Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN
"Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #12281] Vr, 23 Januarie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SPROKIE VAN DIE SPIKKELKOEI
D.J.Opperman

Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.

Ek stoot hom oor'n krans,
hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.

Smeer vet aan 'n klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -

sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip...
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik.
Vorige onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: 'n Lied vir Gavin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:27:21 MGT 2024