'n Elektriese stroom wat slegs in een rigting vloei (al wissel die sterkte daarvan).
Gebruik:
• Gelykstroom kan met 'n omsetter na wisselstroom omgeskakel word.
Antoniem:
• wisselstroom
Afgelei:
• gelykstroomaanleg
• gelykstroomdinamo
• gelykstroomgenerator
• gelykstroomkring
• gelykstroomlas
• gelykstroomlewering
• gelykstroommotor
• gelykstroomtransformator
• gelykstroomveld
• gelykstroomomvormer
Afkorting:
• gs.
• GS
Vertaling:
Engels: direct current
Nederlands: gelijkstroom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: wisselstroom
|
wisselstroom [boodskap #145307] |
Ma, 20 Mei 2024 18:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wisselstroom
Afbreking: wis•sel•stroom
Samestelling: wissel + stroom
Selfstandige naamwoord: wisselstroom
Meervoud: wisselstrome
Betekenis:
• 'n Elektriese stroom wat periodies van rigting en sterkte verander.
Gebruik:
• Wisselstroom is meer geskik om elektrisiteit oor lang afstande te stuur as gelykstroom.
Antoniem:
• gelykstroom
Afgelei:
• wisselstroomdinamo
• wisselstroomkring
• wisselstroommotor
• wisselstroomnetwerk
• wisselstroomrelê
• wisselstroomweerstand
Afkorting:
• ws.
• WS
Vertaling:
Engels: alternating current, AC
Nederlands: wisselstroom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: projekleier
|
projekleier [boodskap #145306] |
Ma, 20 Mei 2024 18:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
projekleier
Afbreking: pro•jek•lei•er
Samestelling: projek + leier
Selfstandige naamwoord: projekleier
Meervoud: projekleiers
Verkleinwoord: projekleiertjie
Meervoud van verkleining: projekleiertjies
Betekenis:
• Persoon wat 'n projek lei en toesien dat die projek volgens plan geïmplementeer word.
Gebruik:
• 'n Projekleier se eerste taak is om 'n projekplan op te stel.
Sinoniem:
• projekbestuurder
Vertaling:
Engels: project leader, project manager
Nederlands: projectleider
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: navigeer
|
navigeer [boodskap #145305] |
Ma, 20 Mei 2024 18:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
navigeer
Afbreking: na•vi•geer
Werkwoord: navigeer
Verlede tyd: het genavigeer
Betekenis:
• Om volgens 'n beplande roete van plek tot plek te bestuur.
• (figuurlik) Om doelmatig van plek tot plek te beweeg, o.a. op die internet.
Gebruik:
• Die loods navigeer die skip in die hawe in.
• Die lughawe is goed georganiseerd en maklik om te navigeer.
Sinoniem:
• koershou
• maneuvreer
• stuur
• reis
• rondsoek
• snuffel
Verwant:
• navigasie
• navigator
Vertaling:
Engels: to navigate
Nederlands: navigeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: besluitloos
|
besluitloos [boodskap #145304] |
Ma, 20 Mei 2024 16:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besluitloos
Afbreking: be•sluit•loos
Samestelling: besluit + -loos
Byvoeglike naamwoord: besluitloos
Attributief: besluitlose
Betekenis:
• Wat nie tot besluit kan kom nie.
Gebruik:
• Talle kiesers is nog besluitloos en weet nie vir wie om te stem nie.
Wisselvorm:
• besluiteloos
Sinoniem:
• aarselend
• onseker
• weifelend
Antoniem:
• vasberade
Vertaling:
Engels: indecisive, undecided
Nederlands: besluitloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: steriel
|
steriel [boodskap #145303] |
Ma, 20 Mei 2024 16:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
steriel
Afbreking: ste•riel
Byvoeglike naamwoord: steriel
Vergrotende trap: sterieler
Oortreffende trap: sterielste
Attributief: steriele
Partitief: steriels
Betekenis:
• Baie skoon en vry is van lewende patogene (mikro-organismes).
• Wat nie in staat om 'n nageslag voort te bring nie.
Gebruik:
• Infeksie kan voorkom word deur steriel te werk en steriele spuitnaalde te gebruik.
• Die muil het 'n chromosoongetal van 63 en is daarom meestal steriel.
