Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ALEEN
ALEEN [boodskap #17077] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
spectrolab  is tans af-lyn  spectrolab
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
IS DIT NET EK OF GAAN HIER NIKS AAN OP HIERDIE
NEWSGROUP

LOUIE

E-MAIL spect...@vrn.iscorltd.co.za
Re: ALEEN [boodskap #17078 is 'n antwoord op boodskap #17077] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Aug 1998 00:33:19 GMT, "spectrolab"
wrote:

|IS DIT NET EK OF GAAN HIER NIKS AAN OP HIERDIE
|NEWSGROUP
|
Louie, dit hang af wat jy wil weet of vra jy nie 'n vraag...

As jy wil begin gesels, antwoord op een of meer van die volgende:

Suid Afrikaners wat ex-landgenote kritiseer oor hulle emigrasie,
verkondig hulle eie onderdrukte begeerte om pad te gee.

of

Joernaliste is nie noodwendig alwetende intelektuele reuse nie.

of

As jy half Engels half Afrikaans grootgeword het, pas jy nie by die
Afrikaanse gemeenskap in nie.

of

Henri Burger kan nie saampraat oor armoede nie want sy dorp het nie
'n slum gebied nie.

of

Godsdienstige fundamenatlisme is verkeerd!

Solank jy net met ons in Afrikaans kommunikeer - hier is heelwat
buitelanders teenwoordig wat hulleself Afrikaans geleer het en wat
interesante bydraes lewer vanuit hulle gewoonlik Europese agtergrond.
Hier is verbale reuse (klink soms of hulle verbale diaree het) wat jou
met lang skrywes kan antwoord) Hier is een of twee kreature wat kan
vloek dat die mees geharde pre '94 korporaal in die army sal bloos.
Hier is ouens wat gou op hulle perdjies spring en maklik ontstel word.
Hier is ouens wat persoonlike aanvalle maak as hulle nie meer 'n punt
kan verdedig nie en hier is baie lurkers.

En jy, vanwaar gehasie???

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: ALEEN [boodskap #17079 is 'n antwoord op boodskap #17077] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan skryf:

> Henri Burger kan nie saampraat oor armoede nie want sy dorp het nie
> 'n slum gebied nie.

Hierdie stelling is nie heeltemal onwaar nie, maar ek sal 'n hele aantal
wanopvattings daarin moet weerlê:

1. Henri Burger kan nie saampraat nie, omrede die doodgoeie (en goed dood)
MWeb nie daartoe in staat is om hom toegang tot internasionale kommunikasie
te bied nie.

2. Om 'n slum gebied te hê, voorveronderstel dat die betrokke plek 'n
persepsie van rykdom bied, iets wat Tzaneen duidelik nie kan doen nie.

3. Dit is nou reeds op hierdie ng geopenbaar dat Tzaneen net bestaan uit 'mad
scientists', en dan is die volgende afleiding wat jy kan maak dat die werklike
slum in die koppe van die inwoners is.

4. Alternatiewelik kan jy ook 'n ander stelling wat hier gemaak is, nl. dat
Henri Burger vasgeplak is om 'n vleespot, glo, wat jou stelling geloofwaardig
maak.

Maar natuurlik het Louie nie die vaagste benul wie Henri Burger is nie (nie
dat ek glo hy gee om nie), maar as hy dalk wil uitvind, is hy welkom om te
gaan kyk by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html !

