Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bankrowe
Bankrowe [boodskap #12433] Ma, 02 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die vlaag onlangse bankrowe word gevoer met ammunisie wat SLEGS tot
beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets" -
bevestig deur baie hoe offisiere; Die styl is Umkontu Isizwe, die skuldiges
word deur minister Mofamadi in die tronk besoek; 'n ontsnapte rower word by
Pieter Mokaba se huis onthaal. In Kaapstad verklaar die ANC onlangs dat
daar ernstige finansiele probleme in die party bestaan............

Skielik is die koeelvaste baadjies van die polisie net so koeel-afwerend
soos 'n sy-onderbroek. -totaal onbestand teen hulle eie regering se weermag
ammunisie. 'n Bevestigde feit.

Klap die nasie wakker indien hierdie 'n nagmerriedroom blyk te wees. Die
volgende verkiesing vind op 5 Mei 1999 plaas.
Re: Bankrowe [boodskap #12442 is 'n antwoord op boodskap #12433] Di, 03 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
B  is tans af-lyn  B
Boodskappe: 4
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Skielik is jy nou die kenner van militere style? Fokkit he?
> En dit nadat militere kenners lank reeds dit duidelik gestel het dat
> MK nooit opgelei was vir hinderlae nie en dat hinderlae die is.
> Maar vertel my meer van die "MK styl" asb Griet. Laat ons sien hoeveel
> jy werklik weet van sulke dinge.
>
> Ek sien in elk geval jy het nou die grootste hongersnood/ramp in die
> geskiedenis van SA n bietjie eenkant geskuif.

Ek hoor 702 se verslaggewer reken die rooftogte word met milit^ere presisie
uitgevoer. ( Bel 702 en vind self uit. Vra om met Debra Patter te praat.)

HONGERSNOOD ??? Wat se $%^$% is dit ? Ek werk in die middestad van
Johannesburg, naby die howe. Daagliks ry ek verby straatsmouse wat ou
groente net daar op die sypaadjie weg-gesmyt het. HONGERSNOOD ??? WAAR
???? HOEVEEL ??? Wil jy hê ek moet 'n foto vir jou e-mail met die ligging,
tyd en datum van groente wat langs die pad lê ? Kom ons kyk waar jou bek
l^e :

EK DAAG JOU UIT OM MY PERSOONLIK TE ONTMOET IN JHB MIDDESTAD GEDURENDE DIE
WERKSWEEK. KOM ONS NEEM 'N WANDELING, TEEN ONGEVEER 14H00. AS ONS GEEN
WEGGEGOOIDE GROENTE KRY OF NIKS VIR R2 KAN KOOP NIE DAN GEE EK JOU R1000
KONTANT. SO NIE, SKULD JY MY R1000 KONTANT.

Ferdi, ek sien uit na jou antwoord !!
Re: Bankrowe [boodskap #12443 is 'n antwoord op boodskap #12433] Di, 03 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Feb 1998 17:46:16 GMT, "griet" <sand...@global.co.za> wrote:
<<>Die vlaag onlangse bankrowe word gevoer met ammunisie wat SLEGS tot
> beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets" >>>

Kry nuwe brille, Griet.
Kyk wyer as die spieel.
Daai koeels word nie eers in SA gemaak nie.
Dit kom waarskynlik van die VSA of Rusland af.
Vandaar in watter netwerk ookal.

So, net om vir jou op te som dat jy mooi verstaan:
1. SA maak nie sulke koeels nie.
2. Die VSA en Rusland lewer nie koeels net aan die SA Weermag nie.
Indien hulle enigsins koeels aan die SA weermag lewer.

( - wat sover ek weet steeds 7.62 kaliber gebruik (is dit reg?) en as
ek reg onthou, dan pas 7,62 nie in AK's nie.)

