Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voorspoedige Nuwejaar
Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55084] Do, 03 Januarie 2002 00:44 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
En beste wense aan almal wat hier lees en deelneem. Hoop dit sal 'n
baie gelukkige jaar vir julle almal wees, en dat al julle drome en
wense sal verwesenlik. (Moet net nie vir geld en rykdom wens nie,
want dit is uitgesluit in my wense) :-)

(Dit sneeu al heeldag hier in Athens, maar daar is minder as 1" sneeu
op die grond.) :-)
Re: Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55090 is 'n antwoord op boodskap #55084] Do, 03 Januarie 2002 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
*Sterrenkijker*  is tans af-lyn  *Sterrenkijker*
Boodskappe: 67
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Insgelyks 'n voorspoedige Nuwejaar toegewens vanweë meself, natuurlik
ook vir al die andere mense van hierdie nuusgroep. Hier in Vlaanderen
lê ook sneeu en dis koud buite maar die son is daar en daardie straal
baie hard. Dis mooi veral as jy na die bome kyk wat nou spierwit is
deur die ryp wat aangevries is. Pragtig.
Ons het ook 'n nuwe geldsoort nou in Vlaanderen en dis die euro. Ons
kan daar nou mee betaal in die meeste lande van die Europese Unie.
Daar is ons baie entoesias oor. Nou voel ons onsself egte Europeërs.
Engeland wil natuurlik nie meedoen nie. Maar ja, daar is natuurlik
altyd iemand wat die hek moet sluit. Sweden en Denemarken het al
spyt oor hulle terughoudendheid en ons verwag dat hulle ook spoedig
by die euro kom. Dit gaan goed in Wes Europa en Duysenberg (ons
eie Greenspan) het gesê daar kom geen ekonomiese neergang nie.

Vele groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Danielle schreef:

> En beste wense aan almal wat hier lees en deelneem. Hoop dit sal 'n
> baie gelukkige jaar vir julle almal wees, en dat al julle drome en
> wense sal verwesenlik. (Moet net nie vir geld en rykdom wens nie,
> want dit is uitgesluit in my wense) :-)
>
> (Dit sneeu al heeldag hier in Athens, maar daar is minder as 1" sneeu
> op die grond.) :-)
>
Re: Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55098 is 'n antwoord op boodskap #55084] Do, 03 Januarie 2002 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky  is tans af-lyn  Kinky
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
Kinky:
Danielle, jy is ook weer hier!
Hoe vreeslik lekker ou dier!
laat waai met wat jy wil sê
moet tog net nie wil gaan lê!
:-)

Danielle skryf in boodskap news:lu873uc324nfpdj9tkv7jidnb45dghlbro@4ax.com...
> En beste wense aan almal wat hier lees en deelneem. Hoop dit sal 'n
> baie gelukkige jaar vir julle almal wees, en dat al julle drome en
> wense sal verwesenlik. (Moet net nie vir geld en rykdom wens nie,
> want dit is uitgesluit in my wense) :-)
>
> (Dit sneeu al heeldag hier in Athens, maar daar is minder as 1" sneeu
> op die grond.) :-)
>
Re: Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55105 is 'n antwoord op boodskap #55090] Do, 03 Januarie 2002 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"*Sterrenkijker*" schreef...
> Ons het ook 'n nuwe geldsoort nou in Vlaanderen en dis die euro. Ons
> kan daar nou mee betaal in die meeste lande van die Europese Unie.
> Daar is ons baie entoesias oor. Nou voel ons onsself egte Europeërs.
> Engeland wil natuurlik nie meedoen nie. Maar ja, daar is natuurlik
> altyd iemand wat die hek moet sluit. Sweden en Denemarken het al
> spyt oor hulle terughoudendheid en ons verwag dat hulle ook spoedig
> by die euro kom.

Vir Swede is dit sinloos om spyt te het oor hulle terughoudendheid, hulle
ekonomiese situasie was die rede waarom hulle nie deel kon neem aan die
introduksie van die euro.

