Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dis Heerlike lente!( Was:Toets - Ignoreer, asb.)
Dis Heerlike lente!( Was:Toets - Ignoreer, asb.) [boodskap #17233] Di, 01 September 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Skrik ek my amper vrek vanaand toe onderstaande boodskap wel op die ng
verskyn (net twee dae laat!).

Nou ja, vandag is dit amptelik die begin van lente, en ook die datum waarop
MWeb se verhoging in werking tree. Mag die lente nuwe lewe in MWeb blaas!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

KWOUTIBEL KWOUT:

"Dankie dat u reageer het, maar dit lyk my u het 'n 'forward pass'
gemaak... - die uwe aan postm...@mweb.co.za

Henri Burger wrote in message ...
> Net 'n (desperate) poging om te sien of die manne by MWeb, soos Nico de
> Beer, enigsins vordering maak om internasionale kommunikasie te vergemaklik.
>
> Nog net 2 dae voordat die verhoging in werking tree wat my 'Onbeperkte
> Internet
> Toegang' bied!
Re: Dis Heerlike lente!( Was:Toets - Ignoreer, asb.) [boodskap #17262 is 'n antwoord op boodskap #17233] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
nomad skryf:

> Wat is die probleem wat  met M-Web? Hoekom slaan jy hulle nie vir 'n ses nie
> en gebruik iemand anders nie? Of is die probleem nie so eenvoudig nie....?

Dis 'n lang, tragiese verhaal, en dit is ongelukkig nie so eenvoudig nie.

MWeb ('n filiaal van MNet) het in 1997 hom dit ten doel gestel om die
grootste ISP in SA te word. Dit het hulle binne maande reggekry deur 1) 'n
aggressiewe bemarkingsveldtog ongekend in SA, en 2) 'n hele aantal van die
kleiner diensverskaffers (insluitend PiX by wie ek was) uit te koop.

Toe hulle die diens moet bedryf, kom hulle agter hulle het al hulle geld op
bemarking spandeer, en baie min op tegniese vermoëns. Toe ons almal so 2
maande terug in MWeb se kraal is, toe kry ons omtrent nie meer boodskappe
van nuusgroepe af nie, en so 3 weke gelede kon ons ook nie meer boodskappe
op nuusgroepe geplaas kry nie, tensy ons van Dejanews of so gebruik maak.
(Bg. is die weergawe soos ek dit sien en verstaan.)

Vir weke het ek 'n verbete stryd met hulle gevoer, maar tevergeefs. Toe wend
ek my verlede week tot 'n verbruikersforum, en verlede Vrydag toe bel ene
Nico de Beer my, en deel my mee dit is sy persoonlike taak om hierdie
probleem op te los. Na ons gesprek het dit vir my geklink of iemand vir die
eerste keer verstaan wat die probleem is.

Toe stuur ek Sondag een van my periodieke toets boodskappe, en wragtig, hy
verskyn hier, net 2 dae later! Nou verskyn my reaksie daarop darem al
vandag. As MWeb so aanhou, sal daar binnekort een van my boodskappe verskyn
nog voor ek hom gestuur het!

Maar ek het geleer om agterdogtig te wees, so ek sal die situasie eers 'n
rukkie dophou voor ek verskoning vra vir al die snedige boodskappe wat ek
vir MWeb se grootbaas gestuur het.

Hoekom het ek nie van diensverskaffer verander nie?  Jy moet onthou Tzaneen
lê amper aan die gatkant van die aarde (ek verneem die nuwe millineum breek
eers in 2001 by ons aan), en ek het nie die keuse van 'n ander ISP gehad
nie, tensy ek bereid was om hooflyn te gaan.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

KWOUTIBEL KWOUT:

"...please be understandable, we do not live in a perfect world..." -
postm...@mweb.co.za  in 'n skrywe aan die uwe.
Re: Dis Heerlike lente!( Was:Toets - Ignoreer, asb.) [boodskap #17263 is 'n antwoord op boodskap #17233] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die probleem wat met M-Web? Hoekom slaan jy hulle nie vir 'n ses nie
en gebruik iemand anders nie? Of is die probleem nie so eenvoudig nie....?

--
nomad@rest.oasis
Henri Burger wrote in message
35ec1762.0@news1.mweb.co.za...
> Skrik ek my amper vrek vanaand toe onderstaande boodskap wel op die ng
> verskyn (net twee dae laat!).
>
> Nou ja, vandag is dit amptelik die begin van lente, en ook die datum waarop
> MWeb se verhoging in werking tree. Mag die lente nuwe lewe in MWeb blaas!
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
> KWOUTIBEL KWOUT:
>
> "Dankie dat u reageer het, maar dit lyk my u het 'n 'forward pass'
> gemaak... - die uwe aan postm...@mweb.co.za
>
> Henri Burger wrote in message ...
>> Net 'n (desperate) poging om te sien of die manne by MWeb, soos Nico de
>> Beer, enigsins vordering maak om internasionale kommunikasie te
> vergemaklik.
>>
>> Nog net 2 dae voordat die verhoging in werking tree wat my 'Onbeperkte
>> Internet
>> Toegang' bied!
>
Vorige onderwerp: ALEEN
Volgende onderwerp: Hoe stig ek 'n Beslote Korporasie (BK) ??
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 06:56:40 MGT 2024