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: ALEEN [boodskap #17140 is 'n antwoord op boodskap #17077] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op Fri, 28 Aug 1998 22:18:09 +0200 skryf "Piet de Coning"
:

->spectrolab wrote in message
...
->>IS DIT NET EK OF GAAN HIER NIKS AAN OP HIERDIE
->>NEWSGROUP
->>LOUIE
->
[knip]
->so al asof ons Afrikaners maar net nie wil leer dat ons sal moet
begin
->saamstaan as ons enigiets wil bereik nie.
[knip]
Die Afrikaners saamstaan? Wanneer het dit ooit gebeur? Miskien toe ons
laas saam Gloudina se kloset besoek het.
Groete
Hannes
Re: ALEEN [boodskap #17141 is 'n antwoord op boodskap #17077] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet de Coning  is tans af-lyn  Piet de Coning
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
spectrolab wrote in message ...
> IS DIT NET EK OF GAAN HIER NIKS AAN OP HIERDIE
> NEWSGROUP
> LOUIE

Jy is reg - ek het baie lus om op te hou met lees in die nuusgroep want dit
lyk vir my die nuusgroep is deur 'n paar mense gekaap wat mekaar oor en weer
beledig, met politieke bydraes deur andere. Alles oor wat sleg en slegter
is; selde ietsie positief. Ek het gehoop die nuusgroep gaan oor AFRIKAANS.
Die mooiste taal ter wêreld - maar in die afgelope maand was daar bitter min
oor Afrikaans. En dan doen die deelnemers nie eers die moeite om reg te spel
en ordentlike taal te gebruik nie. Ai tog, die kragwoorde - as mens regtig
jou eie taal ken kan jy iemand slegsê sonder om plat taal te gebruik. Die
nuusgroep is oop, (sonder 'n ouderdomsbeperking) m.a.w. kinders het ook
toegang daartoe - 'n bietjie diskresie is sekerlik nie onvanpas nie, of hoe?
Asseblief mense - moet ons aanhou om die slegste maniere en taal aan die
wêreld te toon in die manier waarop ons onder mekaar baklei. Dit lyk vir my
so al asof ons Afrikaners maar net nie wil leer dat ons sal moet begin
saamstaan as ons enigiets wil bereik nie. Dus wil ek in alle beskeidenheid
vra - kan die Afrikaners wat in die buiteland woon en werk nie liewer vir
ons vertel hoe die mense daar SA sien nie? En kan ons, wat nog hier bly, nie
maar kyk hoe ons die land en veral ons Afrikaners se beeld, hier en oor die
water, kan verbeter nie?
Hierdie is 'n eerlike oproep uit my hart uit - en as daar nou van julle is
wat met my die spot wil dryf - doen dit dan as dit aan jou plesier verskaf,
maar moet dan nie agter 'n lafhartige skuilnaam wegkruip nie.
Piet de Coning
Re: ALEEN [boodskap #17181 is 'n antwoord op boodskap #17077] Sa, 29 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kyk, dié ou praat nou baie sin - seker omdat hy goeie grondslag gelê
het by 'n baie goeie Hoërskool!

Maar dit is so - ek vra al baie lank vir positiewe bydraes - ek het
agtergekom dat selfs ou Gloudina bietjie begin uit"mellow" ( die maan
is nou ver van vol af) en dit gaan ons kans gee om sonder die
ewigdurende slegsêery met mekaar interesanthede te wissel.

Gideon, hoeveel Suid Afrikaners is julle daar in Amsterdam? Het Paul
Maclear steeds met jou kontak? Hoe lyk die huis waarin julle bly?

Piet, vertel ons wat die laaste Afrikaanse boek is wat jy gelees het.

