Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: Oseanië
Oseanië [boodskap #145134] Wo, 01 Mei 2024 08:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Oseanië.
'n Kaart van Oseanië.
Oseanië
Afbreking: O•se•a•ni•ë


Pleknaam: Oseanië

Betekenis:
• 'n Groot groep eilande in die Stille Oseaan, soms met Australië, Nieu-Guinee en Nieu-Seeland daarby ingesluit.

Gebruik:
• Daar is twee soorte eilande in Oseanië, naamlik die vulkaniese en die kleiner koraaleilande.

Hiponiem
• Australasië
• Melanesië
• Mikronesië
• Polinesië

Afgelei:
• Oseaniër
• Oseanies

Vertaling:
Engels: Oceania
Nederlands: Oceanië

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 08:31]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: federaal
federaal [boodskap #145135] Wo, 01 Mei 2024 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
federaal
Afbreking: fe•de•raal


Byvoeglike naamwoord: federaal
Attributief: federale

Betekenis:
• Van of betreffende 'n federasie.

Gebruik:
• By 'n federale staatsvorm word deelstate deur 'n federale grondwet saamgebind en val hierdie deelstate onder die gesag van 'n federale regering.

Verwant
• federalis
• federalisme
• federalisties
• federasie

Vertaling:
Engels: federal
Nederlands: federaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 09:10]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: gravitasiekrag
gravitasiekrag [boodskap #145136] Wo, 01 Mei 2024 09:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gravitasiekrag
Afbreking: gra•vi•ta•sie•krag
Samestelling: gravitasie + krag


Selfstandige naamwoord: gravitasiekrag
Meervoud: gravitasiekragte

Betekenis:
• Die aantrekkingskrag wat twee massas op mekaar uitoefen.

Gebruik:
Swaartekrag is die oorsaak van die afwaartse krag wat alle voorwerpe op aarde ondervind.

Sinoniem:
• aantrekkingskrag
• swaartekrag
• gravitasie

Vertaling:
Engels: gravitational force, gravity
Nederlands: zwaartekracht, gravitatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 09:19]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: hardeware
hardeware [boodskap #145137] Wo, 01 Mei 2024 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hardeware
Afbreking: har•de•wa•re
Samestelling: harde + ware


Selfstandige naamwoord: hardeware
Meervoud:

Betekenis:
• Die fisiese komponente van 'n rekenaar. Die elektroniese en meganiese dele van 'n rekenaarstelsel.

Gebruik:
• Jou hardeware is te oud om die nuutste speletjies te loop.

Sinoniem:
• apparatuur
• ysterware

Antoniem:
• programmatuur
• sagteware

Vertaling:
Engels: hardware
Nederlands: hardware

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 09:49]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: vertoonlokaal
vertoonlokaal [boodskap #145138] Wo, 01 Mei 2024 09:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vertoonlokaal
Afbreking: ver•toon•lo•kaal
Samestelling: vertoon + lokaal


Selfstandige naamwoord: vertoonlokaal
Meervoud: vertoonlokale
Verkleinwoord: vertoonlokaaltjie
Meervoud van verkleining: vertoonlokaaltjies

Betekenis:
• 'n Vertrek of saal waar goedere uitgestal en ten toon gestel word.

Gebruik:
• 'n Mens kan nie 'n motor aanlyn koop sonder om die handelaar se vertoonlokaal te besoek nie.

Sinoniem:
• uitstalkamer
• vertoonkamer

Vertaling:
Engels: showroom
Nederlands: toonkamer, toonzaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rekenaartoestel
rekenaartoestel [boodskap #145139] Wo, 01 Mei 2024 10:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rekenaartoestel
Afbreking: re•ke•naar•toe•stel
Samestelling: rekenaar + toestel


Selfstandige naamwoord: rekenaartoestel
Meervoud: rekenaartoestelle
Verkleinwoord: rekenaartoestelletjie
Meervoud van verkleining: rekenaartoestelletjies

Betekenis:
• 'n Rekenaar of 'n bypassende randtoestel, soos 'n monitor, sleutelbord, muis of drukker.

