Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Wie is die 'ons' wat SA moet laat werk?
Wie is die 'ons' wat SA moet laat werk? [boodskap #119672] Sa, 08 Mei 2010 17:38
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wie is die 'ons' wat SA moet laat werk?

deur Jan Brand, Queensland
2010-05-07 14:11

Voor die 17de eeu het die inwoners aan die suide van Afrika van die
land geleef. Meestal gejag en veldkosse ge-eet. Verder het die land on-
ontwikkeld gelê. Vir eeue.

Van vordering uit eie inisiatief was daar weinig te sien.

Toe kom die blankes hier aan om 'n beter lewe,weg van die vervolging
oor hul Christenskap, te probeer uitwerk. Hierdie mense was al verder
gevorder op die beskawingspad as die inwoners wat hulle toe in Afrika
kom ontmoet.

Die blankes het toe reeds op eie stoom hulself so verbeter dat hulle
'n redelike beskawing hier kon vestig. Maar in Afrika het alles tot
nog toe maar redelik stil gestaan.

Daar was duidelike kultuurverskille tussen die nuwe aankomelinge en
die bevolking van Afrika en hierdie verskille sou uiteindelik, na jare
uitloop op die begrip “apartheid" waarvoor die blanke, en hoofsaaklik
die “Afrikaner”, as die muishond van die wêreld beskou sou word.

Hierdie kultuurverskille was so divers dat dit nooit met mekaar sou
kon vereenselwig word nie, en so loop dit uiteindelik, na jare van
wrywing, getalle-druk en wêrelddruk daarop uit dat die ANC beheer
oorneem.

Hierna is vordering maar stadig en totaal uit balans aangesien 'n paar
bevoorregtes met duur swart motors ry terwyl die res van die ANC
kiesers steeds swaarkry.

En betoog oor swak dienslewering doen hulle goed. Brandende motors en
buitebande en omgekeerde vuilgoeddromme is aan die orde.

Maar kom verkiesingstyd is die ou haat teen alles wat blank is steeds
daar en dit wys in die uitslae. Die regering word die geleentheid
gegee om maar weer voort te ploeter. Vir onbevoegdheid kry apartheid
skuld. Soms grens dit aan belaglikheid maar dit lyk of die massas dit
glo.

Hulle regeer Eskom, spoorweë, lugdiens,onderwys, paaie, uitsaai,
gesondheidsdienste en someer bankrot maar hulle bly regeer. Die
getalle is aan hul kant. En die prestasie-bonusse vir bogenoemde word
gereeld betaal.

Nou, vir 'n geruime tyd al, sien ek die neiging van blankes, en sekere
rubriekskrywers dat ons tog almal moet saamwerk sodat ons die “nuwe”
Suid-Afrika kan laat slaag. Baie edele gedagte van dié slimmes maar
daarmee het ek een probleempie. Wie is hierdie “ons” waarvan hulle so
geredelik praat.

Enige blanke wie die ANC kritiseer oor swak regering word as
rassisties uitgekryt. Maar as Malema die boere wil laat uitmoor moet
hy liggies oor die vingers getik word. Of die weermagoffisier wat in
sterk taal nie van blankes hou nie is geensins rassisties nie.

Seker ook buite konteks aangehaal. Dit moet seker in konteks gesien
word soos my volgende punt demonstreer. Een van die sogenaamde
Afrikaners skryf anderdag in die pers van die misdaad in Suid-Afrika
wat nou so danig buite konteks aangehaal word. Dié slim meneer haal
syfers oor misdaad aan en kom tot die gevolgtrekking dat slegs 0,87%
van die moorde op boere gepleeg word.

Maar wie vermoor die boere. Seker die “ons” waarvan almal so praat.
Die “ons” wie moet saamwerk dat Suid-Afrika kan vooruit gaan. Ek dink
“ons” moet uit die samelewing verwyder word sodat “ons” minder misdaad
kan pleeg.

En dan vry Malema en Zuma nog ernstig na Ou Bob oorkant die rivier.
Blykbaar het die ou nog iewers in sy agterkop 'n plan om
grondonteiening te laat werk. Hulle moet hom nog net oortuig om ook sy
plan duidelik te maak.

Ons kinders het goed aangepas hier in Australië en het nie planne om
gou terug te gaan nie. Die rede - hul veiligheid. In Suid-Afrika sou
hulle waarskynlik al deel van die misdaadstatistieke wees as hulle
deel wou wees van die “ons” waarvan party ouens so maklik praat.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/JouStorie/Wie-is-die-ons-wat-SA -moet-laat-werk-20100507
Vorige onderwerp: Die polisie laat my onveilig voel
Volgende onderwerp: Bejaardes van Bfn erg aangerand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:12:26 MGT 2024