Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Die polisie laat my onveilig voel
Die polisie laat my onveilig voel [boodskap #119671] Sa, 08 Mei 2010 14:47
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die polisie laat my onveilig voel

deur Onveilig van Pretoria
2010-05-06 23:09

My 19-jarige suster is op Vrydagaand, 30 April 2010, op pad terug van
’n partytjie in Rustenburg deur “polisiemanne” van die pad afgetrek.

Hulle het die SAPD-bussie waarmee hulle gery het se ligte afgeskakel,
my suster uit haar motor gepluk en haar handsak en selfoon probeer
afvat.

Hulle wou hê sy moet in hul bussie klim. Hulle het haar rondgestamp en
deurgesoek.

Toe sy ’n kans kry om my pa te bel wat op ’n plaas daar naby bly en
nie die eerste keer antwoord kry nie, het hulle haar uitgelag.

Sy het weer probeer en my pa was dadelik op pad.

Die sogenaamde polisiemanne het die pad gevat toe hulle hoor iemand is
daarheen op pad!

My pa het dadelik na ’n polisiekantoor gegaan waar hulle ook vir hom
gelag het toe hy daarop aandring om te weet watter van hul voertuie
uit was en wie aan diens was.

Hulle het gedreig om hom in hegtenis te neem as hy nie loop nie en een
het selfs sy rewolwer uitgehaal toe my pa aandring op inligting en
hulp.

Watter soort korrupte polisiediens het ons as die polisie sulke goed
aanvang en boonop weier om te help?

Ek voel glad nie veilig in hierdie land nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Die-polisie-laat-my-onve ilig-voel-20100506
Vorige onderwerp: ‘Ek haat wittes,’ skree generaal glo ná soldaat kollega aanspreek
Volgende onderwerp: Wie is die 'ons' wat SA moet laat werk?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:50:19 MGT 2024