Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Lied vir Gavin
'n Lied vir Gavin [boodskap #12297] Sa, 24 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Reënerige oggend in Pennington
'n lied vir gavin

Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën

druppels wat die see dof vee

deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde

Gavin sê dis sy drome
wat waar word

ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel

maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word

as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders

gavin, karin sê
sy wil nog koffie hê.
Re: 'n Lied vir Gavin [boodskap #12316 is 'n antwoord op boodskap #12297] So, 25 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Pragtig :-) Dis net wat ons Kultuur nodighet. Meer prag soos die.
Re: 'n Lied vir Gavin [boodskap #12361 is 'n antwoord op boodskap #12297] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Johan" writes: > Gloudina,
> Wie's die skrywer?
>
> Johan
>
> @igs.net wrote in article ...
>>
>>
>> Reënerige oggend in Pennington
>> 'n lied vir gavin
>

Die digter se naam is Charl Durand.
Re: 'n Lied vir Gavin [boodskap #12362 is 'n antwoord op boodskap #12297] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Wie's die skrywer?

Johan

@igs.net wrote in article ...
>
>
> Reënerige oggend in Pennington
> 'n lied vir gavin
Vorige onderwerp: "Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Waatlemoen" uit "Kroniek van Kristien" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 06:28:46 MGT 2024