Arthur

p.s. is daar ook Belgiese (of Luxemburgse) muntversamelaars op die
nuusgroep? Ek het nog ongeveer 250 BFr en 100 LFr, in muntgeld. Die banke
wil geen muntgeld omwissel nie.

Ek sou dit graag wil ruil vir twee setjies ongebruikte euromunte
(1,2,5,10,20 en 50 cent, 1 en 2 euro) of net 1 setjie en wisselgeld. In die
eerste geval sluit ek ook 'n Nederlandse euro by om die posseëls te betaal.
In die tweede geval kan die posseël bekostig word van die wisselgeld ....

Ons kan ook 'n setjie uitruil, ieder betaal dan sy eie posseëls. Die munte
gebruik ek dan wel in Luxemburg.

Ek moet dit net probeer ... niet geschoten is altijd mis :)
Re: Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55133 is 'n antwoord op boodskap #55098] Sa, 05 Januarie 2002 01:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Jan 2002 13:42:13 +0200, "Kinky" wrote:

> Kinky:
> Danielle, jy is ook weer hier!
> Hoe vreeslik lekker ou dier!
> laat waai met wat jy wil sê
> moet tog net nie wil gaan lê!
> :-)

Hallo Kinky! :-)) Het jy en Tinkerbell toe al julle "duel" gehad?
VERTEL VERTEL!
Re: Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55136 is 'n antwoord op boodskap #55090] Sa, 05 Januarie 2002 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 03 Jan 2002 06:30:37 GMT, gd3...@glo.be (*Sterrenkijker*) wrote:

> Insgelyks 'n voorspoedige Nuwejaar toegewens vanweë meself, natuurlik
> ook vir al die andere mense van hierdie nuusgroep. Hier in Vlaanderen
> lê ook sneeu en dis koud buite maar die son is daar en daardie straal
> baie hard. Dis mooi veral as jy na die bome kyk wat nou spierwit is
> deur die ryp wat aangevries is. Pragtig.

Ja, sneeu bly darem pragtig. Ons kry bittermin sneeu hier in die
Suidelike state, so dit is altyd 'n groot ontwrigting vir almal en
alles. Maar pragtig is die gewis.

> Ons het ook 'n nuwe geldsoort nou in Vlaanderen en dis die euro. Ons

Het julle darem geen probleme met die oorskakeling ondervind nie?

> kan daar nou mee betaal in die meeste lande van die Europese Unie.
> Daar is ons baie entoesias oor. Nou voel ons onsself egte Europeërs.

Dink jy dit is 'n goeie ding? Hierdie "een wêreldorde" waarna alles
neig?
Kinkysedinge [boodskap #55145 is 'n antwoord op boodskap #55133] Sa, 05 Januarie 2002 16:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle:
> Hallo Kinky! :-)) Het jy en Tinkerbell toe al julle "duel" gehad?
> VERTEL VERTEL!

Kinky: Nee, ek het gewag en sy het gewag! Ai
:-)) Ons sal maar weer probeer om te gaan koffie drink en die ding
van die donkieman te besleg! :-))
Re: Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55146 is 'n antwoord op boodskap #55136] Sa, 05 Januarie 2002 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
*Sterrenkijker*  is tans af-lyn  *Sterrenkijker*
Boodskappe: 67
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Danielle schreef:
> Het julle darem geen probleme met die oorskakeling ondervind nie?

