Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Puntradio
Puntradio [boodskap #11159] So, 02 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Het enigiemand al na puntradio geluister?
Dis die nuwe afrikaanse geselsradio op 1332Khz mediumgolf.
Ek huur 'n motor in Kaapstad en toevallig is die radio daarop ingestel.
Toevalligheid of briljante bemarking, ek weet nie.

Anyway dis die stasie waar Piet Koornhof en Pik Botha gaan dj speel.

Piet se slot se naam is punt in die geskiedenis, of so iets.

Ek wonder toe of Piet sy bydrae tot die TRC via puntradio gaan maak.

(Iemand help: was hy minister van bantoesake? of was dit plurale
betrekkinge?)

Ek dink die stasie gaan dalk 'n welkome verandering op Afrikaans stereo
wees. Kom ons hou duimvas.

Al is dit nou net om te lag oor die gekhede van has-been politici.

Volgens een van die dj's het hulle reeds na twee dae op die lug 'honderde'
oproepe ontvang.

afrikaanse sal nooit uitsterf nie.

Charl

PS: sal iemand asb 'n email adres vir die stasie pos as hulle dit te wete
kom?

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Re: Puntradio [boodskap #11164 is 'n antwoord op boodskap #11159] Di, 04 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die tuisblad se grafiese uitleg is mooi - maar die teks het dringend
taalversorging nodig!

Groete, Leendert

Jacques Strydom wrote in article ...

> ev...@sportspace.co.za wrote:
> : Het enigiemand al na puntradio geluister?
> Nog nie self nie...
>
> : PS: sal iemand asb 'n email adres vir die stasie pos as hulle dit te wete
> : kom?
>
> Ek het gou die bietjie intuisie wat ek het gebruik en probeer kyk of
> Punt Radio dalk 'n tuisblad op die WWW het. Die eerste probeerslag was
> suksesvol: http://www.punt.co.za/
> Op die bladsy word hul email adres aangegee as reg...@usa.net
>
> Groete
>
> Jacques Strydom
> str...@cs.sun.ac.za
Re: Puntradio [boodskap #11193 is 'n antwoord op boodskap #11159] Do, 06 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Charl Durand" writes: >
>

toe bel die np omie en sê wel nou stem ek vir
> tony. voetsek marthinus.

Wie is Marthinus?

>
> sings of the times. dis _ook_ nogal iets om marthinus, ons nuwe hoofleier sy
> voet dertigmaal in een sin te hoor opvreet. (haai gloudina! wat is 'n mooi
> uitdrukking vir 'putting his foot in it?)

Hi Charl. Hoekom vra jy nou vir my?
Miskien "'n bok skiet" ?

Gloudina
Re: Puntradio [boodskap #11214 is 'n antwoord op boodskap #11159] Vr, 07 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Regal Colyn  is tans af-lyn  Regal Colyn
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir die komentaar oor Punt Geselsradio. Ek is Regal Colyn aanbieder
van die Internet Tegnologie program op Dinsdagaande. Laat my weet as julle
enige taal probleme met ons WEB bladsy optel. Die epos adres reg...@usa.net
is my privaat adres en by volgende week sal julle die aanbieders en ook die
stasie kan epos. Die program skedule is nou beskikbaar op die WEB.

Punternet Groete

Regal Colyn

Jacques Strydom wrote in message ...
> ev...@sportspace.co.za wrote:
> : Het enigiemand al na puntradio geluister?
> Nog nie self nie...
>
> : PS: sal iemand asb 'n email adres vir die stasie pos as hulle dit te wete
> : kom?
>
> Ek het gou die bietjie intuisie wat ek het gebruik en probeer kyk of
> Punt Radio dalk 'n tuisblad op die WWW het. Die eerste probeerslag was
> suksesvol: http://www.punt.co.za/
> Op die bladsy word hul email adres aangegee as reg...@usa.net
>
> Groete
>
> Jacques Strydom
> str...@cs.sun.ac.za
Vorige onderwerp: Ek trek dit terug!
Volgende onderwerp: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 07:25:55 MGT 2024