Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 2 Swartes vermoor wit man en kom weg oor polisiefout
2 Swartes vermoor wit man en kom weg oor polisiefout [boodskap #119658] Vr, 30 April 2010 15:07
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
( CCTV materiaal en fotos op http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/2-vry-oor-polisiefout- 20100428
)

Wit man vermoor deur swartes, verdagte moontlik seun van polisie
beampte, ondersoekbeampte verdwyn...

--------------------------

2 vry oor polisiefout

Vermoor: Mnr. Willie Pienaar

Virginia Keppler

Twee mans wat aangekeer is kort nadat hulle ’n man van Kwaggasrand in
Pretoria glo doodgeskiet en beroof het, is vrygelaat omdat die polisie
hulle nooit aangekla het nie.

Die polisie het ook tot gister nie die beeldmateriaal van die toneel
waar mnr. Willie Pienaar (24) op 10 April vermoor is by ’n kafee-
eienaar voor wie se onderneming dit gebeur het, gaan haal nie.

Daarop sien ’n mens hoe die vermeende moordenaars aangestap kom en hoe
een van hulle vinnig met ’n vuurwapen om Pienaar se motor loop.

Twee kinders is ook te sien wat die moord gesien gebeur het toe hulle
uit die kafee kom.

Die polisie het dié beeldmateriaal eers gister, nadat Beeld en
AfriForum begin navraag doen het, gaan afhaal.

Boonop het die ondersoekbeampte spoorloos verdwyn en is die polisie op
soek na hom.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het
gesê Pienaar se suster, me. Yolandie Pienaar, het hulle genader om met
die ondersoek te help.

Drie mans het mnr. Pienaar op 10 April by die Kwaggasrand-
winkelsentrum voor die kafee in sy voertuig aangeval kort nadat hy
geld by ’n Absa-kitsbank getrek het.

Sy suster het kort ná sy moord gesê hy het pas in sy motor geklim toe
een van die aanvallers hom om die nek gegryp en in die kop geskiet
het.

Die aanvallers het sy lyk daarna uit sy voertuig gegooi, dit
deurgesoek en sy motorsleutels, selfoon en beursie geroof voordat
hulle probeer vlug het.

Gemeenskapslede het die verdagtes, onderskeidelik 27, 28 en 30 jaar
oud, kort daarna aangekeer en erg aangerand.

Insp. Daniël Mavimbela, polisiewoordvoerder, het ná die voorval gesê
die 30-jarige verdagte is dood en dat die polisie op ’n vuurwapen en
patrone beslag gelê het.

Volgens ’n bron het die ondersoekbeampte in die saak egter nooit die
verdagtes aangekla nie en die dag toe hulle in die hof verskyn, was ’n
dossier nog nie aangelê nie.

“Die saak is toe summier uit die hof gegooi en die verdagtes het
losgekom.”

Volgens die bron het die ondersoekbeampte spoorloos verdwyn.

Hy het bygevoeg een van die verdagtes is na bewering die seun van ’n
beampte in die departement van korrektiewe dienste.

Kapt. Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het bevestig die
ondersoekbeampte het versuim om die verdagtes aan te kla en hulle is
vrygelaat.

Hy het ook bevestig die beampte het verdwyn en die polisie is op soek
na hom.

“Die polisie ondersoek intussen ’n saak van wangedrag teen die
ondersoekbeampte.”

Die polisie is ook opnuut op soek na die vermeende moordenaars en hoop
om hulle gou weer agter tralies te hê, het Ndlazi gesê.

Me. Pienaar het gesê haar familie is erg ontsteld oor die
verwikkelings.

Volgens Kelder is dit ’n skande dat moordenaars as gevolg van die
polisie se nalatigheid weer op straat is.

“Ons beskou hierdie optrede van die polisie in ’n baie ernstige lig.
Ons gaan vir seker ’n klag by die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD)
indien om die saak ook van hul kant af te ondersoek.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/2-vry-oor-polisiefout- 20100428
Vorige onderwerp: Nie so opgewonde oor vryheid
Volgende onderwerp: Vrou baklei nog ná skoot in kop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 09:22:27 MGT 2024