Sinoniem:
• asepties
• antisepties
• kiemvry
• onbesmet
• patogeenvry
• onvrugbaar
Antoniem:
• onsteriel
• vrugbaar
Afgelei:
• sterielheid
Verwant:
• sterilisasie
• steriliseer
Vertaling:
Engels: sterile
Nederlands: steriel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 20 Mei 2024 19:59] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: onwelvarend
|
onwelvarend [boodskap #145302] |
Ma, 20 Mei 2024 15:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onwelvarend
Afbreking: on•wel•va•rend
Samestelling: on- + welvarend
Byvoeglike naamwoord: onwelvarend
Attributief: onwelvarende
Partitief: onwelvarends
Betekenis:
• Wat nie welvarend is nie.
Gebruik:
• 'n Groot deel van die gemeente was betreklik onwelvarend.
Sinoniem:
• arm
• ongegoed
Antoniem:
• welvarend
Vertaling:
Engels: unprosperous
Nederlands: onwelvarend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: ongehoorsaam
|
ongehoorsaam [boodskap #145301] |
Ma, 20 Mei 2024 15:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongehoorsaam
Afbreking: on•ge•hoor•saam
Samestelling: on- + gehoorsaam
Byvoeglike naamwoord: ongehoorsaam
Vergrotende trap: ongehoorsamer
Oortreffende trap: ongehoorsaamste
Attributief: ongehoorsame
Partitief: ongehoorsaams
Betekenis:
• Wat nie gehoorsaam is nie; dinge doen wat jy nie mag nie.
Gebruik:
• As iemand ongehoorsaam is, moet hy mos gestraf word!
• Die ongehoorsame kinders het pak gekry.
Sinoniem:
• balhorig
• onhebbelik
• opstandig
• stout
• weerspannig
Antoniem:
• gehoorsaam
Afgelei:
• ongehoorsaamheid
Vertaling:
Engels: disobedient, insubordinate
Nederlands: ongehoorzaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: onwelkom
|
onwelkom [boodskap #145300] |
Ma, 20 Mei 2024 15:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onwelkom
Afbreking: on•wel•kom
Samestelling: on- + welkom
Byvoeglike naamwoord: onwelkom
Vergrotende trap: meer onwelkom
Oortreffende trap: mees onwelkome, onwelkomste
Attributief: onwelkome
Betekenis:
• Wat nie welkom is nie.
Gebruik:
• Wie is die onwelkome gas?
Sinoniem:
• lastig
• ongewens
• ongenooid
Antoniem:
• welkom
Vertaling:
Engels: unwelcome
Nederlands: onwelkom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: talentloos
|
talentloos [boodskap #145299] |
Ma, 20 Mei 2024 14:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
talentloos
Afbreking: ta•lent•loos
Samestelling: talent + -loos
Byvoeglike naamwoord: talentloos
Attributief: talentlose
Betekenis:
• Sonder enige talente.
Gebruik:
• Sy musiekonderwyser het hom as redelik talentloos beskryf, maar hy het later 'n wêreldbekende komponis geword.
Sinoniem:
• onbegaafd
Antoniem:
• talentryk
• talentvol
Vertaling:
Engels: talentless, untalented
Nederlands: talentloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: standvastig
|
standvastig [boodskap #145298] |
Ma, 20 Mei 2024 14:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
standvastig
Afbreking: stand•vas•tig
Samestelling: stand + vas + -tig
Byvoeglike naamwoord: standvastig
Vergrotende trap: standvastiger
Oortreffende trap: standvastigste
Attributief: standvastige
Partitief: standvastigs
Betekenis:
• Wat vas staan en aan beginsels getrou bly; voet by stuk hou en nie opgee nie.
Gebruik:
• Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. [Jakobus 1:12]
Sinoniem:
• beginselvas
• bestendig
• bodemvas
• konstant
• onbeweeglik
• onbuigsaam
• onveranderlik
• onwankelbaar
• onwrikbaar
• paalvas
• rotsvas
• stabiel
• vasberade
Antoniem:
• onstandvastig
• wankelend
• wispelturig
Afgelei:
• standvastigheid
Vertaling:
Engels: steadfast, constant, steady, firm, resolute
Nederlands: standvastig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: navigasie
|
navigasie [boodskap #145297] |
Ma, 20 Mei 2024 13:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
navigasie
Afbreking: na•vi•ga•sie
Selfstandige naamwoord: navigasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die vermoë om posisie op die aarde of in die ruimte te bepaal.
