Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: ant & grasshoppers
Re: ant & grasshoppers [boodskap #11929] Do, 25 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
FanTim[2]  is tans af-lyn  FanTim[2]
Boodskappe: 14
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Key Bored wrote in message ...
|
|Wel, dis wat jy sê. Maar kyk hoe gemaklik gebriuk jyy nog daai wit
|apartheidswoordjie, "anderskleuriges". (Isn't it strange, that it is
|always black people who are the "ander" colour??)

Sal jy beter voel as ek hulle "korrek gekleurd" noem?

|
| Die probleem is dat van die met wie ek
|>saamgewerk het, slegs +-30% regtig die werk kon doen. So ons skep net 'n
|>groter probleem om links en regs poste aan te bied aan mense wat nie
|>gekwalifiseerd is nie. Kyk maar wat in die regering aan die gang is.
|>Konsultante links en regs om die regering te "help".
|
|Hmmm.. ek is self een van hulle... Ek hoop dat my dienste _werklik
|help, en nie aanhalingstekentjies rondom nodig het nie... 8-)

Die "" is nie op konsultante gemik nie. Ek is ook een. Dit is gemik
op die beleid wat so iets nodig maak.

|
|Maar ek moet se dat die feit dat ek as konsultant met sekere
|regeringsdepartemente werk, NIKS se oor hul kompetensie or the lack of
|it nie... Ek word gebruik omdat
|
|(1) ek sekere vaardighede (navorsing edm) het wat nie geredelik binne
|die regering beskikbaar is nie
|
|(2) omdat dit vir hulle goedkoper is om my te betaal wanneer hulle my
|noig het ipv my op die payroll te sit
|
|(3) ek self verkies om onafhanklik en buite die regering te bly en te
|kies vir wie ek werk.
|
|My ervaring van regeringsdepartemente op die oomblik strook glad nie
|met joune nie. Op die oomblik sou ek se ek is baie beindruk met die
|kaliber nuwe swart amptenare wat inkom - meeste van hulle het goeie
|universiteitsgrade, en is besonder gemotiveerd.

Goed so. My stellings is gemik op sommiges van die wat hoe staats
poste gekry het sonder die nodige vaardigheid.

Alhoewel daar
|natuurlik 'n hele paar onproduktiewe en oneffektiewe amptnare onder
|hulle geledere is... Maar in die algemeen, in my ervaring, is daar
|veel meer onproduktiewe, verbeeldinglse, lui en gewoon incompetent
|_blanke_ amptenare. Baie van hulle is natuurlik bloot mense wat uit
|die ou regering oorgeneem is..

Dit sal niemand mee kan stry nie. Dank die donners af. Hulle mors my
en jou belasting geld.

Soos die tyd verbygaan neem baie van
|hulle pakette en maak plek vir nuwe swart _en_ wit amtenare.
|
|So oor die algemeen dink ek jou opsomming van regstellende aksie is
|baie veralgemenend.
|
|Nie dat daar nie probleme is nie. Maar myns insiens is die probleem
|slegs erg as RA op sy eis toegepas word op 'n opportunistiese en
|"token" probleem; maw wanneer dit winkelvenster-regstelling is. Dit
|skep baiekeer veel meer probleme binne die werkskonteks, veral wanneer
|opgekropte resentment onder blanke geledere oor RA later afsug en
|resentment teen die nuwe swart anstellings veroorsaak.

Ongelukkig is dit die ondervinding wat ek van AA het. Ek is bly om te
hoor dat dit nie orals die geval is nie.

|
|En dit gebeur dat swak swart persone dan in middle management posisies
|in blanke firmas aangestel word. Partykeer wonder ek hoekom... 'n
|swart persoon wat weet hy/sy is nie die jop werd nie is natuurlik baie
|maklik manipuleerbaar van bo, en sal nooit werklik in staat wees om
|blanke magstrukture in 'n firma of organisasie te bevraagteken nie.