Onthou dan sommer ook om in te reken hoe oud die koeels is, want
Griet, as dit so 5 jaar oud is Griet, dan moet jy asb. tog net weer na
jou argument kyk. Hmmm, Griet?
Re: Bankrowe [boodskap #12444 is 'n antwoord op boodskap #12433] Di, 03 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Feb 1998 17:46:16 GMT, "griet" wrote:
<<>Die vlaag onlangse bankrowe word gevoer met ammunisie wat SLEGS tot
> beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets" -
> bevestig deur baie hoe offisiere; Die styl is Umkontu Isizwe, die skuldiges
> word deur minister Mofamadi in die tronk besoek; 'n ontsnapte rower word by
> Pieter Mokaba se huis onthaal. In Kaapstad verklaar die ANC onlangs dat
> daar ernstige finansiele probleme in die party bestaan............
>
> Skielik is die koeelvaste baadjies van die polisie net so koeel-afwerend
> soos 'n sy-onderbroek. -totaal onbestand teen hulle eie regering se weermag
> ammunisie. 'n Bevestigde feit.
>
> Klap die nasie wakker indien hierdie 'n nagmerriedroom blyk te wees. Die
> volgende verkiesing vind op 5 Mei 1999 plaas.>>

Come to think of it, laat op die res ook reageer.

Werk jy dalk vir Marthinus v Schalkwyk?
IS jy dalk Marthinus v Schalkwyk?

Die storie soos deur jou saamgestel verteenwoordig die jongste
conspiracy theory wat in die meer histeriese dele van die wit
gemeenskap rondwarrel.

Dit kan nie die gewig van vrae dra nie. Dit pas nie eers chronologies
inmekaar nie. Laat staan nog dinge soos "Die styl is Umkontu Isizwe"
(Dis WeSizwe, by the way).
Skielik is jy nou die kenner van militere style? Fokkit he?
En dit nadat militere kenners lank reeds dit duidelik gestel het dat
MK nooit opgelei was vir hinderlae nie en dat hinderlae die is.
Maar vertel my meer van die "MK styl" asb Griet. Laat ons sien hoeveel
jy werklik weet van sulke dinge.

Ek sien in elk geval jy het nou die grootste hongersnood/ramp in die
geskiedenis van SA n bietjie eenkant geskuif.
Hoekom?
Slaan dit nie meer gewenste propagandistiese vonke nie?
Miskien was dit maar van die begin af te duidelik te veel bullshit,
te veel aanjaag van propagande, ne?

Nou is jy op die een.

Watter ander conspiracy teoriee gaan jy ons nog mee vermaak?
Re: Bankrowe [boodskap #12458 is 'n antwoord op boodskap #12433] Wo, 04 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:

> Skielik is jy nou die kenner van militere style? Fokkit he?
> En dit nadat militere kenners lank reeds dit duidelik gestel het dat
> MK nooit opgelei was vir hinderlae nie en dat hinderlae die is.

MK was 'n terroriste,Umm ekskuus vryheids beweging en as ek nog reg
onthou is hinderlae een van die hoof doelwitte van stedelike
insurgensie. Maar nou ja dan was ek al voorheen verkeerd gewees.

O ja en wie was die militere kenners wat so baie bs praat?
Re: Bankrowe [boodskap #12459 is 'n antwoord op boodskap #12433] Wo, 04 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
AK47 gebruik wel 7.62, soos ook die ou R1. Dit is net die dop wat verskil
daarom pas hul patrone nie op mekaar nie

Ferdi wrote in message ...
> ( - wat sover ek weet steeds 7.62 kaliber gebruik (is dit reg?) en as
> ek reg onthou, dan pas 7,62 nie in AK's nie.)
Re: Bankrowe [boodskap #12460 is 'n antwoord op boodskap #12433] Wo, 04 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John I.  is tans af-lyn  John I.
Boodskappe: 4
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi wrote:
> inmekaar nie. Laat staan nog dinge soos "Die styl is Umkontu Isizwe"
> (Dis WeSizwe, by the way).

Umkonto WeSizwe of Mkonto KiSizwe, afhangende of jy Zoeloe of Xhosa
praat.

John
Re: Bankrowe [boodskap #12470 is 'n antwoord op boodskap #12433] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Feb 1998 02:27:08 +0200, Lou wrote:

Skielik is jy nou die kenner van militere style? Fokkit he?
>> En dit nadat militere kenners lank reeds dit duidelik gestel het dat
>> MK nooit opgelei was vir hinderlae nie en dat hinderlae die is.
>
> MK was 'n terroriste,Umm ekskuus vryheids beweging en as ek nog reg
> onthou is hinderlae een van die hoof doelwitte van stedelike
> insurgensie. Maar nou ja dan was ek al voorheen verkeerd gewees.
>
> O ja en wie was die militere kenners wat so baie bs praat?>>

Dit was van die onafhanklike militere kenners wat van tyd tot tyd
aangehaal word oor matters military.
Ek het die naam nou vergeet.
Van hierdie "militere navorsingsinstitute".
Hy het gese MK was opgelei in bomme plant en sabotasie ens. Nie in
militere hinderlae nie. Omdat hulle nooit konvensionele militere
stryde gevoer het of voorberei het daarvoor nie.