Gebruik:
• Vandag gebruik ons meestal GPS vir navigasie, maar in die ou dae het mense 'n kompas en kaart gebruik.
Sinoniem:
• plekbepaling
• stuurmanskuns
Hiponiem:
• astronavigasie
• satellietnavigasie
Afgelei:
• navigasiehulpmiddel
• navigasiestrook
• navigasievermoë
Verwant:
• navigeer
• navigator
Vertaling:
Engels: navigation
Nederlands: navigatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: sonar
|
sonar [boodskap #145296] |
Ma, 20 Mei 2024 13:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sonar
Afbreking: so•nar
Selfstandige naamwoord: sonar
Meervoud: sonars
Verkleinwoord: sonartjie
Meervoud van verkleining: sonartjies
Betekenis:
• Instrument wat die refleksie van klank gebruik om voorwerpe op te spoor.
Gebruik:
• Die baba se geslag is met behulp van sonar bepaal.
Hiponiem:
• hoëfrekwensiesonar
Afgelei:
• sonarapparaat
• sonarstelsel
• sonartegnologie
• sonartoets
Vertaling:
Engels: sonar
Nederlands: sonar
Nota:
• Die woord is afgelei van die akroniem "SOund Navigation And Ranging".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: radar
|
radar [boodskap #145295] |
Ma, 20 Mei 2024 12:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
radar
Afbreking: ra•dar
Selfstandige naamwoord: radar
Meervoud: radars
Verkleinwoord: radartjie
Meervoud van verkleining: radartjies
Betekenis:
• Radio gebaseerde opsporing en peiling. Apparaat wat voorwerpe se posisie met behulp van terugkaatsende golwe bepaal.
Gebruik:
• Die vliegtuig het oor die see van die radar af verdwyn.
Hiponiem:
• Dopplerradar
• impulsradar
Afgelei:
• radarbaken
• radarbeeld
• radarbereik
• radarfasiliteit
• radarfrekwensie
• radarinstallasie
• radarontduiking
• radarontwyking
• radaropsporing
• radarsein
• radarskerm
• radarstasie
• radarstelsel
• radarstrik
• radartoestel
Afkorting:
• rdr.
Vertaling:
Engels: radar
Nederlands: radar
Nota:
• Die woord radar is 'n palindroom.
• Radar is 'n akroniem vir "Radio Detection And Ranging".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: grondbesetting
|
grondbesetting [boodskap #145294] |
Ma, 20 Mei 2024 12:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grondbesetting
Afbreking: grond•be•set•ting
Samestelling: grond + besetting
Selfstandige naamwoord: grondbesetting
Meervoud: grondbesettings
Betekenis:
• Die besetting (onwettige okkupasie) van land.
Gebruik:
• Die plaas was op die punt om verhuur te word, toe die grondbesettings begin het.
Sinoniem:
• grondgryp
Verwant:
• grondbesetter
Vertaling:
Engels: land occupation
Nederlands: landbezetting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: grondbesetter
|
grondbesetter [boodskap #145293] |
Ma, 20 Mei 2024 11:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grondbesetter
Afbreking: grond•be•set•ter
Samestelling: grond + besetter
Selfstandige naamwoord: grondbesetter
Meervoud: grondbesetters
Betekenis:
• Iemand wat grond beset (onwettig okkupeer).
Gebruik:
• Grondbesetters het na bewering die land skoongemaak, dit in erwe opgedeel en dit dan verkoop.
Antoniem:
• grondbesitter
Verwant:
• grondbesetting
Vertaling:
Engels: land grabber, land occupier
Nederlands: landbezetter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 20 Mei 2024 19:54] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: gedragskode
|
gedragskode [boodskap #145292] |
Ma, 20 Mei 2024 11:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedragskode
Afbreking: ge•drags•ko•de
Samestelling: gedrag + -s- + kode
Selfstandige naamwoord: gedragskode
Meervoud: gedragskodes
Betekenis:
• Reëls oor hoe om op te tree en jouself te gedra.
Gebruik:
• 'n Ondersoek is gelas om te bepaal of die party se jeugleier die gedragskode oortree het.
