Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 'n Eeu vir plaasmoordenaars
'n Eeu vir plaasmoordenaars [boodskap #87940] Vr, 05 Desember 2003 08:39
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
'n Eeu vir plaasmoordenaars
Retha Fourie

Polokwane (Pietersburg). Hy glo nie die bevinding van die verslag
oor plaasmoorde dat slegs 2% van alle plaasmoorde politiek
gemotiveerd is nie.

Só het regter J.M.C. Smit gister hier in die hooggeregshof gesê
tydens vonnisoplegging vir die soveelste plaasmoord in Limpopo
vanjaar.

Smit het gesê hy het binne twee weke twee plaasaanvalle in Limpopo
verhoor "en nie in een van die gevalle is die moorde vir finansiële
gewin gepleeg nie".

Hy het twee Mosambiekse burgers - waarvan een ná 'n vorige
veroordeling nooit gedeporteer is nie - elk tot 100 jaar tronkstraf
gevonnis nadat hy hulle skuldig bevind het aan die wrede moorde op
mnr. Johan van Dyk (58) en sy vrou, Chrissie (58) van Kareebosch
buite Polokwane. Die egpaar is verlede jaar twee dae vóór Kersdag
vermoor.

Eric Nukeri (42) en Petrus Mbalathe (20) het Van Dyk en sy vrou onder
meer met 'n hamer en 'n moersleutel doodgeslaan en daarna beroof.

Smit het in sy vonnisoplegging opnuut 'n dringende beroep gedoen op
die regering om die Strafproseswet te hersien.

Hy het gesê hoewel hy die moordenaars elk twee keer tot lewenslange
tronkstraf asook 'n bykomstige 50 jaar tronkstraf gevonnis het, moet
die strawwe volgens wet gelyktydig uitgedien word. Dit beteken dat
hulle waarskynlik net vir 25 jaar in die tronk sal sit.

Hy het gesê Suid-Afrika is moeg vir dié soort misdaad. Sulke
misdadigers moet permanent uit die samelewing verwyder kan word.

Smit het gesê hy het nie genoeg woorde om sy afsku oor hul dade uit
te spreek nie en hy self is moeg vir "skurke en gemors" soos hulle.

Luidens die getuienis in die hof het die twee mans, wat vir mnr. Gert
Fourie van Kareebosch gewerk het, die Van Dyks die betrokke middag
onder valse voorwendsels uit die huis gelok.

Mnr. Van Dyk is by die melkstalle oorval. Sy hande is met nylontou
aan sy bene vasgebind voordat hy met ysters oor die kop geslaan is
totdat hy dood is.

Mev. Van Dyk is ook herhaaldelik oor die kop geslaan terwyl sy huis
toe probeer vlug het. Foto's wat die polisie ná die moorde op die
toneel geneem het, wys sy issó hard geslaan dat haar bloed op die
bome se blare gespat het terwyl sy weggehardloop het. Haar lyk met
haar onherkenbaar verminkte gesig is 'n paar meter van haar voordeur
in 'n plas bloed aangetref.

Die moordenaars is met Fourie se Jeep en onder meer ses vuurwapens,
sweisapparaat, gassilinders en beddegoed daar weg.

Smit het Nukeri en Mbalathe skuldig bevind op tien aanklagte elk. Dit
sluit in twee elk van moord, twee van roof met verswarende
omstandighede en vier van huisbraak met die opset om te roof en die
onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Mnr. Willem van Dyk, die vermoorde egpaar se seun, het ná die
vonnisoplegging gesê hoewel hy tevrede en dankbaar is oor die regter
se hantering van die saak, sou hy verkies het dat die twee die
doodstraf opgelê word.

mfou...@beeld.com

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1455189,00. html
Vorige onderwerp: Meisie (11) deur leerder in Kuilsrivier-skool verkrag
Volgende onderwerp: FW de Klerk het geweet van grootskaalse bedrog in 1994-verkiesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 06:47:51 MGT 2024