Hier moet ek jou gelyk gee. In baie gevalle is dit die maatskapye se
skuld. Hulle stel, soos jy tereg se "token" mense aan wat
gemanipuleer kan word.

|
|
|Wel, niemand het jou gevra om dit te doen nie... Die feit dat jyy nou
|optree asof die probleem van ongelykheid in SA so aangespreek word,
|wys dat jy wel die wereld vanuuit 'n geprivilgeerde en wit perspektief
|beskou.

Dit WORD verwag van ons, of het jy nie na Mandela se toespraak
geluister nie? Ek oordryf wel 'n bietjie maar dit is die kern
boodskap wat hy oorgedra het.

|
|Die Afrikaner is natuurlik nie die enigste geprivilgeerdes onder ons
|nie. Myns insiens het Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners selfs
|meer voordeel uit apartheid getrek.
|
|Dis juis hoekom ek jou gevra het hoekom jy die hoed aantrek 8-)
|

Omdat ek jou gevra het hoe ek(of die gemiddelde afrikaner baat gevind
het. Jy het hierdie voorbeeld genoem.

|Wel, die toets is eintlik die mate waartoe ons aanhou om onregverdige
|voordele op onregverdige of opportunistiese wyse te verdedig. En
|dis slegs deels 'nn morele toets. Die oorleweing van ons nuwe
|bestel, en die moontlikheid van 'n vreedsame bestaan, hang af daarvan
|of ons 'n groot genoeg deel van ons swart medeburgers daarvan kan
|oorreed dat hulle ook baat vind by ons nasionale kompromie. 'n
|Selfsugtige vasklou aan onregverdige voordele op opportunistiese en
|onregverdige wyse, 'n rugdraai op mense wat bereid is om jou 'n kans
|te gee, is myns insiens kortsigtig.

Verduidelik wat jy bedoel met "nasionale kompromie". Miskien verstaan
ek jou verkeerd op hierdie punt en kan ek 'n beter begrip kry.

Groete

Neels
Re: ant & grasshoppers [boodskap #11930 is 'n antwoord op boodskap #11929] Do, 25 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"FanTim" wrote:

> Ek sal met jou moet saamstem oor die ongelykheid. Die probleem is, ons moet
> hierdie situasie oplos. En volgens wat ek hoor van die regering se kant af,
> sal dit opgelos word deur 'n ander soort ongelykheid te skep. 'n "Reverse"
> apartheid soos sommiges dit noem. Ek het geen probleem daarmee om anders
> kleuriges in top posisies te sien of om op 'n alledaagse manier met anders
> kleuriges saam te werk nie.

Wel, dis wat jy sê. Maar kyk hoe gemaklik gebriuk jyy nog daai wit
apartheidswoordjie, "anderskleuriges". (Isn't it strange, that it is
always black people who are the "ander" colour??)

Die probleem is dat van die met wie ek
> saamgewerk het, slegs +-30% regtig die werk kon doen. So ons skep net 'n
> groter probleem om links en regs poste aan te bied aan mense wat nie
> gekwalifiseerd is nie. Kyk maar wat in die regering aan die gang is.
> Konsultante links en regs om die regering te "help".

Hmmm.. ek is self een van hulle... Ek hoop dat my dienste _werklik
help, en nie aanhalingstekentjies rondom nodig het nie... 8-)

Maar ek moet se dat die feit dat ek as konsultant met sekere
regeringsdepartemente werk, NIKS se oor hul kompetensie or the lack of
it nie... Ek word gebruik omdat

(1) ek sekere vaardighede (navorsing edm) het wat nie geredelik binne
die regering beskikbaar is nie

(2) omdat dit vir hulle goedkoper is om my te betaal wanneer hulle my
noig het ipv my op die payroll te sit

(3) ek self verkies om onafhanklik en buite die regering te bly en te
kies vir wie ek werk.

