Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vrou baklei nog ná skoot in kop
Vrou baklei nog ná skoot in kop [boodskap #119659] Vr, 30 April 2010 15:09
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-04-29 12:02

Mev. Suna Steenberg "fight nog die fight".

So het mnr. Jurie Steenberg gesê oor sy vrou wat bykans twee weke
gelede deur misdadigers op hul kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos
van Pretoria, in die kop geskiet is.

Mev. Steenberg (43) is sedert die aanval in ’n koma. Volgens haar man
is haar toestand bedenklik, maar stabiel.

Sy haal op haar eie asem en haar hartklop en bloeddruk is stabiel.

Sy word in die hoësorg-eenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria
behandel.

Sedert daardie Vrydag wat ’n onbekende hoeveelheid aanvallers sy vrou
en sy ma, mev.
Poppie Steenberg (75), oorval en sy vrou in die kop, hand en been
geskiet het, waak hy en sy skoon­ouers, mnr. en mev. Flip (69) en
Magriet (66) Buitendach om die uur by haar bed.

“Ons word oorval deur oproepe van mense landwyd wat wil weet hoe dit
met Suna gaan,” het Steenberg gesê.

“Ons waardeer dit baie, maar smeek mense net om nie op te hou bid
nie.”– Hilda Fourie

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-baklei-nog-n%C3%A 1-skoot-in-kop-20100429
Vorige onderwerp: 2 Swartes vermoor wit man en kom weg oor polisiefout
Volgende onderwerp: Onwettig van Zimbabwe tot in Suid-Afrika... in net 15 sekondes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:40:50 MGT 2024