Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is daar gebeur in Port Elizabeth?
Wat is daar gebeur in Port Elizabeth? [boodskap #55091] Do, 03 Januarie 2002 06:30 na volgende boodskap
*Sterrenkijker*  is tans af-lyn  *Sterrenkijker*
Boodskappe: 67
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
inrig.
Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
daar gebeur?

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Wat is daar gebeur in Port Elizabeth? [boodskap #55092 is 'n antwoord op boodskap #55091] Do, 03 Januarie 2002 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
HUlle almal was hier in Kaapstad Norbert, waar daar wel vuurkerke, toeters
en 'n gedans en 'n gefuif was - heel nag lank:))
Annette

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c33f823.3043777@news.online.be...
> Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
> was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
> daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
> inrig.
> Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
> daar gebeur?
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Wat is daar gebeur in Port Elizabeth? [boodskap #55107 is 'n antwoord op boodskap #55091] Do, 03 Januarie 2002 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Port Elizabeth is ongelukkig een van die kusstede wat nie in dieselfde klas
val as die ander nie. Onthou daar is geweldige korrupsie sover dit die
plaaslike fondse aanbetref en selfs nou lyk die toekoms maar duister.

Ek gaan elke jaar na die Baai vir vakansie en hou vol dat dit die beste
strandoord in die land is: Skoonste strande, veiligste swem oorde, derde
minste wind naas kaapstad en Durban volgens statistiek, vriendelikste mense.
Port Elizabeth en Durban kry hoegenaamd geem gratis televisie publisiteit
nie soos kaapstad wat die televisiedienste nou al vir etlike jare geskaak
het. Ek het al na die SABC hieroor geskryf en hulle het dit erken!! Ander
kusstede moet ten duurste betaal vir plasing van advertensies en het
blykbaar handdoek ingegooi.

Maar dit daar gelaat. Die Baai is nog altyd deur mense regeer wat reken dat
toeriste afgetrede Britse posmanne en busdrywers is, wat hiernatoe kom om na
die perde-monument te kyk of op die Donkin-reservaat te gaan sit. Hulle het
ook al dinge probeer wat ander stede het - soos 'n waterfront wat skandelik
gefaal het. Waarom? Die Kaapse waterfront is niks meer as 'n gewone
shopping mall met 'n ingeboude vlooimark nie. Twee van die goed in die land
sal nooit werk nie en boonop het PE nie die toegang tot gratis TV
publisiteit nie.

Die veilige en skoon strande hier is advertensie op hul eie. Die Boardwalk
en Casino is fantasties mooi en die strande en oorde, insluitende staptoere
rondom PE en veral op die Kaapweg is die beste in die land. Die
swembaarheid? Halfpad tussen Durban se louwarm haaibesette vuil water en
kaapstad se ys-ys kou water waar net die braafste mense in swem. Die
klimaat? Sjampanjeweer!

Vra enige Baaienaar: Hulle verkies om nie op publisiteit, dronknes en lawaai
staat te maak om 'n "premier" vakansie oord te wees nie. Inteendeel, hulle
is baie tevrede met die kwota wat hulle reeds kry.

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c33f823.3043777@news.online.be...
> Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
> was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
> daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
> inrig.
> Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
> daar gebeur?
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Port Elizabeth [boodskap #55116 is 'n antwoord op boodskap #55107] Vr, 04 Januarie 2002 06:01 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Grahame
Ek gaan elke jaar na die Baai vir vakansie en hou vol dat dit die
beste strandoord in die land is: Skoonste strande, veiligste swem
oorde, derde minste wind naas kaapstad en Durban volgens
statistiek, vriendelikste mense.

Wouter
Derde minste wind? Ek reken dis 'n bietjie van 'n selektiewe
stelling, Grahame. Soos ek die statistiek onthou, het PE die
derde minste wind van die 4 kusstede. Hulle loop soos volg
van die mees tot die mins winderige:
Kaapstad
Durban
Port Elizabeth
Oos-Londen

Maar die hele Suid-Kaap, van Witsand/Infanta af tot by Knysna,
het minder wind as enige van daardie 4 stede. Veral die
winterklimaat is daar heerlik en windstil.

En PE word nie verniet die "Windy City" genoem nie. In Desember,
wanneer die meeste toeriste daar is, is Durban die stilste en PE die
winderigste van die kusstede. Volgens die statistiek, as ek dit reg onthou.

Wouter Plaasvark
Vorige onderwerp: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts?
Volgende onderwerp: Voorspoedige Nuwejaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 13:46:02 MGT 2024