Wel, dit het goed gegaan vir sover. Dit kom doordat die regering dit
goed het voorberei. Ons was al jare op hoogte gestel van hierdie
geldwisseling en 'n paar weke daarvoor kon ons al sogenaamde
"starterkits" koop met 'n kleine versameling munte daarin. Bowendien
is die oue munte ook nog 'n paar maande geldig en kan ons nog
daarmee betaal. Maar dis best om al die oue geld direk om te wissel
in die bank want anders moet te lank gewag word by die kas in die
winkels.
>
>> kan daar nou mee betaal in die meeste lande van die Europese Unie.
>> Daar is ons baie entoesias oor. Nou voel ons onsself egte Europeërs.
>
> Dink jy dit is 'n goeie ding? Hierdie "een wêreldorde" waarna alles
> neig?
>
Nou, as ons die geskiedenis bekyk dan sien ons dat dit eintlik 'n
logiese gevolg is van wat al eeue besig is. Hoe groter 'n ekonomie
is hoe stabieler daardie is. Wat in Europe gebeur het al lank
plaasgevind in die land waar jyself nou in woon: die U.S.A. Dis tog
beter as ons dieselfde geld het as dat ons koeëls en granate na mekaar
skiet en gooi, wat dink jy?

Beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Voorspoedige Nuwejaar [boodskap #55153 is 'n antwoord op boodskap #55146] So, 06 Januarie 2002 04:17 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 05 Jan 2002 20:10:53 GMT, gd3...@glo.be (*Sterrenkijker*) wrote:

>> Dink jy dit is 'n goeie ding? Hierdie "een wêreldorde" waarna alles
>> neig?

> Nou, as ons die geskiedenis bekyk dan sien ons dat dit eintlik 'n
> logiese gevolg is van wat al eeue besig is. Hoe groter 'n ekonomie
> is hoe stabieler daardie is. Wat in Europe gebeur het al lank
> plaasgevind in die land waar jyself nou in woon: die U.S.A. Dis tog
> beter as ons dieselfde geld het as dat ons koeëls en granate na mekaar
> skiet en gooi, wat dink jy?

'n Vinnige en oppervlakkige antwoord sal wees: Ek dink dat dit (een
wêreldorde) wel 'n logiese gevolg van natuurlike evolusie van die
menseras/samelewing is omdat daar wel universele aspirasies van die
mensdom is - almal wil tog graag o.a vrede, sekuriteit, vryheid ens.
hê. Maar ek dink ook dit sal nog 'n paar eeue neem om te verwesenlik,
indien ooit.

Dit bly net vir my interessant om verskillende mense met verskillende
agtergronde en verwysingsraamwerke te hoor spekuleer/gesels oor
hierdie onderwerp.

---
THE STORY-TELLER
"REX DEUS"
by John Mullin

O Stuart and St. Clair
'Tis sacred blood you bear
While Rosslyn's ancient shrine
Still veils your holy line
Which from its home had fled
(When royal blood was shed)
To land at first in France -
With chaliced cup and lance -
Then England, also Spain,
Each artery and vein.
Byzantium and Rome
Were not considered home
This family had found
Which best lived 'underground'
Until their dynasty
Gave France a monarchy
That later was betrayed
By those a pact had made
Too powerful by far
As partners often are.
The royal vine was clipped
And once again it slipped
Into obscurity -
The best security -
Protected by the might
Of ev'ry Templar Knight
Until that enemy,
With cries of heresy,
Put these to fire and sword
In service of the 'Lord'
Whose title 'Prince of Peace'
By such would surely cease!
Where gnostic faiths prevailed
Each member was assailed
While silent grew the mouth
Of Cathars in the south
And inquisition's name
Till now abides in shame.

Where did the Templars go?
Seemed no one (then) did know
But loyal Portugal -
Safe haven from the squall -
And Scotland's mystic lands
Received those gallant bands.
Protectors of the grail,
Avoiding death or jail,
Identities they took
That foes might never look -
Societies of trade
Where secret plots were made
To help the Stuart cause
In Anglo-Scottish wars
While in the brave (new) world
Americ's flag unfurled
E'er conscious of the line
Which sprang from David's vine
Through Stuart and St. Clair -
The secret each would share
That Rosslyn begs to tell
By sculpture, paint and bell.

'Rex Deus' sacred name
These holy off-spring claim.

© 2001 John Mullin
Vorige onderwerp: Wat is daar gebeur in Port Elizabeth?
Volgende onderwerp: Re: South African Culture?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:59:34 MGT 2024