Gebruik:
• Skootrekenaars, tablette, slimfone en drukkers is voorbeelde van rekenaartoestelle.

Vertaling:
Engels: computer device, computing device
Nederlands: computerapparaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 10:15]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: insweer
insweer [boodskap #145140] Wo, 01 Mei 2024 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
insweer
Afbreking: in•sweer
Samestelling: in + sweer


Werkwoord: sweer in, insweer
Verlede tyd: het ingesweer

Betekenis:
• Om iemand 'n ampseed te laat aflê.
• Om binnetoe te sweer.

Gebruik:
• Die hoofregter sal die nuwe president insweer.
• Die doring het ingesweer' en hulle kon dit nie uitkry nie.

Sinoniem:
• beëdig
• bekragtig

Vertaling:
Engels: to swear in
Nederlands: inzweren, beëdigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: natuurreservaat
natuurreservaat [boodskap #145141] Wo, 01 Mei 2024 11:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
natuurreservaat
Afbreking: na•tuur•re•ser•vaat
Samestelling: natuur + reservaat


Selfstandige naamwoord: natuurreservaat
Meervoud: natuurreservate
Verkleinwoord: natuurreservaatjie
Meervoud van verkleining: natuurreservaatjies

Betekenis:
• 'n Gebied wat ekologies waardevol is en waar diere, plante en die landskap beskerm word.

Gebruik:
• Die meeste natuurreservate is oop vir die publiek en is gewild onder toeriste wat die wild- en natuurlewe wil besigtig.

Sinoniem:
• bewaringsgebied
• natuurgebied
• wildpark
• wildreservaat

Vertaling:
Engels: nature reserve, nature sanctuary
Nederlands: natuurreservaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oorweldigend
oorweldigend [boodskap #145142] Wo, 01 Mei 2024 11:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorweldigend
Afbreking: oor•wel•di•gend
Samestelling: oorweldig + -end


Byvoeglike naamwoord: oorweldigend
Attributief: oorweldigende

Betekenis:
• Wat 'n mens oorweldig; baie groot of intens.

Gebruik:
• Die voorstel is deur 'n oorweldigende meerderheid verwerp.

Sinoniem:
• aangrypend
• beslissend
• dominerend
• geweldig
• imponerend
• indrukwekkend
• massaal
• meeslepend
• ontsaglik
• oordonderend
• seëvierend
• verbysterend
• vergelykend
• verpletterend

Vertaling:
Engels: overpowering, overwhelming
Nederlands: overweldigend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van oorweldig.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 11:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: spookboot
spookboot [boodskap #145143] Wo, 01 Mei 2024 12:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spookboot
Afbreking: spook•boot
Samestelling: spook + boot


Selfstandige naamwoord: spookboot
Meervoud: spookbote
Verkleinwoord: spookbootjie
Meervoud van verkleining: spookbootjies

Betekenis:
• 'n Verlate boot wat sonder bemanning op die water ronddryf.

Gebruik:
• Die Vlieënde Hollander is 'n fiktiewe spookboot wat volgens legende oor en oor om die Kaap de Goede Hoop vaar.

Sinoniem:
• spookskip

Vertaling:
Engels: ghost boat, haunted boat, phantom ship
Nederlands: spookboot, spookschip

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 12:19]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: anemometer
anemometer [boodskap #145144] Wo, 01 Mei 2024 17:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Anemometer.
'n Anemometer.
anemometer
Afbreking: a•ne•mo•me•ter


Selfstandige naamwoord: anemometer
Meervoud: anemometers
Verkleinwoord: anemometertjie
Meervoud van verkleining: anemometertjies

Betekenis:
• Instrument om die windsnelheid te bepaal.

Gebruik:
• 'n Eenvoudige anemometer bestaan uit drie bakkies op 'n vertikale spil wat deur die wind in die rondte gedraai word.

