Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Amway / My reaksie op Johan!
Amway / My reaksie op Johan! [boodskap #15100] Sa, 23 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Hein van Wyk  is tans af-lyn  Hein van Wyk
Boodskappe: 41
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Nou wil ek heeltemal verskil met Johan(in verwysing na sy skrywe wat
antwoord op myne): Ek kan nie sien hoedat ek versigtig moet wees of
enigiets kan verloor nie. Selfs die bedrag wat jy in die besigheid in stoot
is nie eers so baie nie + dit is boonop eenmalig! So, verseker behoort dit
geen groot verandering aan jou finansiële status teweeg te bring nie!

My opinie is dat as almal saam staan m.b.t die skema almal daaruit mag
baatvind & grootliks 'n sukses daarvan behoort te maak. Nou ongelukkig weet
ek nie van waar jy is nie Johan, maar hier in Suid-Afrika is juis die
Publieke & Private Sektor besig om van Blankes ontslae te raak(Hulle noem
dit Regstellende aksie). Dus as jy nie eie inisiatief aan die dag lê om jou
eie besigheid te begin nie sien ek maar swarigheid! Ai as ons
Suid-Afrikaners maar net kan saam staan, sal die wêreld vir ons soveel
makliker wees!

Terloops; as dit Amerika kan werk hoekom nie hier ook nie??! Jammer vir die
volgende uitlating, maar ek dink ons as Suid-Afrikaners het grootliks
gemaksugtig geword en dit kan nog ons ondergang beteken.!!!
SO KOMAAN VRINNE KOM ONS STAAN SAAM & PROBERR ALLERMINS IETS AAN DIE SAAK
DOEN!!

Groete uit die Baai!
Hein / hie...@intekom.co.za
Re: Amway / My reaksie op Johan! [boodskap #15128 is 'n antwoord op boodskap #15100] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
'n Jaar of wat gelede was daar 'n program op BBC/ITV/C4
wat duidelik uitgewys het die smart waardeur mense gegaan
het wat ingesuig is in hierdie verkoopstegniek, wat begin grens
het aan 'n kultus. Hulle is sielkundig aangeval.

Ongelukkig is baie SAfrikaners nou in 'n netelige posisie, en
is dus ryp vir hierdie taktieke.

> SO KOMAAN VRINNE KOM ONS STAAN SAAM & PROBERR ALLERMINS IETS AAN DIE SAAK
> DOEN!!

Goedkoop sielkundige nonsens soos hierdie uitspraak behoort dadelik
'n rooi lig aan te skakel.

1.) Dis 'n vry land om jou geld te bel^e waar jy wil;
2.) 'Let the buyer beware';
3.) 'A sucker is born every minute'.

Wees gewaarsku.
Re: Amway / My reaksie op Johan! [boodskap #15165 is 'n antwoord op boodskap #15100] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 23 May 1998 10:14:50 GMT, "Hein van Wyk" wrote:

> Nou wil ek heeltemal verskil met Johan(in verwysing na sy skrywe wat
> antwoord op myne): Ek kan nie sien hoedat ek versigtig moet wees of
> enigiets kan verloor nie.

Ek sê nie jy moenie - ek sê net enige van julle wat dit oorweeg, moet
oopoë die ding ingaan.

Daar is sommige van die redenasies wat uitgegooi word wat nie water
hou nie, byv. hulle gee produkte goedkoper omdat so baie mense
deelneem. Nou vra ek: waarom 'n duur lidmaatskap en 'n minimum
aankoop bedrag elke maand en so jou deelnemers beperk. As hulle dan
so danig daarop uit is om die produkte goedkoper aan mense te verskaf,
hoekom nie net die katalogusse uitgee soos ander maatskappye en mense
dan vryelik laat koop nie? As die produkte so goeie waarde vir geld
is, sou dit mos baie goed verkoop?!!?

>
> Terloops; as dit Amerika kan werk hoekom nie hier ook nie??!

Amerika se kultuur loop op per-pos bestellings en katalogusse. Mense
kyk jou skeef aan as jy vra waarom hier in die stad net twee winkels
is wat byvoorbeeld leer en leerwerk gereedskap verkoop, terwyl hier
ranches is met 400 en meer perde op?!? Wel, enige iets word vanoor
die hele land per pos bestel. Fisiese teenwoordigheid of lokasie van
die winkel is glad nie meer belangrik nie. Ek self sit byvoorbeeld
met ongeveer 20 katalogusse van maatskappye wat leergereedskap
verkoop.

Die posdiens is hier ook effe meer betroubaar. Ek het byvoorbeeld my
rekenaar per pos bestel - die staat waar dit verkoop is, vra nie VAT
nie en dus het ek bietjie gespaar op 'n rekenaar wat ek ook by 'n
winkel kon koop - ek het hom nou direk by die vervaardiger gekry.

> Jammer vir die
> volgende uitlating, maar ek dink ons as Suid-Afrikaners het grootliks
> gemaksugtig geword en dit kan nog ons ondergang beteken.!!!
> SO KOMAAN VRINNE KOM ONS STAAN SAAM & PROBERR ALLERMINS IETS AAN DIE SAAK
> DOEN!!
>
> Groete uit die Baai!
> Hein / hie...@intekom.co.za

Hou net jou oë op Hein! Dis al. As jy volluit daarvoor gaan is daar
niks wat jou keer om 'n groot sukses daarvan te maak nie.
Re: Amway / My reaksie op Johan! [boodskap #15166 is 'n antwoord op boodskap #15100] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Not Anonymous  is tans af-lyn  Not Anonymous
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hein van Wyk wrote in message
...

> Terloops; as dit Amerika kan werk hoekom nie hier ook nie??!

Ou grapgat....
Vorige onderwerp: afrikaanse 'word' woordeboek
Volgende onderwerp: Vra maar net.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 13:08:29 MGT 2024