My ervaring van regeringsdepartemente op die oomblik strook glad nie
met joune nie. Op die oomblik sou ek se ek is baie beindruk met die
kaliber nuwe swart amptenare wat inkom - meeste van hulle het goeie
universiteitsgrade, en is besonder gemotiveerd. Alhoewel daar
natuurlik 'n hele paar onproduktiewe en oneffektiewe amptnare onder
hulle geledere is... Maar in die algemeen, in my ervaring, is daar
veel meer onproduktiewe, verbeeldinglse, lui en gewoon incompetent
_blanke_ amptenare. Baie van hulle is natuurlik bloot mense wat uit
die ou regering oorgeneem is.. Soos die tyd verbygaan neem baie van
hulle pakette en maak plek vir nuwe swart _en_ wit amtenare.

So oor die algemeen dink ek jou opsomming van regstellende aksie is
baie veralgemenend.

Nie dat daar nie probleme is nie. Maar myns insiens is die probleem
slegs erg as RA op sy eis toegepas word op 'n opportunistiese en
"token" probleem; maw wanneer dit winkelvenster-regstelling is. Dit
skep baiekeer veel meer probleme binne die werkskonteks, veral wanneer
opgekropte resentment onder blanke geledere oor RA later afsug en
resentment teen die nuwe swart anstellings veroorsaak.

En dit gebeur dat swak swart persone dan in middle management posisies
in blanke firmas aangestel word. Partykeer wonder ek hoekom... 'n
swart persoon wat weet hy/sy is nie die jop werd nie is natuurlik baie
maklik manipuleerbaar van bo, en sal nooit werklik in staat wees om
blanke magstrukture in 'n firma of organisasie te bevraagteken nie.

> Hmmmm. Jy is miskien reg, maar ek dink nie so nie. Ek het geen sterk
> ideologiese sieninge nie. My siening is dat ek die beste vir myself wil he,
> sover as wat ek dit moontlik kan bekostig. As my buurman net 'n VW Golf kan
> bekostig en ek ry 'n BMW, moet ek my BMW verkoop, 'n Toyota koop en hom 'n
> paar rand gee sodat hy ook 'n Toyota kan koop?

Wel, niemand het jou gevra om dit te doen nie... Die feit dat jyy nou
optree asof die probleem van ongelykheid in SA so aangespreek word,
wys dat jy wel die wereld vanuuit 'n geprivilgeerde en wit perspektief
beskou.

>> Jy sal maar net op
>> allerhande maniere probeer om tog maar die laaste woord te he.

> Nee wat, ek probeer nie altyd die laaste woord in te kry nie, maar as ek
> nie met jou saamstem nie, dan sal ek so se.

En dis natuurlik jou goeie reg 8-)

> My terme was ook algemeen dws Ek het bedoel die Blanke Afrikaner bevolking.

Die Afrikaner is natuurlik nie die enigste geprivilgeerdes onder ons
nie. Myns insiens het Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners selfs
meer voordeel uit apartheid getrek.

>>
>> Anyway, , kom ons vat 'n maklike een - plaasarbeid. White
>> farmers in SA have pursued an approach - and lobbied for policies -
>> that have kept farm labour cheap, servile, dependent and expendable.

> Ja ek stem saam met jou hier. Die probleem is wel dat ek geen aandeel
> hierin gehad het nie.

Dis juis hoekom ek jou gevra het hoekom jy die hoed aantrek 8-)

> Ek weet dat baie mense sal se dat indirek deel gehad
> het omdat ek plaas produkte goedkoper kon kry as wat ek sou as boere hulle
> werkers meer betaal het end minder gemeganiseer het. Wel, volgens my is dit
> 'n pot snot.

Wel, 'n baie groot pot. Meganisasie en die ander beleidsrigtings wat
blanke boere op die manier bevoordeel het, het gelei na meer
oneffektiewe boerdery, en veel hoe"r produksiepryse. Op die oomblik
betaal jy heelwaarskynlik meer vir jou sny brood as wat jy sou betaal
as ons 'n boerderystelsel gehad het waarin ons, in plaas van 'n paar
duisend blanke boere, vier, vyf maal so veel klein swart boere in die
Overberg en die swartland gehad het. Want daaai sny brood sluit
natuurlik die rente op die banklening waarmee die boer sy harvester
gekoop het in, en dis daai rente wat een van die boer se grootste
lopende kostes is.

