Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vra maar net.
Vra maar net. [boodskap #15112] Sa, 23 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Kan iemmand dalk vir my verklaar hoekom Amerika vir Irak in die steentydperk
in wil bom omdat hulle vermoedelik wapens van massavernietiging vervaardig
en vir Indie net met sanksies dryg?

Hennie
Re: Vra maar net. [boodskap #15113 is 'n antwoord op boodskap #15112] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hennie Louw" writes: >

Kan iemmand dalk
vir my verklaar hoekom Amerika vir Irak in die steentydperk
> in wil bom omdat hulle vermoedelik wapens van massavernietiging vervaardig
> en vir Indie net met sanksies dryg?
>
> Hennie

Gegee dat die Amerikaners se buitelandse
beleid vir ander mense duister is om te
lees, dink ek tog dat Indi"e die volle reg
het om in die "atoomklub" te wees. Die
vraag is, wat gee die vyf lede van die
"atoomklub" die reg om daarin te wees
en ander lande uit te hou?
Ek voel altyd so lekker as ek in ons
koerante lees van Suid-Afrika wat so
gewilliglik sy "atoombomkapasiteit"
opgegee het. Suid-Afrika word vir baie
dinge in die buiteland deesdae geprys.
Gister hoor ek hoe,tydens 'n analise van
die Ierse referendum, hulle na Suid-
Afrika verwys as 'n voorbeeld waar die
leiers groot genoeg was om kompromiste
aan te gaan en 'n nuwe bedeling te
bewerkstellig.

Gloudina
Re: Vra maar net. [boodskap #15114 is 'n antwoord op boodskap #15112] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Hennie Louw" wrote:
>
> Kan iemmand dalk vir my verklaar hoekom Amerika vir Irak in die steentydperk
> in wil bom omdat hulle vermoedelik wapens van massavernietiging vervaardig
> en vir Indie net met sanksies dryg?

Indie het nie olie nie, en bedreig nie die weste se olietoevoer nie.

En kyk uit vir hoofstuk twee: Indie val Pakistan binne, en niks gebeur nie,
g'n Desert Storm niks nie.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Vra maar net. [boodskap #15115 is 'n antwoord op boodskap #15112] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger heeft geschreven...
>
> Hennie Louw skryf:
>
>> Kan iemmand dalk vir my verklaar hoekom Amerika vir Irak in die steentydperk
>> in wil bom omdat hulle vermoedelik wapens van massavernietiging vervaardig
>> en vir Indie net met sanksies dryg?
>
> Hennie,
>
> 1) Hoeveel olie kan Indië se onmiddellike bure aan die VSA verskaf?
> 2) Hoe ver moet 'n ballistiese missiel van Indië af trek om Israel te tref?
3) Hoeveel meer mensen wonen er in India dan in Irak?
4) Hoeveel verder gevorderd is India in het vervaardigen van atoomwapens?

Groeten,
Arthur
Re: Vra maar net. [boodskap #15137 is 'n antwoord op boodskap #15112] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen wrote in message ...
5.) As Brittanje en Frankryk kernmoondhede mag wees, elkeen met slegs 6%
van die bevolking
van Indi"e, ong. 80% van Indi"e se BBP, en geen vyande, dan het Indi"e
alle reg om ook een te wees,
met sy bevolking van 1 miljard en twee ernstige kernbewapende vyande,
Pakistan en Sjina.
Re: Vra maar net. [boodskap #15138 is 'n antwoord op boodskap #15112] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek voel altyd so lekker as ek in ons
> koerante lees van Suid-Afrika wat so
> gewilliglik sy "atoombomkapasiteit"
> opgegee het. Suid-Afrika word vir baie
> dinge in die buiteland deesdae geprys.

Wat is die kanse dat SA hierdie kapasiteit aan Indië verkoop het? Ek is
bewus daarvan dat daaroor gespekuleer word hier rond.

> Gister hoor ek hoe,tydens 'n analise van
> die Ierse referendum, hulle na Suid-
> Afrika verwys as 'n voorbeeld waar die
> leiers groot genoeg was om kompromiste
> aan te gaan en 'n nuwe bedeling te
> bewerkstellig.

Na aanleiding van 'n vroeëre opmerking van jou, Gloudina, wie sou jy
bestempel as die 'oorwinnaars' in die Iere se situasie?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Vra maar net. [boodskap #15139 is 'n antwoord op boodskap #15112] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Wat is die kanse dat SA hierdie kapasiteit aan Indië verkoop het? Ek is
> bewus daarvan dat daaroor gespekuleer word hier rond.