Sinoniem:
• gedragsreëls
• protokol
Vertaling:
Engels: code of conduct
Nederlands: gedragscode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: jeugleier
|
jeugleier [boodskap #145291] |
Ma, 20 Mei 2024 11:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jeugleier
Afbreking: jeug•lei•er
Samestelling: jeug + leier
Selfstandige naamwoord: jeugleier
Meervoud: jeugleiers
Verkleinwoord: jeugleiertjie
Meervoud van verkleining: jeugleiertjies
Betekenis:
• Leier van die jong lede van 'n klub, vereniging, party, ens.
Gebruik:
• Die party se jeugleier is met onmiddellike effek, hangende 'n dissiplinêre ondersoek, geskors.
Antoniem:
• jeugleidster (vroulik)
Vertaling:
Engels: youth leader
Nederlands: jeugdleider
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: redigering
|
redigering [boodskap #145290] |
Ma, 20 Mei 2024 10:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
redigering
Afbreking: re•di•ge•ring
Samestelling: redigeer + -ing
Selfstandige naamwoord: redigering
Meervoud: redigeringe, redigerings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van redigeer. Om iets voor publikasie reg te maak en in goeie vorm te kry.
Gebruik:
• Sy help skrywers op 'n vryskutbasis met die redigering van manuskripte.
Sinoniem:
• herskrywing
• korreksie
• redaksiewerk
• redigeerwerk
• verwerking
• taalversorging
Hiponiem:
• dokumentredigering
• kopieredigering
• teksredigering
• tesisredigering
Afgelei:
• redigeringsfunksies
• redigeringsproses
Verwant:
• redigeer
• redigeerder
Vertaling:
Engels: editing
Nederlands: bewerken, redactie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: toerisme
|
toerisme [boodskap #145289] |
Ma, 20 Mei 2024 09:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toerisme
Afbreking: toe•ri•sme
Samestelling: toeris + -me
Selfstandige naamwoord: toerisme
Meervoud: –
Betekenis:
• Die reis na ander plekke vir ontspanning of besigheid, asook die bedrywe wat dit ondersteun.
Gebruik:
• Toerisme is 'n groot bron van inkomste en kan 'n beduidende beïnvloed op 'n land se ekonomie hê.
Hiponiem:
• ekotoerisme
Afgelei:
• toerismebedryf
• toerismebestuur
• toerismeburo
• toerismegroei
• toerismepotensiaal
Vertaling:
Engels: tourism
Nederlands: toerisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 20 Mei 2024 19:54] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: verhuur
|
verhuur [boodskap #145288] |
Ma, 20 Mei 2024 08:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verhuur
Afbreking: ver•huur
Samestelling: ver- + huur
Werkwoord: verhuur
Verlede tyd: het verhuur
Betekenis:
• Om aan ander uit te huur. Om tydelike gebruik vir betaling te ruil.
Gebruik:
• Die eienaar het sy huis aan toeriste verhuur.
Sinoniem:
• uithuur
• verpag
Hiponiem:
• afverhuur
• terugverhuur
Afgelei:
• verhuurbaar
• verhuurde
• verhuurder
• verhuring
• verhuurvoorwaardes
Vertaling:
Engels: to rent out, let out
Nederlands: verhuren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: volmag
|
volmag [boodskap #145287] |
So, 19 Mei 2024 10:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
volmag
Afbreking: vol•mag
Samestelling: vol + mag
Selfstandige naamwoord: volmag
Meervoud: volmagte
Betekenis:
• Skriftelike verklaring waardeur iemand bevoegdheid aan iemand anders oordra.
Gebruik:
• Hy het aan sy prokureur volmag gegee om die oordrag van die eiendom te hanteer.
Sinoniem:
• bevoegdheid
• mandaat
• magtiging
• toestemming
Afgelei:
• volmagbrief
• volmaghebber
• volmaggewer
• volmagstem
• volmagtig
• volmagverlener
Vertaling:
Engels: power of attorney, full powers
Nederlands: volmacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: veels
|
veels [boodskap #145286] |
So, 19 Mei 2024 09:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veels
Afbreking: veels
Bywoord: veels
Betekenis:
• Baie.
• Heeltemal.
Gebruik:
• Veels geluk met jou verjaarsdag.