In elk geval Lou, om n goeie hinderlaag te beplan met die regte info
vereis nie militere opleiding nie. Dit vereis die vermoe om te
organiseer en dissipline toe te pas.

In die weermag word mense met die vermoens gewoonlik uitgesonder en
offisiere of wat ookal gemaak en die vermoe word ontwikkel.

Maar dit word ook in die Polisie, die Branweer, die hospitaal en in
die algemeen in die sake-wereld ook gedoen. n Goeie besigheid word
gewoonlik soos n goeie weermag "gerun" en andersom.

Die kern daarvan is goeie beplanning en bevoegde uitvoering van n
taak.

Die feit dat so baie misdade in die wereld suksesvol deur misdadigers
(sonder militere opleiding) uitgevoer word, bewys dit.

Die kanse is natuurlik goed - gegee die werklikehed van ons tyd - dat
mens met MK-opleiding ook betrokke is. Maar ook dat baie van hulle nie
MK is nie. En ek sal nie op my rug van as voormalige BSB-types of
selfs recces gone bad betrokke is nie. Of sulke tipes van buurstate,
byvoorbeeld uit Angola of Mosambiek.

In elk geval as die ANC geld wil steel vir sy verkiesing (wat ek nie
glo hy wil doen nie) kan hy eenvoudig staatsgeld herkanaliseer.
Re: Bankrowe [boodskap #12471 is 'n antwoord op boodskap #12433] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Feb 1998 19:00:22 GMT, "B" <x@s.c.z> wrote:
<<>Ek hoor 702 se verslaggewer reken die rooftogte word met milit^ere presisie
> uitgevoer. ( Bel 702 en vind self uit. Vra om met Debra Patter te praat.)>>

Dis Debra Pata, by the way. Sy is van Italiaanse afkoms

<<HONGERSNOOD ??? Wat se $%^$% is dit ? Ek werk in die middestad van
> Johannesburg, naby die howe. Daagliks ry ek verby straatsmouse wat ou
> groente net daar op die sypaadjie weg-gesmyt het. HONGERSNOOD ??? WAAR
> ???? HOEVEEL ??? Wil jy hê ek moet 'n foto vir jou e-mail met die ligging,
> tyd en datum van groente wat langs die pad lê ? Kom ons kyk waar jou bek
> lê :
>
> EK DAAG JOU UIT OM MY PERSOONLIK TE ONTMOET IN JHB MIDDESTAD GEDURENDE DIE
> WERKSWEEK. KOM ONS NEEM 'N WANDELING, TEEN ONGEVEER 14H00. AS ONS GEEN
> WEGGEGOOIDE GROENTE KRY OF NIKS VIR R2 KAN KOOP NIE DAN GEE EK JOU R1000
> KONTANT. SO NIE, SKULD JY MY R1000 KONTANT.
>
> Ferdi, ek sien uit na jou antwoord !!>>>

Wel se my eers waarvan jy praat.
Griet het geskryf van die grootste hongersnood ramp in die gesk van SA
wat hom in die Oos-Kaap ontvou as gevolg van die Nuwe SA.
Ek het geantwoord daarop en vir haar gese sy praat poefies.

Nou waar pas jou vraag in?
Re: Bankrowe [boodskap #12472 is 'n antwoord op boodskap #12433] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Feb 1998 08:30:32 +0200, "André" <andr...@cis.co.za> wrote:
<<>AK47 gebruik wel 7.62, soos ook die ou R1. Dit is net die dop wat verskil
> daarom pas hul patrone nie op mekaar nie>>

Sover ek onthou kan die Navo-patrone van die R1 op AK's gebruik word,
maar nie andersom nie.
Re: Bankrowe [boodskap #12473 is 'n antwoord op boodskap #12433] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Feb 1998 01:33:09 +0200, Lou wrote:

>>> Of die belasting opskuif. Gehoor van die nuwe wet waar elke party wat op
> 'n sekere persentasie van die stemme kry geld van die staatskas sal
> ontvang. >>

Dit was al oor onderhandel en op besluit in 1993 in Kemptonpark sover
ek onthou.

