Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 80-jarige geskiet vir klein radio, selfoon
80-jarige geskiet vir klein radio, selfoon [boodskap #119664] So, 02 Mei 2010 20:03
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-05-01 13:11
Virginia Keppler, Beeld

'n 80-jarige man van ’n kleinhoewe by Kameeldrift, wes van Pretoria,
is Vrydag om 02:00 in sy bed oorval en in die maag geskiet nadat ’n
kombers oor sy kop getrek is.

Die koeël wat in sy buik opgeëindig het, het mnr. Jan du Toit ook
rakelings in die arm getref. Sy aanvallers, vermoedelik twee mans wat
die gemeenskap al etlike jare lank teister, het met net ’n klein
draagbare radio en selfoon gevlug.

Daarna het Du Toit bloeiend sowat 50 m ver na die huis van sy dogter
en skoonseun, mev. Paula en mnr. Connie Kok, gestrompel.

Hy is tans in ’n ernstige toestand in die Steve Biko-hospitaal in
Pretoria waar ’n operasie van langer as twee uur gisteroggend op hom
uitgevoer is om skade aan sy ingewande te herstel.

Mev. Lettie Kok (77), mnr. Kok se ma, het gesê die aanvallers het Du
Toit se skuifdeur oopgebreek en toe sy slaapkamerdeur, wat gesluit
was, oopgeskop om by hom uit te kom.

“Die rowers het toe ’n kombers oor sy kop gedruk en hom geskiet. Hulle
het seker die kombers oor sy kop getrek sodat hy hulle nie moet sien
nie.”

Daarna het hulle Du Toit se selfoon en ’n klein radio wat op sy
bedkassie langs sy bed gestaan het, gesteel en gevlug.

By sy dogter en skoonseun se huis het hy aan hul slaapkamervenster
geklop.

Mev. Kok het gesê die kinders het dadelik opgespring en met Du Toit
hospitaal toe gejaag. “Terwyl hulle hospitaal toe is, het ek ’n
buurman gebel wat dadelik die polisie ontbied het.”

Volgens haar was die polisie binne 15 minute op die toneel.

Du Toit se kamer was gister vol bloedspatsels en sy Bybel het op die
vloer gelê. Daar was nog ’n Bybel in ’n laai op die vloer.

Die bedkassie het ook ’n ent van die muur en bed gestaan, waarskynlik
soos die boewe dit uitgetrek het op soek na waardevolle besittings.

“Ons is erg geskok. Ek weet nie hoe ek vanaand gaan slaap nie, want my
senuwees is regtig klaar,” het mev. Kok, wat ook op die hoewe bly,
gesê.

Sy het gesê ’n jaar gelede het hulle ook by Du Toit ingebreek, “maar
hulle het net sy goed gevat en hom nie seergemaak nie”.

Mnr. Christo Kok, nog ’n seun van mev. Kok, het gesê Du Toit het sy
aanvallers as een lang man en een kort man beskryf. “Ek blameer die
mense wat onwettige immigrante in diens neem en hulle op hul eiendom
aanhou,” het hy gesê.

Me. Hettie Jordaan van die landelike beveiligingsektor het gesê Du
Toit se beskrywing stem ooreen met dié van twee misdadigers wat die
gemeenskap al die afgelope sewe jaar teister.

“Ons het nou ’n R10 000-beloning wat ons aan ’n persoon sal gee wat
ons help om dié verdagtes en veral mnr. Du Toit se skieter aan te
keer,” het Jordaan gesê.

Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie
ondersoek klagte van gewapende roof en poging tot moord.

Oorsprong:Nuus24

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/80jarige-geskiet-vir- klein-radio-selfoon-20100501
Vorige onderwerp: Onwettig van Zimbabwe tot in Suid-Afrika... in net 15 sekondes
Volgende onderwerp: ‘Ek haat wittes,’ skree generaal glo ná soldaat kollega aanspreek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:23:41 MGT 2024