|Jy is reg - ek het baie lus om op te hou met lees in die nuusgroep want dit
|lyk vir my die nuusgroep is deur 'n paar mense gekaap wat mekaar oor en weer
|beledig, met politieke bydraes deur andere. Alles oor wat sleg en slegter
|is; selde ietsie positief. Ek het gehoop die nuusgroep gaan oor AFRIKAANS.
|Die mooiste taal ter wêreld - maar in die afgelope maand was daar bitter min
|oor Afrikaans. En dan doen die deelnemers nie eers die moeite om reg te spel
|en ordentlike taal te gebruik nie. Ai tog, die kragwoorde - as mens regtig
|jou eie taal ken kan jy iemand slegsê sonder om plat taal te gebruik. Die
|nuusgroep is oop, (sonder 'n ouderdomsbeperking) m.a.w. kinders het ook
|toegang daartoe - 'n bietjie diskresie is sekerlik nie onvanpas nie, of hoe?
|Asseblief mense - moet ons aanhou om die slegste maniere en taal aan die
|wêreld te toon in die manier waarop ons onder mekaar baklei. Dit lyk vir my
|so al asof ons Afrikaners maar net nie wil leer dat ons sal moet begin
|saamstaan as ons enigiets wil bereik nie. Dus wil ek in alle beskeidenheid
|vra - kan die Afrikaners wat in die buiteland woon en werk nie liewer vir
|ons vertel hoe die mense daar SA sien nie? En kan ons, wat nog hier bly, nie
|maar kyk hoe ons die land en veral ons Afrikaners se beeld, hier en oor die
|water, kan verbeter nie?
|Hierdie is 'n eerlike oproep uit my hart uit - en as daar nou van julle is
|wat met my die spot wil dryf - doen dit dan as dit aan jou plesier verskaf,
|maar moet dan nie agter 'n lafhartige skuilnaam wegkruip nie.
|Piet de Coning
|
|
|

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: ALEEN [boodskap #17192 is 'n antwoord op boodskap #17077] So, 30 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com wrote:
> Gideon, hoeveel Suid Afrikaners is julle daar in Amsterdam? Het Paul
> Maclear steeds met jou kontak? Hoe lyk die huis waarin julle bly?
>

Hehehe : Ja - so gaan dit nou eenmaal - ons kom elke keer weer by die punt
uit. Ons begin 'n interessante thread waar dinge heel vurig gaan en dan maak
iemand vir Gloudien kwaad of iemand trap op Ferdi se tone of iemand wakker
Frikkie se patrioties gevoel wakker en dan tref die popo weer die fan (sorry
gloudien - waaier - elektries dit is). Maar kom ons probeer weer.

Sover ek weet is daar nou so 150 Sa'ers wat nou werk vir my firma in
Nederland. Elke week kom daar nog so 'n paar aan. Nogal interessante boel van
ons - alle rassegroepe, taalgroepe ensovoorts. Die oorwegende hoeveelheid wat
egter hierheen kom is blanke Afrikaners - die oorbrugging na Nederlands is
makliker. In die groep met wie ek meeste te doene het (die Netwerkouens), is
daar twee Engelsmanne, Eeen kleuringoutjie uit dei Kaap, Een Boereseun van
Brits se wereld, en dan 'n mengelmoes Afrikaners van Pretoria en Kaapstad.
Daar is 'n goeie gees tussen die ouenes en ons help mekaar so oor en weer uit
as daar drama is en iemand raad nodig het. Daar was byvoorbeeld 'n groep
vanons wat besluit het ons gaan die kantoor in Enschede die naweek help trek.
Ons was 'n groep van vyf. Dit het in 'n heleavontuur verander. Ons het eers
al die werk agter die rug gekry en toe die middedorp ingevaar. Errs gestop by
'n Meksikaanse restourant en Enchiladas en ander goed geeet wat jou so 'n dag
of wat bybly. Ook natuurlik die Meksikaanse bier beproef. Daarna het oons so
oorgedryf na 'n ander watergat waar almal heel langsaam 'n paar Grolsh Biere
aan sit en suig het. Dit is nou behalwe vir Norman - hy het hierdie ding oor
Liptonice iced tea. Ons het so 10H00 se kant besluit dat as ons die vrouens
nou nie heeltemal de bliksem in wil maak nie moet ons miskien huis toe gaan.

Ons huis - as ek nou net my scanner kry, sal ek 'n paar foto's inscan dan sal
ek vir julle wys hoe dit lyk. So 'n dupleks ding. Oopplan kombuis, sitkamer
eetkamer op die grond vloer. Drie slaapkamers op die eerste en 'n lekker
groot, leefbare solder. 'n Klein tuintjie agter die huis en 'n Garage. Ek sal
foto's van die omgewing ook plaas op 'n stadium dan kan julle sien hoe lyk
dit.