Sinoniem:
• windmeter

Afgelei:
• bakkiesanemometer

Vertaling:
Engels: anemometer
Nederlands: anemometer

Nota:
• Die naam anemometer kom van die Griekse woord "anemos", wat wind beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: windmeter
windmeter [boodskap #145145] Wo, 01 Mei 2024 17:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Windmeter.
'n Windmeter.
windmeter
Afbreking: wind•me•ter
Samestelling: wind + meter


Selfstandige naamwoord: windmeter
Meervoud: windmeters
Verkleinwoord: windmetertjie
Meervoud van verkleining: windmetertjies

Betekenis:
• Instrument om die windsnelheid te bepaal.

Gebruik:
• 'n Eenvoudige windmeter bestaan uit drie bakkies op 'n vertikale spil wat deur die wind in die rondte gedraai word.

Sinoniem:
• anemometer

Vertaling:
Engels: wind gauge
Nederlands: windmeter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: parabool
parabool [boodskap #145146] Wo, 01 Mei 2024 18:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Parabool.
'n Parabool.
parabool
Afbreking: pa•ra•bool


Selfstandige naamwoord: parabool
Meervoud: parabole
Verkleinwoord: parabooltjie
Meervoud van verkleining: parabooltjies

Betekenis:
• (wiskunde) 'n Keëlsnit waar die snyvlak parallel loop met 'n lyn wat die keël raak en ook die toppunt sny.
• (taalkunde) Stylfiguur waar iets kleiner of minder gering voorgestel word as wat dit verdien.

Gebruik:
• 'n Parabool kan Wiskundig met 'n kwadratiese vergelyking beskryf word.
• Om te sê "Hitler was 'n stoute mannetjie" is 'n parabool.

Sinoniem:
• koeëlbaan
• geringstelling
• onderbeklemtoning
• onderskatting

Antoniem:
• hiperbool

Afgelei:
• paraboolas
• parabolies

Vertaling:
Engels: parabola; understatement
Nederlands: parabool

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 18:40]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: vergaan
vergaan [boodskap #145147] Wo, 01 Mei 2024 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergaan
Afbreking: ver•gaan


Werkwoord: vergaan
Verlede tyd: het vergaan

Betekenis:
• Om af te sterf, of op te hou om te bestaan.
• Om te sink; onder die water te verdwyn.

Gebruik:
• Die kinders vergaan van die honger.
• Die skip het vergaan.

Spreekwoord:
• Hoor en sien vergaan. [Daar is 'n groot lawaai.]
• Met man en muis vergaan. [Niemand kon gered word nie.]
• Onkruid vergaan nie. ['n Mens raak nie maklik van hom/haar ontslae nie.]
• Mooi vergaan, maar deug bly staan. [Mooi is van tydelike aard, maar deug is blywend.]
• Skoonheid vergaan, maar deug bly staan. [Deug is meer blywend van aard as mooiheid.]

Vertaling:
Engels: to perish, decay, decompose; to sink, founder
Nederlands: vergaan


Byvoeglike naamwoord: vergaan
Attributief: vergane, vergaande

Betekenis:
• Wat tot niet gaan.

Gebruik:
• Hoeveel vergaande wrakke lê in die kelders van die see?

Afgelei:
• vergaanbaar

Vertaling:
Engels: perished, decayed
Nederlands: vergaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 01 Mei 2024 19:34]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: moreen
moreen [boodskap #145148] Wo, 01 Mei 2024 20:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moreen
Afbreking: mo•reen


Selfstandige naamwoord: moreen, morene
Meervoud: morene, morenes

Betekenis:
• Klippe, gruis, ens. wat deur 'n gletser meegevoer is.
• 'n Dik wolstof wat vir gordyne en stoffering gebruik word.

Gebruik:
• Soos die ys begin terugtrek word 'n moreen gevorm.
• Die banke is met moreen oorgetrek.

Wisselvorm:
• morene

Sinoniem:
• gletserpuin
• spoelgruis

Afgelei:
• moreenafsetting

Vertaling:
Engels: moraine; moreen
Nederlands: morene

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Wo Mei 01 22:08:34 MGT 2024