• Ek het veels te veel geëet. Die vraestel was veels te moeilik.
Vertaling:
Engels: congratulations; far too
Nederlands: gefeliciteerd; veel te
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: oorvol
|
oorvol [boodskap #145285] |
So, 19 Mei 2024 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorvol
Afbreking: oor•vol
Samestelling: oor + vol
Byvoeglike naamwoord: oorvol
Vergrotende trap: oorvoller
Oortreffende trap: oorvolste
Attributief: oorvolle
Betekenis:
• Wat heeltemal te vol is; die kapasitiet oorskry.
Gebruik:
• Die land se tronke is oorvol.
Sinoniem:
• oorbeset
• oorbevolk
• oorlaai
• oorlopend
• opgestop
• propvol
• stampvol
• tjok-en-blok
• tjokvol
Vertaling:
Engels: overfull, stuffed, overcrowed
Nederlands: overvol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: patologie
|
patologie [boodskap #145284] |
So, 19 Mei 2024 09:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
patologie
Afbreking: pa•to•lo•gie
Selfstandige naamwoord: patologie
Meervoud: patologieë
Betekenis:
• Die studie van siektes en beserings.
Gebruik:
• Forensiese patologie fokus op die oorsaak van dood wat meestal deur middel van 'n outopsie bepaal word.
Sinoniem:
• siekteleer
• siektekunde
Hiponiem:
• psigopatologie
• fitopatologie
Afgelei:
• patologies
• patoloog
Afkorting:
• patol.
Vertaling:
Engels: pathology
Nederlands: pathologie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: ongeïdentifiseer
|
ongeïdentifiseer [boodskap #145283] |
So, 19 Mei 2024 09:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongeïdentifiseer
Afbreking: on•ge•ï•den•ti•fi•seer
Samestelling: on- + geïdentifiseer
Byvoeglike naamwoord: ongeïdentifiseer
Attributief: ongeïdentifiseerde
Betekenis:
• Wat nie geïdentifiseer is nie.
Gebruik:
• Daar is talle ongeïdentifiseerde liggame in die land se lykshuise.
Antoniem:
• geïdentifiseer
Vertaling:
Engels: unidentified
Nederlands: niet geïdentificeerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: outopsie
|
outopsie [boodskap #145282] |
So, 19 Mei 2024 09:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
outopsie
Afbreking: ou•top•sie
Selfstandige naamwoord: outopsie
Meervoud: outopsies
Verkleinwoord: outopsietjie
Meervoud van verkleining: outopsietjies
Betekenis:
• Die ondersoek van 'n liggaam om die oorsaak van dood te bepaal.
Gebruik:
• Die patoloog wat die outopsie gedoen het, het bepaal dat die slagoffer aan geweldsbeserings oorlede is.
Sinoniem:
• doodsondersoek
• lykskouing
• post mortem
Vertaling:
Engels: autopsy
Nederlands: autopsie, lijkschouwing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: polisie-eenheid
|
polisie-eenheid [boodskap #145281] |
So, 19 Mei 2024 09:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
polisie-eenheid
Afbreking: po•li•sie-een•heid
Samestelling: polisie + eenheid
Selfstandige naamwoord: polisie-eenheid
Meervoud: polisie-eenhede
Betekenis:
• 'n Span gespesialiseerde polisiebeamptes wat saam werk.
Gebruik:
• Die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies, asook verskeie ander polisie-eenhede is uitgeroep om die voorval te ondersoek.
Vertaling:
Engels: police unit
Nederlands: politie-eenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: beboet
|
beboet [boodskap #145280] |
So, 19 Mei 2024 09:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beboet
Afbreking: be•boet
Samestelling: be- + boet
Werkwoord: beboet
Verlede tyd: het beboet
Betekenis:
• Om 'n boete op te lê; iemand verplig om 'n som geld as boetedoening te betaal.
Gebruik:
• Die verkeerspolisie het die man wat die spoedperk oorskry het in 'n snelstrik gevang en beboet.
Afgelei:
• beboeting
• beboetbaar
Vertaling:
Engels: to fine
Nederlands: beboeten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: verkeerspolisie
|
verkeerspolisie [boodskap #145279] |
So, 19 Mei 2024 08:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkeerspolisie
Afbreking: ver•keers•po•li•sie
Samestelling: verkeer + -s- polisie
Selfstandige naamwoord: verkeerspolisie
Meervoud: –
Betekenis:
• Instelling wat die verkeer reguleer en polisieër.
