Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » FW de Klerk het geweet van grootskaalse bedrog in 1994-verkiesing
FW de Klerk het geweet van grootskaalse bedrog in 1994-verkiesing [boodskap #87944] Vr, 05 Desember 2003 10:18
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
5 Desember 2003
FW de Klerk het geweet van grootskaalse bedrog in 1994-verkiesing

(Deur Jakkie Basson)

OUD-PRES FW de KLERK was pynlik bewus van 'n grootskaalse bedrogspul
wat tydens die 1994-verkiesing plaasgevind het waartydens die
kommunistiese ANC-regime die bewind in die land oorgeneem het.
Nogtans het hy vir tien jaar lank daaroor geswyg, en nou eers dit
bekendgemaak.

Mnr De Klerk het erken dat een miljoen stemme op een bepaalde
politieke party netjies in stapeltjies in die stembusse tydens die
verkiesing van 27 April 1994 geplaas is.

Hierdie onthulling is deur mnr De Klerk in Nigerië gemaak, in die
hoop dat dit nie hier plaaslik gerapporteer sou word, en die blankes
van die land daarvan te hore sou kom nie. Hy het hierdie
ontboeseming gedoen terwyl hy joernaliste in Nigerië toegespreek
het. Daaroor is egter in Nederlands Dagblad van 2 Desember 2003 met
skok gerapporteer, en vandaar het die nuus na Suid-Afrika versprei.

Mnr De Klerk het tydens verskeie openbare optredes erken dat daar
mindere probleempies tydens die 1994-verkiesing opgeduik het, maar
dat dit niks noemenswaardig was nie, en dat sulke klein probleempies
in enige land, selfs eerstewêreldse Westerse verkiesings voorkom.
Bowendien was dit nie van so 'n aard dat dit die uitslag van die
verkiesing enigsins kon beïnvloed nie.

Nou blyk dit egter uit sy erkenning in Nigerië dat nie minder as een
miljoen stemme op onwettige wyse in die land se stembusse beland het
nie. Dit is aardverskuiwende inligting wat die reeds besmette
verkiesing en uitslag nog verder onder verdenking plaas.

Die Nederlands Dagblad bestempel dit blatant as dat die verkiesing
daardeur "gemanipuleer" is. Nie dat die betrokke koerant enige
simpatie met die Afrikaner of die blanke in die algemeen het nie,
want in die berig word daar verwys na die "eerste democratische
verkiezingen" in Suid-Afrika, wat 'n blatante leuen en suiwer
kommunistiese propaganda is. Suid-Afrika in geheel het sedert 1910
wettige demokratiese verkiesings gehad wat internasionaal erken is
deurdat die regerings wat aldus verkies en saamgestel is, deur alle
lande en selfs deur die VVO erken is. Die swartes het sedert die tyd
van dr Verwoerd ook die reg verkry om wettig in hul tuislande vir hul
eie mense in hul eie verkiesings te stem.

Die 1994-verkeising was buitendien in alle opsigte 'n klug, al is dit
deur internasionale waarnemers as "vry en regverdig" bestempel. Dit
het hulle gedoen, ten spyte daarvan dat hulle deeglik bewus was van
die ongerymdhede wat met die verkiesing gepaard gegaan het. Die
groot emosionele slagspreuk was egter dat dit die "eerste
demokratiese verkiesing" in Suid-Afrika was, en dat dit nie ontsier
kon word deur te erken dat dit gepaard gegaan het met die grofste
wandade wat enige verkiesing kan kenmerk nie.

Regter Johann Kriegler, voorsitter van die "Onafhanklike"
Verkiesingskommissie wat die verkiesing moes bestuur, het in sy eie
woorde erken: "Hoe kan jy in 'n bordeel werk en verwag om kuis te
bly?"

Die ergste aspek van die 1994-verkiesing was dat die stemme nie
enduit getel is nie. Toe die ANC stewig op pad was na 'n tweederde
meerderheid, en alle tekens daarop gedui het dat die NP se steun met
die laaste stembusse se stemme wat bekendgemaak moes word, besig was
om drasties te verminder, is die tellery van die stemme eensklaps
gestaak. Vir meer as 'n uur is geen uitslae bekend gemaak nie.
Daarna is weer voortgegaan met die bekendmaking van die uitslae.

Die uitslag was dat die ANC 62% van die stemme gekry het, en die NP
skielik geklim het tot oor 20% van die stemme, al was die tendens
voor die staking van die stemtellery dat hulle op pad was om minder
as 20% te kry.

Later het dit geblyk dat daar opgehou is om stemme te tel. Die
verskillende politieke partye het bymekaar gekom en bespreek hoe
vandaar verder gegaan moes word. Daar is toe oor die uitslag
onderhandel. Die laaste stemme is nooit getel nie.

Dit was dus 'n onderhandelde uitslag wat nooit op die tel van stemme
berus het nie.

Daar moes ten alle koste verhoed word dat die ANC 'n tweederde
meerderheid verkry, aangesien dit nie goed in die oë van die
buitewêreld sou lyk nie. Daarom is die ANC beperk tot 62% van die
stemme, en is die NP se stemme boontoe aangepas.

Nou erken oud-pres FW de Klerk dat reeds voordat met die tel van die
stemme begin is, daar grootskaalse bedrog gepleeg is.

Die wil van die kiesers het nie geseëvier nie.

In die onderhoud in Nigerië se mnr De Klerk dat hy in 'n posisie was
om met militêre mag die land te behou, maar dit sou sy gewete beswaar
het. Hy vertel dat hy alreeds as jongman dit vir hom gevisualiseer
het dat mense van verskillende rassegroepe in een bedeling moes
saamwerk, maar dat dit nie toe moontlik was nie. Mense is sonder
verhoor in tronke gegooi. Hy het persoonlik blankes gewaarsku dat
teenkanting teen verandering in die land op rampspoed sou uitloop.
Die wit minderheid sou nie onbepaald kon voortgaan om die swart
meerderheid uit te sluit nie. Daarom het hy gedoen wat hy gedoen
het. Verder meld hy dat die stigting van die KP in 1982 vir hom die
weg geopen het om sonder teenstand van binne die NP die mag in die
land prys te gee.

In die verkiesing van 1999 is daar net so gekonkel met die
verkiesing, ten spyte daarvan dat dit ook as "vry en regverdig" deur
internasionale waarnemers bestempel is. Toe is bevind dat, te midde
van al die ander ongerymdhede, daar 1,7 miljoen meer stemme
uitgebring is as stembriewe wat uitgereik is. En Suid-Afrika en die
wê6reld roem daarop dat Suid-Afrika 'n "demokrasie" is.

Op die vraag waarom mnr De Klerk nooit voorheen melding gemaak het
van die ongerymdhede waarvan hy kennis gedra het nie, was sy antwoord
dat dit sy ideaal was dat Suid-Afrika "vooruitgehelp" moes word na al
die jare van "apartheid"!

http://www.hnp.org.za
Vorige onderwerp: 'n Eeu vir plaasmoordenaars
Volgende onderwerp: Chiluba in hof op 169 aanklagte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 23:47:54 MGT 2024