Wat sou SA aan Indi"e verkoop het? Hardeware?
Ek sou dink die Indiers het genoeg wetenskaplikes
wat die teorie betref? As ek reg onthou het SA
sy eie (goedkoper) manier van uranium verryk
uitgevind. Sou dit hierdie kennis wees?

> Na aanleiding van 'n vroeëre opmerking van jou, Gloudina, wie sou jy
> bestempel as die 'oorwinnaars' in die Iere se situasie?

Die Ierse situasie is hopelik 'n
kompromis. Dit lyk vir my of Sinn
Feinn die gretigste is om vrede te
maak (heelwaarskynlik onder druk van
Amerika en Engeland.) Die Protestante
is die ouens wat gaan moeilikheid
maak. Ek is siek vir hulle ou gepraat
oor wat hulle regte is en wat hulle
gaan doen. Dis tyd dat Paisley van
die toneel verdwyn.

Gloudina
Re: Vra maar net. [boodskap #15157 is 'n antwoord op boodskap #15112] Ma, 25 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Irak hou 'n bedreiging in vir die Amerikaanse sogenaamde "NATIONAL SECURITY"

As Irak toegelaat word om sekere aksies uit te voer sal die die stabiliteit
van die Amerikaanse state benadeel. Amerika se standpunt is dat hy nie lande
verdra wat hom negatief gesind is nie.

Ek moet egter byvoeg dat die mense in Irak (lyk dit vir my) maar heel toe
is, want hulle sien nie dat Hussein hulle 'n reuse rat voor die oe draai
nie.

Sover as wat Indie aangaan, en die Kernklub waarvan almal so gretig praat,
is die hele idee van kernwapens toetaal onaanvaarbaar. Geen en ek bedoel
GEEN land mag sulke wapens besit nie. Dit is die plig van vredeliewende
lande om sulke lande wat hulle self met so 'n wapen bewapen op sy plek te
sit.

Die voordele verbonde aan die afsit van so 'n wapen is baie minder as die
nadele. Daar is in elke geval beter wapens wat net so effektief as afskrik
middel kan dien, maar wat met afsitting nie naastenby soveel skade aan die
omgewing doen nie.

Indie is nie 'n land wat kan bekostig om homself met sulke wapens te
verdedig nie. Sover as wat kennis aangaan, is ek ook nie seker of die
Indiese owerhede die kapasiteit of veranwoordelikheid het om so 'n wapen
effektief te kan administreer nie. Amerika kan nie eens nie. Suid Afrika nog
minder.

Kernkrag moet ten bate van mense aangewend word, nie ten koste nie!!!

Kern ellektrisiteit
Kern aandrywingstelsels vir ruimte skepe
Gratis elektrisiteit
Gratis brandstof

As jy mooi terug kyk na die geskiedenis van Amerika en Irak se twis, sal jy
sien dat Amerika se twis met Irak baie dieselfde paadjie volg as sy pad met
Indie. Hy het ook gedryg aan die begin. Om die warheid te se was hy
mynsinsiens baie geduldig met die Irakese.

GEEN LAND HET DIE REG OM KERN WAPENS TE VERVAARDIG NIE.

PUNT.
Re: Vra maar net. [boodskap #15191 is 'n antwoord op boodskap #15112] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 May 1998 11:53:57 GMT, ev...@sportspace.co.za wrote:

g'n Desert Storm niks nie.>>[/color]

Wel dit het ons mos al in Bosnie gesien.
Re: Vra maar net. [boodskap #15192 is 'n antwoord op boodskap #15112] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 May 1998 10:51:48 +0200, "Hennie Louw" wrote:

in wil bom omdat hulle vermoedelik wapens van massavernietiging vervaardig[/color]
> en vir Indie net met sanksies dryg?>>

Behalwe al die ander dinge soos olie, moontlik omdat Irak die VSA wil
aanval (en hulle burgerlike vliegtuie klaarblyklik opblaas ook) en
Indie nie?

Nie dat die Indiers nie gatte van hulleself maak met hulle bomme nie.
Wie sou kon dink dat PW se gees daar sou herleef!
Vorige onderwerp: Amway / My reaksie op Johan!
Volgende onderwerp: koeksisters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:33:59 MGT 2024