Ek het 'n paar keer met Paul kommunikeer en moets en moenies en wat hy voor
vorsiening moet maak ensovoorts deurgegee. Het seker so 'n maand gelede lass
van hom gehoor. Daar is 'n ander nuusgroeper wat ook op pad hiernatoe is, en
ons gesels heelwat met mekaar met e-mail. As daar iemand aan daai kant is wat
iewers anders heen wil gaan in die wereld - kry maar die soort kontakte - dit
help.

In elk geval - voordat ek dalk beskuldig word van verbale diariee, laat ek
liewers Groet uit die Laaglande

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: ALEEN [boodskap #17193 is 'n antwoord op boodskap #17077] So, 30 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Piet de Coning wrote in message ...
> spectrolab wrote in message ...
>> IS DIT NET EK OF GAAN HIER NIKS AAN OP HIERDIE
>> NEWSGROUP
>> LOUIE
>
>
> Jy is reg - ek het baie lus om op te hou met lees in die nuusgroep want dit
> lyk vir my die nuusgroep is deur 'n paar mense gekaap wat mekaar oor en weer
> beledig, met politieke bydraes deur andere. Alles oor wat sleg en slegter
> is; selde ietsie positief. Ek het gehoop die nuusgroep gaan oor AFRIKAANS.
> Die mooiste taal ter wêreld - maar in die afgelope maand was daar bitter min
> oor Afrikaans. En dan doen die deelnemers nie eers die moeite om reg te spel
> en ordentlike taal te gebruik nie. Ai tog, die kragwoorde - as mens regtig
> jou eie taal ken kan jy iemand slegsê sonder om plat taal te gebruik. Die
> nuusgroep is oop, (sonder 'n ouderdomsbeperking) m.a.w. kinders het ook
> toegang daartoe - 'n bietjie diskresie is sekerlik nie onvanpas nie, of hoe?
> Asseblief mense - moet ons aanhou om die slegste maniere en taal aan die
> wêreld te toon in die manier waarop ons onder mekaar baklei. Dit lyk vir my
> so al asof ons Afrikaners maar net nie wil leer dat ons sal moet begin
> saamstaan as ons enigiets wil bereik nie. Dus wil ek in alle beskeidenheid
> vra - kan die Afrikaners wat in die buiteland woon en werk nie liewer vir
> ons vertel hoe die mense daar SA sien nie? En kan ons, wat nog hier bly, nie
> maar kyk hoe ons die land en veral ons Afrikaners se beeld, hier en oor die
> water, kan verbeter nie?
> Hierdie is 'n eerlike oproep uit my hart uit - en as daar nou van julle is
> wat met my die spot wil dryf - doen dit dan as dit aan jou plesier verskaf,
> maar moet dan nie agter 'n lafhartige skuilnaam wegkruip nie.
> Piet de Coning

Beste Piet,

Die manier om die soort bydraes op die nuusgroep te kry wat jy graag daar
wil sien is om hulle te plaas - nie om te kla dat ander dit nie plaas nie.

Ek sien uit na jou bydraes.

Groete, Leendert
Re: ALEEN [boodskap #17205 is 'n antwoord op boodskap #17077] Ma, 31 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
>>
> |In elk geval - voordat ek dalk beskuldig word van verbale diariee, laat ek
> |liewers Groet uit die Laaglande
> Dis baie interesant! Jy is nog nie lank daar nie? Maar leer jy
> Nederlands aan? Formeel of net so met die praat saam?
>
> ...goodbye en good luck,
> Simon

test
Re: ALEEN [boodskap #17206 is 'n antwoord op boodskap #17077] Ma, 31 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 30 Aug 1998 09:29:44 GMT, gide...@usa.net had the following
to say:

|Sover ek weet is daar nou so 150 Sa'ers wat nou werk vir my firma in
|Nederland. Elke week kom daar nog so 'n paar aan.

