Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ‘Ek haat wittes,’ skree generaal glo ná soldaat kollega aanspreek
‘Ek haat wittes,’ skree generaal glo ná soldaat kollega aanspreek [boodskap #119667] Di, 04 Mei 2010 19:39
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-05-03 23:19
Erika Gibson

’n Sersant-majoor van die Leër-gevegopleidingsentrum by Lohatlha in
die Noord-Kaap gaan hof toe nadat sy bevelvoerende generaal glo vir
hom gesê het sy “haat wittes” en op die grond voor hom gespoeg het.

Dit het glo gebeur nadat die sersant-majoor in opdrag van die generaal
gearresteer is. ’n Been in sy arm is tydens die arrestasie gekraak.

Nou het ao. At Malan van die sentrum se arbeidsverhoudinge-afdeling
klagte teen sy bevelvoerende generaal en die minister van verdediging
by die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Militêre Polisie-agentskap
(MPA) ingedien, terwyl hy ook met ’n siviele geding teen haar begin
het.

Adv. Gert van Niekerk van Pretoria het bevestig hy is namens Malan
besig met regstappe.

Dit is nie die eerste keer dat die bestuurstyl van brig.genl.
Nontobeko Mpaxa, die generaal, op ’n konfrontasie uitloop nie.

Sy het glo al ’n ondergeskikte geklap. Malan meen egter dié keer het
dinge te ver gegaan.

Die konfrontasie het die aand van 31 Maart vanjaar begin toe Malan glo
’n militêre polisieman met ’n militêre voertuig by ’n drankwinkel in
Postmasburg aangepraat het.

Die volgende oomblik is Malan se arms geboei omdat die polisieman
gemeen het hy is besope en dat hy dronk bestuur.

Hy is by die militêre voertuig ingeboender waartydens sy arm glo
gekraak en sy nek seergemaak is.

Malan beweer in sy eedsverklaring Mpaxa het die ondersoekkamer in die
hospitaal waarheen hy geneem is om sy beserings te laat ondersoek,
binnegestorm.

Sy het die dokter glo verhinder om ’n behoorlike ondersoek uit te
voer. ’n Private dokter het later laat x-straalfoto’s neem wat die
breuk en die beserings duidelik gewys het.

Mpaxa en haar drywer het hom volgens die verklaring glo ook agtervolg
en sy het by geleentheid herhaaldelik vir hom geskree: “I hate you; I
hate you!” en op die grond gespoeg.

Onder-offisiere het haar tot bedaring probeer bring, maar sy het haar
glo nie daaraan gesteur nie.

Die SAPD wou luidens die verklaring nie die dronkbestuur-saak teen
Malan verder voer nie en die militêre polisiemanne het hom oornag in
’n kamer op Lohatlha toegesluit.

Toe hy die volgende dag ingevolge die militêre gebruik amptelik oor
die klag teen hom ingelig moes word, kon die MPA geen klagstaat indien
nie omdat hulle glo nie geweet het waarvan om hom aan te kla nie.

Malan sê in sy verklaring hy is ’n pligsgetroue soldaat wat die
afgelope drie jaar merietebonusse vir sy goeie werk gekry het. Hy voel
verneder en sy waardigheid is aangetas.

Lt.genl. Solly Shoke, leërhoof, het gesê nóg hy nóg die leër gaan nou
kommentaar lewer aangesien regsprosesse aan die gang is.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-haat-wittes-skree-g eneraal-glo-n%C3%A1-soldaat-kollega-aanspreek-20100503
Vorige onderwerp: 80-jarige geskiet vir klein radio, selfoon
Volgende onderwerp: Die polisie laat my onveilig voel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 05:39:39 MGT 2024