Gebruik:
• Die verkeerspolisie het die vrou wat die spoedperk oorskry het afgetrek en beboet.
Vertaling:
Engels: traffic police
Nederlands: verkeerspolitie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: vasloop
|
vasloop [boodskap #145278] |
So, 19 Mei 2024 08:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasloop
Afbreking: vas•loop
Samestelling: vas + loop
Werkwoord: loop vas, vasloop
Verlede tyd: het vasgeloop
Betekenis:
• Om teen iets te stamp.
• Om in 'n situasie te kom waar jy nie verder kan gaan nie.
• (figuurlik) Om iets of iemand onverwags teë te kom.
• (figuurlik) Om in die moeilikheid te beland.
Gebruik:
• Sy loop in die donker teen die glasdeur vas.
• Hy het homself in 'n doodloopstraat vasgeloop.
• Sy het in haar wiskunde-onderwyser vasgeloop.
• Jy sal jou vasloop, boetie!
Sinoniem:
• bots
• vasslaan
• raakloop
• teëkom
Vertaling:
Engels: to collide with; to get stuck, cornered; to meet; to in trouble
Nederlands: vastlopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: skub
|
skub [boodskap #145277] |
So, 19 Mei 2024 08:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skub
Afbreking: skub
Selfstandige naamwoord: skub
Meervoud: skubbe
Verkleinwoord: skubbetjie
Meervoud van verkleining: skubbetjies
Betekenis:
• Een van die dun plaatjies op die vel van visse, sommige reptiele en die pote van seker voëls.
Gebruik:
• Sy krap die vis se skubbe af.
Sinoniem:
• skilfer
• skob
Hiponiem:
• blaarskub
• dekskub
• saadskub
• visskub
Afgelei:
• skubagtig
• skubberig
• skubbig
• skubblare
• skubdier
• skubpatroon
• skubsgewys
• skubsiekte
• skubuitslag
• skubvlerkig
• skubvormig
Verwant:
• geskub
Vertaling:
Engels: scale
Nederlands: schub
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: bes
|
bes [boodskap #145276] |
Sa, 18 Mei 2024 19:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bes
Afbreking: bes
Byvoeglike naamwoord: bes
Attributief: bes
Betekenis:
• So goed as moontlik (die oortreffende trap van goed).
• Heel waarskynlik.
Gebruik:
• Dit is een van die bes bewaarde geheime.
• Sy kom bes moontlik volgende week.
Wisselvorm:
• beste
Spreekwoord:
• Les bes. [Ten laaste beste.]
• Bes gee. [Erken dat 'n ander mening die beste is.]
• Oos, wes, tuis bes. [Jou eie tuiste bly die beste.]
Vertaling:
Engels: very well
Nederlands: best
Selfstandige naamwoord: bes
Meervoud: –
Betekenis:
• Voordeel of nut.
• Die heel beste.
Gebruik:
• Dit is tot sy eie bes.
• Doen net jou bes!
Vertaling:
Engels: best
Nederlands: best
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: eierdop
|
eierdop [boodskap #145275] |
Sa, 18 Mei 2024 17:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eierdop
Afbreking: ei•er•dop
Samestelling: eier + dop
Selfstandige naamwoord: eierdop
Meervoud: eierdoppe
Verkleinwoord: eierdoppie
Meervoud van verkleining: eierdoppies
Betekenis:
• Die harde dop/ omhulsel van 'n eier.
Gebruik:
• Die eierdop kraak en 'n kuiken kom te voorskyn.
Hiponiem:
• hoendereierdop
• volstruiseierdop
Afgelei:
• eierdopafwerking
Vertaling:
Engels: eggshell
Nederlands: eierdop, eierschaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: rebels
|
rebels [boodskap #145274] |
Sa, 18 Mei 2024 16:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rebels
Afbreking: re•bels
Samestelling: rebel + -s
Byvoeglike naamwoord: rebels
Vergrotende trap: meer rebel, rebelser
Oortreffende trap: mees rebelse
Attributief: rebelse
Betekenis:
• Wat opstandig is en teen gesig ingaan.