moontlik MK's, Polisiemanne, weermag, nigeriers, mosambiekers en soos jy[/color]
> sê recces en koevoet'e. En elke ou wat nou sy kans sien om vinnig 'n
> paar rand te maak want die kanse om gevang te word is baie laag.>>>

In die 30's in die VSA was dit Bonny and Clyde en Al Capone en sulke
diere in die VSA. Ons is in daardie selfde soort situasie.
Re: Bankrowe [boodskap #12474 is 'n antwoord op boodskap #12433] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Lou wrote:

> Dit is bekend dat MK - volgens 'n ander militere kenner - dat MK in die
> Suid Wes / Angola oorlog aan die kant van Frelimo geveg het. SO ek glo
> dus dat hulle wel opgelei was in hinderlaag opstelling en uitvoering.

Wel, siende dat Frelimo die Mosambiekse bevrydingsbeweging was wat teen die
Portugese geveg het, Plaas dit hierdie "kenner" se "kennis" nogal onder
verdenking...

H-J
Re: Bankrowe [boodskap #12475 is 'n antwoord op boodskap #12433] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
B  is tans af-lyn  B
Boodskappe: 4
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Nou waar pas jou vraag in?

Jammer, misverstand.
Re: Bankrowe [boodskap #12487 is 'n antwoord op boodskap #12433] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> Dit was van die onafhanklike militere kenners wat van tyd tot tyd
> aangehaal word oor matters military.
> Ek het die naam nou vergeet.
> Van hierdie "militere navorsingsinstitute".
> Hy het gese MK was opgelei in bomme plant en sabotasie ens. Nie in
> militere hinderlae nie. Omdat hulle nooit konvensionele militere
> stryde gevoer het of voorberei het daarvoor nie.

Dit is bekend dat MK - volgens 'n ander militere kenner - dat MK in die
Suid Wes / Angola oorlog aan die kant van Frelimo geveg het. SO ek glo
dus dat hulle wel opgelei was in hinderlaag opstelling en uitvoering.

>
> In elk geval as die ANC geld wil steel vir sy verkiesing (wat ek nie
> glo hy wil doen nie) kan hy eenvoudig staatsgeld herkanaliseer.

Of die belasting opskuif. Gehoor van die nuwe wet waar elke party wat op
'n sekere persentasie van die stemme kry geld van die staatskas sal
ontvang. Soos hulle onder andere in die VSA doen. Wonder net waar die
geld vandaan sal kom - die geld wat daar is, is al oorge-'commit' soos
dit is.

So ek glo nie dat die ANC per se betrokke is by die bankrowe nie. Heel
moontlik MK's, Polisiemanne, weermag, nigeriers, mosambiekers en soos jy
sê recces en koevoet'e. En elke ou wat nou sy kans sien om vinnig 'n
paar rand te maak want die kanse om gevang te word is baie laag.

Maar dat sommige van die onstnapte bankrowers genoeg gutzpa het om by 'n
minister se partytjie op te daag - vat die koek. En dan daarmee weg te
kom ...

Cheers
Lou
Re: Bankrowe [boodskap #12488 is 'n antwoord op boodskap #12433] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dat afrikaners nou so oor 'n munt se party moet staan en redeneer !?!

| Ek glo hom dat hy nie weet wie almal op die partytjie was nie.
| Ek was al op partytjies waar ek die helfte van die mense nie geken het
| nie en nooit geweet wie hulle is nie.
| Hy het verduidelik dat dit groot partytjie was en dat almal wat
| daarwas nie formeel by naam uitgenooi is nie.
| Iemand wat genooi was- en mens moet aanvaar dat iemand soos Mokaba
| baie mense sal nooi met wie hy nie persoonlike vriende is nie, maar
| wie hy eerder maar moet nooi om verhoudige goed te hou - kon die ou
| saamgebring het.
Re: Bankrowe [boodskap #12489 is 'n antwoord op boodskap #12433] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> On Fri, 06 Feb 1998 01:33:09 +0200, Lou <lo...@hotmail.ding.com> wrote:
>
> <<Maar dat sommige van die onstnapte bankrowers genoeg gutzpa het om by 'n
> >minister se partytjie op te daag - vat die koek. En dan daarmee weg te
> >kom ...>>>
>
> My "gripe" daarmee is dat Mokaba (van wie ek nie juis baie hou nie)
> nou daarvoor aangeval word.
> Ek glo hom dat hy nie weet wie almal op die partytjie was nie.
> Ek was al op partytjies waar ek die helfte van die mense nie geken het
> nie en nooit geweet wie hulle is nie.
> Hy het verduidelik dat dit groot partytjie was en dat almal wat
> daarwas nie formeel by naam uitgenooi is nie.

