Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?)
Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11160] So, 02 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Luister nou net na "Kommentaar" op Radiosondermense. 'n Program waarin die
week se nuusgebeure in oënskou geneem word. Die program is "politiek korrek"
in die fynste besonderhede, en die deelnemers daaraan word deur Pollux in
Rapport gereeld as "poefters en paaiers" (= mense wat gatkruip by die
regering) uitgevreet. Vanaand se P&P was Harald Pakendorf en Tim Du Plessis
van (Drog) -Beeld - albei gereelde deelnemers, wat in die verlede erg in
(veral) Afrikaners se kele afgeklim het, en heel konsekwent vir die ANC
hande geklap het.

Wat my getref het, was dat daar vanaand van poef en paai weinig sprake - die
twee het aanmekaar hul "bekommernis" uitgespreek.

Daar was nog wat hierdie week gebeur het, maar ek volstaan met vier items:

Storie 1

So 'n maand ot twee gelede het Wen (as ek reg onthou) verwys na berigte oor
die ANC se finansiële probleme.

Hy het toe voorspel dat ons weer 'n reeks bankrowe sou kry.

Dit was nie twee weke later nie, toe word R18 milj geroof in 'n uiters
professionele rooftog op die pad tussen Pretoria en Bronkhorstpruit.

Een van die verdagtes wat gevang is, is geidentifiseer as 'n voormalige
MK-lid. Hierdie week besoek die minister van veiligheid en sekuriteit,
Sidney Mufamadi, die verdagte in die sentrale gevangenis in Pretoria.
Politieke opponente van alle kante kry die piep daaroor.

Die P&P is nie tevrede met die minister se verduideliking nie. Hulle wys op
twee of drie vorige "vreemde" optredes van die minister in soortgelyke
situasies

Storie 2

Die hoof-ondersoekbeampte van die Waarheids- en Versoekingskommissie word in
getuienis betrek by die slagting by die Heidelbergtaverne. Sedertdien is
daar ook gerugte dat sy huis gebruik is om APLA-soldate op te lei.

Die P&P (tot dusver groot aanhangers van die WVK) stem saam die integriteit
van die kommissie "ernstig in gedrang" is (as ek die woorde reg onthou.)

Storie 3

'n Beskuldigde in 'n bankroof word uitgeken as 'n baie bekende digter en
kunstenaar in die swart gemeenskap - die "peoples poet".

Storie 4

Die onderwyswysigingswet word aanvaar met bepalinge wat belangrike
menseregtekwessies (die reg van ouergemeenskappe om onderwysers in skole aan
te stel) nie beheer nie, maar aan die minister oorhandig om na goeddunke te
besluit.

Die P&P verwys daarna dat dieselfde gebeur het in die onlangse wet op
medisyne, waar die minister die reg verkry om na goedunke patenteg op
medisyne ter syde te stel.

Die P&P wys daarop dat ons hierdie soort "regering per regulasie" veral
onder die laaste jare van die NP-regering gekry het - en dat dit toe beskou
is as toonbeeld van hoe die regstaat ondergrawe is.

"The more things change, the more they stay the same": Vanaand se
"Kommentaar" het my amper herinner aan "Sake van die Dag" met AM van Schoor.
Nou as die poefters en paaiers so begin praat, klink dit bietjie laat in die
dag.

Groete, Leendert
Re: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11172 is 'n antwoord op boodskap #11160] Wo, 05 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article ...

> On Wed, 5 Nov 1997 12:21:04 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>> Wat beteken die woord "heel" vir jou, soos in "heel konsekwent"?>>>
>
> Lees dit presies soos jy dit bedoel het.
>

In daardie geval, vriend, (en in die geval van enigeen wat die
kwalifiserende betekenis van "heel" begryp) is jou beskuldigings van leuens
ongegrond en kwaadwillig, en skuld jy my 'n verskoning (uit vorige ervaring
weet ek egter om dit nie van jou te verwag nie.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11173 is 'n antwoord op boodskap #11160] Wo, 05 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Beste Koos,

Wat beteken die woord "heel" vir jou, soos in "heel konsekwent"?

Groete, Leendert

Koos wrote in article ...

> On Sun, 2 Nov 1997 22:49:44 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > van (Drog) -Beeld - albei gereelde deelnemers, wat in die verlede erg in
>> (veral) Afrikaners se kele afgeklim het, en heel konsekwent vir die ANC
>> hande geklap het.>>>
>
> Ek het hulle ook gelees, waarskynlik meer as jy. En langer.
> En met van hulle gepraat.
> En die uitlating van jou diskwalifiseer jou ten volle om enigsins
> ernstig opgeneem te word as jy oor hulle praat.
>
> Dis soos om te se: "Leendert van Oostrum het in die verlede heel
> konsekwent die AWB ondersteun en hul beginsels onderskryf."
>
Re: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11174 is 'n antwoord op boodskap #11160] Wo, 05 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article ...

> On Wed, 5 Nov 1997 12:37:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Sodoende kleur jy die uitlating wat jy dan aanhaal vir die leser nog
> voor jy die aanhaling gee.
>
> Soos jy gedoen het.

Waar, wanneer, en oor wie het ek dit gedoen?

>
> As jy nie weet dat dit sleg is om te lieg oor mense op die wyse nie,
> is dit laat in die lewe om dit probeer leer, veronderstel ek. Dan sal
> jy seker maar so voortgaan.

Oor leuens vertel oor ander kan ek jou niks leer nie, Koos. Dit het ons al
in die verlede gesien, nie waar nie.

Blykbaar is jy ook nie in staat om die funksionele ongeletterdheid te bowe
te kom wat jou noop om dinge te lees wat nie geskryf is nie. ('n Herhalende
probleem by jou, wat ander ook al uitgewys het, soos ek onthou. Daar is
deesdae oulike kursusse beskikbaar in die regering se program vir adult
basic education. Dis bedoel om geletterdheidsagterstande soos joune te help
inhaal.)

Drink nog 'n dop, Koos, dalk help dit.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11176 is 'n antwoord op boodskap #11160] Wo, 05 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 5 Nov 1997 16:20:35 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Re: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11177 is 'n antwoord op boodskap #11160] Wo, 05 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 5 Nov 1997 12:37:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Re: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11178 is 'n antwoord op boodskap #11160] Wo, 05 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 2 Nov 1997 22:49:44 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

van (Drog) -Beeld - albei gereelde deelnemers, wat in die verlede erg in[/color]
> (veral) Afrikaners se kele afgeklim het, en heel konsekwent vir die ANC
> hande geklap het.>>>

Ek het hulle ook gelees, waarskynlik meer as jy. En langer.
En met van hulle gepraat.
En die uitlating van jou diskwalifiseer jou ten volle om enigsins
ernstig opgeneem te word as jy oor hulle praat.

Dis soos om te se: "Leendert van Oostrum het in die verlede heel
konsekwent die AWB ondersteun en hul beginsels onderskryf."
Re: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?) [boodskap #11217 is 'n antwoord op boodskap #11160] Vr, 07 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling heeft geschreven in bericht
...
> On Wed, 5 Nov 1997 16:20:35 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
[color=blue]>
Vorige onderwerp: Puntradio
Volgende onderwerp: "Nag" deur THEO WASSENAAR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:15:39 MGT 2024