Gebruik:
• As jy 'n slaaf van kleins af bederf, is hy rebels as hy groot is. [Spreuke 29:1]
Sinoniem:
• balsturig
• dwarstrekkerig
• halsstarrig
• nukkerig
• ondermynend
• ongehoorsaam
• oproerig
• opruiend
• opstandig
• stroomop
• weerspannig
Afgelei:
• rebelsgesind
• rebelsheid
Vertaling:
Engels: rebellious
Nederlands: rebels
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: verwar
|
verwar [boodskap #145273] |
Sa, 18 Mei 2024 15:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwar
Afbreking: ver•war
Samestelling: ver- + war
Werkwoord: verwar
Verlede tyd: het verwar
Betekenis:
• Om deurmekaar te wees.
• Om iemand in die war te bring; van stryk bring.
Gebruik:
• Jy verwar die onder- met die bokant.
• Die maneuver het die vyand totaal verwar.
Sinoniem:
• deurmekaarmaak
• disoriënteer
• dronkslaan
• misgis
• mislei
• oorbluf
• verbyster
• verdwaas
Afgelei:
• verward
• verwarring
Vertaling:
Engels: to confuse, perplex, puzzle, befuddle, mix up
Nederlands: verwarren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: verwarrend
|
verwarrend [boodskap #145272] |
Sa, 18 Mei 2024 11:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwarrend
Afbreking: ver•war•rend
Samestelling: verwar + -end
Byvoeglike naamwoord: verwarrend
Vergrotende trap: verwarrender
Oortreffende trap: verwarrendste
Attributief: verwarrende
Partitief: verwarrends
Betekenis:
• Wat 'n mens verwar en onseker maak.
Gebruik:
• Die tienerjare kan opwindend wees, maar dit kan ook verwarrend wees, vir ouers sowel as vir tieners.
Sinoniem:
• dubbelsinnig
• misleidend
• onpeilbaar
• onverstaanbaar
• raaiselagtig
• verbysterend
Vertaling:
Engels: confusing
Nederlands: verwarrend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van verwar.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: tienerjare
|
tienerjare [boodskap #145271] |
Sa, 18 Mei 2024 11:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tienerjare
Afbreking: tie•ner•ja•re
Samestelling: tiener + jare
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: tienerjare
Betekenis:
• Die jare waartydens iemand 'n tiener (tussen 10 en 20 jaar oud) is.
Gebruik:
• Die tienerjare bring hulle eie uitdagings en probleme, maar hulle bring ook talle vreugdes en belonings.
Sinoniem:
• adolessensie
• jeugjare
• kinderjare
• puberteit
• rypingsjare
• tienertyd
Vertaling:
Engels: teenage years
Nederlands: tienerjaren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: toesien
|
toesien [boodskap #145270] |
Sa, 18 Mei 2024 11:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toesien
Afbreking: toe•sien
Samestelling: toe + sien
Werkwoord: sien toe, toesien
Verlede tyd: het toegesien
Betekenis:
• Om te kyk dat alles reg verloop.
Gebruik:
• Die werkgewer moet toesien dat al die werkers betaal word.
Sinoniem:
• oppas
• sorg
• toekyk
• verseker
• waak
Afgelei:
• toesiende
• toesiener
Vertaling:
Engels: to take care
Nederlands: toezien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: draaipunt
|
draaipunt [boodskap #145269] |
Sa, 18 Mei 2024 10:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19042 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
draaipunt
Afbreking: draai•punt
Samestelling: draai + punt
Selfstandige naamwoord: draaipunt
Meervoud: draaipunte
Verkleinwoord: draaipuntjie
Meervoud van verkleining: draaipuntjies
Betekenis:
• Die punt/plek waar iets draai.
• (figuurlik) 'n Keerpunt of verandering in omstandighede.
Gebruik:
• 'n Hefboom bestaan uit 'n arm wat teen 'n skarnier of draaipunt beweeg.
• Almal hoop dat die verkiesing 'n draaipunt in die land se trajek na anargie en armoede sal wees.
Sinoniem:
• draaisenter
• keerpunt
• omkeerpunt
• spilpunt
• steunpunt
• swaaipunt
Afgelei:
• draaipuntas
Vertaling:
Engels: turning point, fulcrum
Nederlands: draaipunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|