Ja, ek glo hom nou nie juis self nie maar dis alaml se reg om te glo wie
hulle wil. Is die kerel nie die man vir wie een of ander minister in die
tronk gaan kuier het nie? Dis nou voordat hy ontsnap het.

Anyway - kom ons kom ooreen om te verskil.

Cheers
Lourens
Re: Bankrowe [boodskap #12490 is 'n antwoord op boodskap #12433] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John I.  is tans af-lyn  John I.
Boodskappe: 4
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Lou wrote:
> Dit is bekend dat MK - volgens 'n ander militere kenner - dat MK in die
> Suid Wes / Angola oorlog aan die kant van Frelimo geveg het. SO ek glo
> dus dat hulle wel opgelei was in hinderlaag opstelling en uitvoering.

Hierdie Frelimo wat in SWA en Angola geveg het. Is dit nou dieselfde
Frelimo as die Mosambiekse weerstandsbeweging, of praat jy dalk van
Fapla? Of bedoel jy dalk eintlik Mosambiek?
Re: Bankrowe [boodskap #12529 is 'n antwoord op boodskap #12433] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie jy is heeltemal regh nie, Ferdi. SA MAAK sulke koeëls - ons
het baie 7.62 kaliber wapens (gewone en "armour piercing"). R1,2 en 3 en
AK47's is 7.62 kaliber. Jy kan waarskynlik 'n hele sakvol 7.62 koeëls vir
niks optel in Alexandra/Soweto/Guguletu... Ek volg nie die argument oor
die ouderdom van die koeëls nie - bedoel jy dit kom van die ou regeringsdae
af? Ek moet sê Griet se implikasie dat die Weermag op een of ander manier
verantwoordelik is vir die rowe ontstel my nogal.

Dries Venter

Ferdi wrote in article
...
> On 2 Feb 1998 17:46:16 GMT, "griet" wrote:
>
> > beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets"
>>>
>
> Kry nuwe brille, Griet.
> Kyk wyer as die spieel.
> Daai koeels word nie eers in SA gemaak nie.
> Dit kom waarskynlik van die VSA of Rusland af.
> Vandaar in watter netwerk ookal.
>
> So, net om vir jou op te som dat jy mooi verstaan:
> 1. SA maak nie sulke koeels nie.
> 2. Die VSA en Rusland lewer nie koeels net aan die SA Weermag nie.
> Indien hulle enigsins koeels aan die SA weermag lewer.
>
> ( - wat sover ek weet steeds 7.62 kaliber gebruik (is dit reg?) en as
> ek reg onthou, dan pas 7,62 nie in AK's nie.)
>
> Onthou dan sommer ook om in te reken hoe oud die koeels is, want
> Griet, as dit so 5 jaar oud is Griet, dan moet jy asb. tog net weer na
> jou argument kyk. Hmmm, Griet?
>
Re: Bankrowe [boodskap #12530 is 'n antwoord op boodskap #12433] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Feb 1998 12:23:18 GMT, "Dries Venter" wrote:

het baie 7.62 kaliber wapens (gewone en "armour piercing"). >>[/color]

Waar word dit gemaak? Deur wie?

niks optel in Alexandra/Soweto/Guguletu... Ek volg nie die argument oor[/color]
> die ouderdom van die koeëls nie - bedoel jy dit kom van die ou regeringsdae
> af? >>>

Die volgende (in die lyn van haar argument, want ek koop die SAW
argument geheel en al nie): As die koeels 5 jaar oud is, wat nie
onmoontlik is nie, dan lei haar argument mos logies na mense wat in
die ou weermag was?