Dit klink regtig of Suid-Afrika leegloop! Jy praat net van een firma?
'n Tydskrif hier (You) het 'n ruk terug vertel van duisende wat op
iemand se kontaklys is in Atlanta USA. Jy sê dis alles rekenaar
mense. Wat gebeur in ons eie rekenaar bedryf?

|Ons huis - as ek nou net my scanner kry, sal ek 'n paar foto's inscan dan sal
|ek vir julle wys hoe dit lyk.

Dit sal baie interesant wees! Ek het geen idee van
nie-toeriste-Nederland nie!

|In elk geval - voordat ek dalk beskuldig word van verbale diariee, laat ek
|liewers Groet uit die Laaglande
Dis baie interesant! Jy is nog nie lank daar nie? Maar leer jy
Nederlands aan? Formeel of net so met die praat saam?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: ALEEN [boodskap #17224 is 'n antwoord op boodskap #17077] Di, 01 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
m...@here.com (Simon) wrote:
> On Sun, 30 Aug 1998 09:29:44 GMT, gide...@usa.net had the following
> to say:
>
> |Sover ek weet is daar nou so 150 Sa'ers wat nou werk vir my firma in
> |Nederland. Elke week kom daar nog so 'n paar aan.
>
> Dit klink regtig of Suid-Afrika leegloop! Jy praat net van een firma?
> 'n Tydskrif hier (You) het 'n ruk terug vertel van duisende wat op
> iemand se kontaklys is in Atlanta USA. Jy sê dis alles rekenaar
> mense. Wat gebeur in ons eie rekenaar bedryf?
>

Ja, als rekenaarmense. En daar kom elke week nog 'n paar gesinne aan (sommige
weke meer as ander)

> |Ons huis - as ek nou net my scanner kry, sal ek 'n paar foto's inscan dan sal
> |ek vir julle wys hoe dit lyk.
>
> Dit sal baie interesant wees! Ek het geen idee van
> nie-toeriste-Nederland nie!
>

Meeste van SA weet nie - ken net Amsterdam, windmeulens ens gedeeltes van die
Weskus.

> |In elk geval - voordat ek dalk beskuldig word van verbale diariee, laat ek
> |liewers Groet uit die Laaglande
> Dis baie interesant! Jy is nog nie lank daar nie? Maar leer jy
> Nederlands aan? Formeel of net so met die praat saam?
>

So drie maande. Nederlands leer ek maar so. Ek gaan wel op 'n kursus vir die
grammatika en die skrywery (ek het dit nogal nodig). om jou 'n idee te gee -
my seun het 'n evaluasietoets geskryf om te bepaal watter vlak hy is met sy
gebruik van Nederlands. Hulle bevinding was dat hy geen ekstra klaase eers
nodig het nie. Dit nadat hy aanvanklik teruggehou is met sekere vakke. Hy is
nou 1 week in die skool. DIt is minder van 'n probleem as wat ek aanvanklik
gedink het.

Groete

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: ALEEN [boodskap #17250 is 'n antwoord op boodskap #17077] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
m...@here.com (Simon) wrote:
> On Sun, 30 Aug 1998 09:29:44 GMT, gide...@usa.net had the following
> to say:
>
> |Sover ek weet is daar nou so 150 Sa'ers wat nou werk vir my firma in
> |Nederland. Elke week kom daar nog so 'n paar aan.
>
> Dit klink regtig of Suid-Afrika leegloop! Jy praat net van een firma?
> 'n Tydskrif hier (You) het 'n ruk terug vertel van duisende wat op
> iemand se kontaklys is in Atlanta USA. Jy sê dis alles rekenaar
> mense. Wat gebeur in ons eie rekenaar bedryf?
>
Oops - ek was gisteraand by 'n vergadering - dit is blykbaar nou 250, nie 150
nie.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Re: Airfare and touristing in SA.
Volgende onderwerp: Dis Heerlike lente!( Was:Toets - Ignoreer, asb.)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 04:34:16 MGT 2024