Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » koeksisters
koeksisters [boodskap #15163] Di, 26 Mei 1998 00:00
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Baie lank gelede het iemand gevra waar die naam koeksisters vandaan
kom.
Eergister sê iemand terloops by die werk dit kom van die geluid wat
die vuurwarm koekie maak as dit die yskoue sous tref. Uit ondervinding
weet ek dit maak "sissssss" soos dit die sous opsuig.

Dis die lekkerste koeksisters. Hard en donkerbruin gebak in olie en
dan dadelik in die yskoue sous gemaak van water, suiker, suurlemoen en
kaneel.

Dan suig die uitgerysde holtes in die gevlegde koekie die sous op. Sit
in die yskas en eet later saam met koffie. As die koffie kitskoffie is
sal die here jou straf.

Dit moet regte koffie wees. Of cuppucino of 'n 50/50 mengsel van
koffie en warm melk. Die melk moet tot amper kookpunt warm gemaak word
en eers dan in die warm koffie gegooi word.
As jy dit saam warm maak (die melk en koffie) kry dit so 'n bitter
smaak.

Die beste koffie word gemaak met stoom wat deur die gemaalde bone
geforseer word.

As jy verder iets wil byvoeg, gooi 'n druppel of twee vanilla essence
in die koffie.

Sit agteroor met jou voete teen die tafel, crack 'n stupid joke met
die mens by jou, eet 'n koeksister en drink die koffie.......

Boere drugs...

(Later maak jy die kombuis skoon wat vol fokken suiker-stroop en oral
taai is van die koeksister-makery.)
Re: koeksisters [boodskap #15164 is 'n antwoord op boodskap #15163] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dis 'n pragtige beskrywing die. Laat my dink aan Leipoldt se
beskrywing van biltong wat ek nou die dag op die Knoop teegekom het!

On Tue, 26 May 1998 10:41:05 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> Dis die lekkerste koeksisters. Hard en donkerbruin gebak in olie en
> dan dadelik in die yskoue sous gemaak van water, suiker, suurlemoen en
> kaneel.
>
> Dan suig die uitgerysde holtes in die gevlegde koekie die sous op. Sit
> in die yskas en eet later saam met koffie. As die koffie kitskoffie is
> sal die here jou straf.
>
> Dit moet regte koffie wees. Of cuppucino of 'n 50/50 mengsel van
> koffie en warm melk. Die melk moet tot amper kookpunt warm gemaak word
> en eers dan in die warm koffie gegooi word.
> As jy dit saam warm maak (die melk en koffie) kry dit so 'n bitter
> smaak.
>
> Die beste koffie word gemaak met stoom wat deur die gemaalde bone
> geforseer word.
>
> As jy verder iets wil byvoeg, gooi 'n druppel of twee vanilla essence
> in die koffie.
>
> Sit agteroor met jou voete teen die tafel, crack 'n stupid joke met
> die mens by jou, eet 'n koeksister en drink die koffie.......
>
> Boere drugs...
>
> (Later maak jy die kombuis skoon wat vol fokken suiker-stroop en oral
> taai is van die koeksister-makery.)
>
Vorige onderwerp: Vra maar net.
Volgende onderwerp: Resepte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:51:51 MGT 2024