>>[/color]

Jy kan glo wat jy wil en ontsteld raak oor wat jy wil, maar jy behoort
vrae te vra en krities te dink oor sulke stories.
Re: Bankrowe [boodskap #12544 is 'n antwoord op boodskap #12433] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Feb 1998 12:23:18 GMT, "Dries Venter" wrote:

het baie 7.62 kaliber wapens (gewone en "armour piercing"). R1,2 en 3 en[/color]
> AK47's is 7.62 kaliber. Jy kan waarskynlik 'n hele sakvol 7.62 koeëls vir
> niks optel in Alexandra/Soweto/Guguletu... Ek volg nie die argument oor
> die ouderdom van die koeëls nie - bedoel jy dit kom van die ou regeringsdae
> af? Ek moet sê Griet se implikasie dat die Weermag op een of ander manier
> verantwoordelik is vir die rowe ontstel my nogal.>>

For the record:
Ek het intussen gaan uitvind: Internet en iemand wat ek ken wat lank
oorlog gemaak het in Namibie":
Lyk my die AK is 7.62 kaliber (Internet-inligting).
Maar AK koeels pas nie op R1, R2 en R3 nie.
AK en R4 en R5 se koeels lyk my pas oor en weer op mekaar.
Re: Bankrowe [boodskap #12545 is 'n antwoord op boodskap #12433] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
John I. wrote:
>
> Lou wrote:
>> Dit is bekend dat MK - volgens 'n ander militere kenner - dat MK in die
>> Suid Wes / Angola oorlog aan die kant van Frelimo geveg het. SO ek glo
>> dus dat hulle wel opgelei was in hinderlaag opstelling en uitvoering.
>
> Hierdie Frelimo wat in SWA en Angola geveg het. Is dit nou dieselfde
> Frelimo as die Mosambiekse weerstandsbeweging, of praat jy dalk van
> Fapla? Of bedoel jy dalk eintlik Mosambiek?

Ok Fapla - jammer - my militere geskiedenis was nog nooit juis goed nie.
Moes hulle eintlik eerder Savimbie se mense genoem het dan kon nie einti
verkeerd gegaan het nie.
Re: Bankrowe [boodskap #12546 is 'n antwoord op boodskap #12433] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
.
> On 8 Feb 1998 12:23:18 GMT, "Dries Venter"
> wrote:
>
> - ons
>> het baie 7.62 kaliber wapens (gewone en "armour piercing"). >>
>
Korrek, behalwe vir "armour piercing" (Pantserbreek) kry mens in 14.5mm,
20mm en groter.

> Waar word dit gemaak? Deur wie?
>
Denel, Musgrave, PMC, Norma, Winchester, S&B ens. Verkrygbaar by jou naaste
wapenhandelaar. (behalwe pantserbreek wat nie in klein kalibers beskikbaar
is nie.)

> AK47's is 7.62 kaliber. >>
>
> Wat ek onthou van die R1 is dat die AK koeel nie daarin pas nie. Maar
> dat die R1 koeel wel in die AK pas.
>
Selfde kaliber, net dopgroote wat verskil.

>> Ek volg nie die argument oor
>> die ouderdom van die koeëls nie - bedoel jy dit kom van die ou regeringsdae
>> af? >>>
> Die volgende (in die lyn van haar argument, want ek koop die SAW
> argument geheel en al nie): As die koeels 5 jaar oud is, wat nie
> onmoontlik is nie, dan lei haar argument mos logies na mense wat in
> die ou weermag was?
>
Die Weermag gebruik die afgelope 16 jaar R4 gewere wat 'n 5.56 kaliber is.
Slegs Kommandolede word hoofsaaklik met R1 gewere uitgereik.

> > verantwoordelik is vir die rowe ontstel my nogal.>>>
>
Nee wat, as daar wel R1 patrone gebruik is, is dit seker lede van die
kommando's d.w.s. meestal boere. (Dalk om te vergoed vir misoeste,
herverdeling van grond ens.)
Re: Bankrowe [boodskap #12567 is 'n antwoord op boodskap #12433] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Feb 1998 12:06:30 +0200, Henri-John Kock
wrote:

>

Ja. En dit lyk asof oud-MK mense heel waarskynlik betrokke is.

Die probleem le egter met verbasende aantal spronge wat gemaak word
wanneer by oud-MK-lede begin (MK bestaan natuurlik lank nie meer nie)
word en binne 'n sin word daar geeindig by n konklusie wat die naam
"ANC regering" dra.

Dis soos om te argumenteer dat toe Pietie du Plessis "gesteel" het,
was hy 'n NP-minister en dat hy dit dus in opdrag van die NP-president
gedoen het omdat die NP geld nodig gehad het vir die 1994 verkiesing.

