Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Meisie (11) deur leerder in Kuilsrivier-skool verkrag
Meisie (11) deur leerder in Kuilsrivier-skool verkrag [boodskap #87865] Di, 02 Desember 2003 18:39
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Meisie (11) deur leerder in Kuilsrivier-skool verkrag
02/12/2003 07:38 - (SA)


MARLENE MALAN

KAAPSTAD. - 'n Meisie (11) is in skooltyd deur 'n medeleerder in die
gebou van die Bet-el-sentrum vir Epilepsie in Kuilsrivier verkrag.

Die 13-jarige verkragter is skuldig bevind en die
kinderbeskermingseenheid het aanbeveel dat hy in 'n program vir
jeugoortreders opgeneem word.

Die skool het eers 'n dag ná die voorval daarvan te hore gekom toe die
meisie teenoor maats gebieg het.

Nadat die ma, 'n enkelouer, en haar dogter 'n klag by die
Kuilsrivier-polisie ingedien het, is die gr. 7-seun ná 'n ondersoek
skuldig bevind.

Desondanks het die skoolhoof, mnr. Kallie Baron, gister ontken só 'n
voorval het plaasgevind.

Die ma het gister gesê sy is ontsteld "omdat die skool nog niks gedoen
het vir my kind of vir my nie".

"Wat die ergste is, is dat die skool teenoor my erken het 'n
soortgelyke voorval het verlede kwartaal op die skoolterrein
plaasgevind."

Die ondersoekbeampte, insp. Ian van Romburgh, het bevestig 'n
verkragtingsklag is vroeër vandeesmaand ingedien.

"Die saak is afgehandel en die seun is na 'n program vir
jeugoortreders verwys. Hy is te jonk om verhoor te word. Die
onderwysdepartement moet dit nou hanteer."

Die ma het gister gesê sy is steeds verdwaas. "Die skool het my op 4
November om 10:30 ontbied. Ek moes hoor my kind het aan 'n maat vertel
'n seun het haar die vorige dag in 'n gang beveel om haar broekie af
te trek. Hy het haar gepenetreer.

" 'n Onderwyser het haar glo iewers heen gestuur en die seun het haar
voorgekeer. Dit was tussen eerste en tweede pouse. Nadat ek ingelig
is, het ek 'n klag by die polisie ingedien. Ons is toe na die Karl
Bremer-hospitaal, waar sy ondersoek is en pilletjies gekry het," het
sy gesê.

" 'n Vergadering met die hoof, onderhoof, sielkundiges en direkteure
is op 25 November gehou. Ek is sielkundige berading beloof en 'n
verwysing na die Tygerberg-hospitaal sou gereël word. Nou gaan almal
voort asof niks gebeur het nie. My kind was 'n week uit die skool en
net twee sessies is vir ons by die skool gereël. Ek is verplig om 'n
ander skool vir haar te soek."

Baron het gister gesê hy weet niks van so 'n voorval nie. "Skryf
eerder oor die R35 000 se toerusting wat by die skool gesteel is.
Gister het 'n man weer my TV by my huis uitgedra."

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, mnr. André Gaum, het die voorval
as "tragies" bestempel.

"My departement sal die saak volledig ondersoek en alle moontlike
stappe doen om dit doeltreffend te hanteer."
Vorige onderwerp: Nuus 21/9
Volgende onderwerp: 'n Eeu vir plaasmoordenaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:19:10 MGT 2024