Ek wonder soms of Griet toe ook die soort argumente gevoer het.
Re: Bankrowe [boodskap #12568 is 'n antwoord op boodskap #12433] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Dit is bekend dat MK - volgens 'n ander militere kenner - dat MK in die
>> Suid Wes / Angola oorlog aan die kant van Frelimo geveg het. SO ek glo
>> dus dat hulle wel opgelei was in hinderlaag opstelling en uitvoering.
>
> Wel, siende dat Frelimo die Mosambiekse bevrydingsbeweging was wat teen die
> Portugese geveg het, Plaas dit hierdie "kenner" se "kennis" nogal onder
> verdenking...
>
> H-J

Pick a finger Henri - wat de hell pick sommer twee. :)

Ok ek sê weer vir die onder ons wat nie my vorige terugtrekking gelees
het nie. Die ANC het saam met Apla, FAPLA (wie ook al teen Savimbie
geveg het) - dus onder ander saam met die Kubane - en het dus hinderlaag
ondervinding. Doef! Dankie. :)

Nie dat dit juis veel van hulle ondervinding sou sê nie. SO saam met
die Kubane en alles.

Lou
Re: Bankrowe [boodskap #12569 is 'n antwoord op boodskap #12433] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Feb 1998 12:06:30 +0200, Henri-John Kock
wrote:

>

Ja. En dit lyk asof oud-MK mense heel waarskynlik betrokke is.

Die probleem le egter met verbasende aantal spronge wat gemaak word
wanneer by oud-MK-lede begin (MK bestaan sover ek weet lank nie meer
nie) word en binne 'n sin word daar geeindig by n konklusie wat die
naam "ANC regering" dra.

Dis soos om te argumenteer dat toe Pietie du Plessis "gesteel" het,
was hy 'n NP-minister en dat hy dit dus in opdrag van die NP-president
moes gedoen het omdat die NP geld nodig gehad het vir die 1994
verkiesing.

Ek wonder soms of Griet toe ook die soort argumente gevoer het.
Re: Bankrowe [boodskap #12570 is 'n antwoord op boodskap #12433] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Ok Fapla - jammer - my militere geskiedenis was nog nooit juis goed nie.
> Moes hulle eintlik eerder Savimbie se mense genoem het dan kon nie einti
> verkeerd gegaan het nie.

:-) jammer Lou, maar jy't nou net verkeerd gegaan. Jonas Savimibi is die
leier van UNITA, wat teen die MPLA regering van Joao dos Santos rebelleer.
Hulle het eers saam tee die portugese geveg (sover ek weet), en toe teen mekaar
begin baklei toe die portugese uit was. Die VSA en Suid Afrika het UNITA
ondersteun, terwyl die MPLA (FAPLA) kubaanse en indirek Sowiet ondersteuning
gehad het.

In elkgeval, ek aanvaar die kern van jou stelling wat sê dat seker MK lede saam
met FAPLA geveg het. Die feit dat daar ANC kampe in Angola bestaan het (kamp
Quattro is die mees berugte) maak dit vir my 'n heel aanvaarbare ding. Ek is
ook seker dat ANC lede ook in oorlogvoering opgelei was (Nelson Mandela het sy
opleiding onder andere in Ethiopië ontvang, volgens sy boek). Die kuns van die
hinderlaag is 'n redelik basiese ding en ek is seker dat selfs onder primitiewe
omstandighede soldate in die opstel van 'n hinderlaag opgelei sal wees.

Oor die ammunisie: PMP (Pretoria Metal Pressings) maak sover ek weet al die
weermag se kleingeweerammunisie. Die AK-47 en die 7.62 NATO (.308) kalibers
verskil wel, en kan nie geruil word nie, omdat die koeëldoppe nie dieselfde
grootte is nie. Dis in elkgeval nie die kalibers waarmee die huidige weermag
toegerus is nie, omdat 5.56mm nou gebruik word. Die AK-47 word ook nou in 'n
kleiner kaliber vervaardig, sover ek weet ook 5.56mm of iets in daardie orde.
Ou weermagwapens sal egter nog steeds in omloop wees en dit is dus denkbaar dat
van hulle in die rooftogte gebruik is.

H-J
Re: Bankrowe [boodskap #12590 is 'n antwoord op boodskap #12433] Wo, 11 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote:

> Ek dink soms dit baie daarmee te doen.
> Die pers is bietjie laks deesdae en hardloop te maklik agter
> persepsies aan in plaas daarvan om die persepsies te gaan toets aan
> die werklikheid.

Aah ! Nou kom ons by iets interessants uit.

Wil jy nie a.s.b. vir ons 'n bietjie die sluier lig op wat die nuusindustrie
dryf nie ? Die populêre (hier gaan ons) persepsie is dat sensasie goeie
verkoopsyfers beteken. Ek sal jou koerant graag as voorbeeld wil gebruik: die
dag wat Challenger ontplof het, het hulle 'n groot volkleurfoto op die
voorblad gehad. Die koerante was redelik vroeg al uitverkoop.

Wat maak 'n gebeurtenis nuuswaardig ? Is dit iets wat die redakteur dink
gepubliseer moet word, is dit iets wat in die openbare belang is, of is dit
net bloot gebaseer op wat die redakteur dink mense wil lees ? As dit geval #3
is, wil ek voorstel dat dit 'n kringloop veroorsaak: die redakteur dink mense
wil bv. blou kolletjies op die i hê, dus word die koerant so gepubliseer.
Mense raak gewoond aan die blou kolletjies, en hou dan op om die koerant te
koop as die kolletjies ewe skielik swart word. Simpel voorbeeld, maar ek dink
dit illustreer die punt. Ook: die "slant", gesigspunt of wat dit ookal genoem
word van 'n berig, hoe word dit bepaal ? bv. die Pretoria News publiseer baie
berigte met aanhalings van mense wat op die toneel was. Dit wil egter vir my
voorkom asof hulle aanhalings baiemaal eensydig is, en nie bv. 'n neutrale
getuie se siening publiseer nie.

Kan jy dalk lig in die duisternis bring ?

H-J
Re: Bankrowe [boodskap #12591 is 'n antwoord op boodskap #12433] Wo, 11 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Feb 1998 09:36:28 +0200, Henri-John Kock
wrote:

het die pers (dis nou nie 'n persoonlike steek in jou rigting nie) te[/color]
> doene met die feit dat daar sulke spronge gemaak word ? "Trial by Press"
> dink ek is wat die amerikaners dit noem.>>

Ek dink soms dit baie daarmee te doen.
Die pers is bietjie laks deesdae en hardloop te maklik agter
persepsies aan in plaas daarvan om die persepsies te gaan toets aan
die werklikheid.
Re: Bankrowe [boodskap #12592 is 'n antwoord op boodskap #12433] Wo, 11 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote:

> kyk...)>>
>
> Ja. En dit lyk asof oud-MK mense heel waarskynlik betrokke is.
>
> Die probleem le egter met verbasende aantal spronge wat gemaak word
> wanneer by oud-MK-lede begin (MK bestaan sover ek weet lank nie meer
> nie) word en binne 'n sin word daar geeindig by n konklusie wat die
> naam "ANC regering" dra.

Ek dink jy's reg oor die feit dat MK nie meer bestaan nie (behalwe as daar
nou weer een of ander sameswering tussen die Broederbond, die Sioniste en
die Piesanggroeiiersvereniging is ). Ek sien jou punt in oor die spronge
wat gemaak word om die rowe direk te verbind met die regering. Daar is
volgens my kennis geen getuienis, behalwe omstandigheidsgetuienis wat dalk
kan dui op 'n moontlike konneksie met iemand in die ANC. Ek wonder hoeveel
het die pers (dis nou nie 'n persoonlike steek in jou rigting nie) te
doene met die feit dat daar sulke spronge gemaak word ? "Trial by Press"
dink ek is wat die amerikaners dit noem.

> Dis soos om te argumenteer dat toe Pietie du Plessis "gesteel" het,
> was hy 'n NP-minister en dat hy dit dus in opdrag van die NP-president
> moes gedoen het omdat die NP geld nodig gehad het vir die 1994
> verkiesing.

Ons kan maar net wonder. Dis vir my interessant dat die vorige regering 'n
minister in die tronk laat beland het. Kan dit wees dat hy nie meer in die
president se goeie boekies was nie ? Dis in elkgeval 'n ander draad
hierdie...

> Ek wonder soms of Griet toe ook die soort argumente gevoer het.

Heel moontlik nie.

H-J
Vorige onderwerp: President Mandela is nou blykbaar 'n voorstander van die apartheid geword
Volgende onderwerp: Re: goeie griet !!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:19:55 MGT 2024