> Ja ek het goed groot geword in Suid Afrika, dit is nou maar 'n
> feit. Maar om nou apartheid en derglike probleme voor my(algemene term -
> jong blanke suid afrikaners) deur te kom le is 'n bietjie vergesog.

Wel, die toets is eintlik die mate waartoe ons aanhou om onregverdige
voordele op onregverdige of opportunistiese wyse te verdedig. En
dis slegs deels 'nn morele toets. Die oorleweing van ons nuwe
bestel, en die moontlikheid van 'n vreedsame bestaan, hang af daarvan
of ons 'n groot genoeg deel van ons swart medeburgers daarvan kan
oorreed dat hulle ook baat vind by ons nasionale kompromie. 'n
Selfsugtige vasklou aan onregverdige voordele op opportunistiese en
onregverdige wyse, 'n rugdraai op mense wat bereid is om jou 'n kans
te gee, is myns insiens kortsigtig.

Dit is baie moeilik om op te hou om met arrogante houding en
baasweesmentaliteit wat ons (en hier sluit ek myself in) van ons
ouers en grootouers geleer het. En dit beteken wel baie opgee.
Miskien nie jou BM nie. Miskien maar net 'n sekere selfvoldaanheid
oor ons sentrale plek as blanke mans in die skema van dinge. Maar my
ervaring is dat dit die moeite werd is, vir die eenvoudige rede dat ek
maklike en meer vreedsaam met my medemens oor die weg kan kom.

> NB. Geseende Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar aan julle almal.

Dankie; en jy ook ! 8-)

Andries
Re: ant & grasshoppers [boodskap #11936 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 26 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"FanTim" wrote:

> |Wel, dis wat jy sê. Maar kyk hoe gemaklik gebriuk jyy nog daai wit
> |apartheidswoordjie, "anderskleuriges". (Isn't it strange, that it is
> |always black people who are the "ander" colour??)

> Sal jy beter voel as ek hulle "korrek gekleurd" noem?

Veel veel slegter. Ek vind dit nogal onsmaaklik.
Ek ho

> Dit sal niemand mee kan stry nie. Dank die donners af. Hulle mors my
> en jou belasting geld.

En maak my werk moeiliker.

> |

> |Wel, die toets is eintlik die mate waartoe ons aanhou om onregverdige
> |voordele op onregverdige of opportunistiese wyse te verdedig. En
> |dis slegs deels 'nn morele toets. Die oorleweing van ons nuwe
> |bestel, en die moontlikheid van 'n vreedsame bestaan, hang af daarvan
> |of ons 'n groot genoeg deel van ons swart medeburgers daarvan kan
> |oorreed dat hulle ook baat vind by ons nasionale kompromie. 'n
> |Selfsugtige vasklou aan onregverdige voordele op opportunistiese en
> |onregverdige wyse, 'n rugdraai op mense wat bereid is om jou 'n kans
> |te gee, is myns insiens kortsigtig.

> Verduidelik wat jy bedoel met "nasionale kompromie". Miskien verstaan
> ek jou verkeerd op hierdie punt en kan ek 'n beter begrip kry.

Die NP sou hul stryd teen demokrasie ontse; die ANC sou sy ideaal van
'n suiwer "people's government" opgee. Nog die NP,nog die ANC, nog
die blanke minderheid, nog die swart meerderheid, kanmeer hoop om te
maak soos hul wil nie.

> Groete

> Neels
Re: ant & grasshoppers [boodskap #11942 is 'n antwoord op boodskap #11930] Sa, 27 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored heeft geschreven in bericht ...
> "FanTim" wrote:
>> Kyk maar wat in die regering aan die gang is.
>> Konsultante links en regs om die regering te "help".
>
> Hmmm.. ek is self een van hulle... Ek hoop dat my dienste _werklik
> help, en nie aanhalingstekentjies rondom nodig het nie... 8-)
>
> Maar ek moet se dat die feit dat ek as konsultant met sekere
> regeringsdepartemente werk, NIKS se oor hul kompetensie or the lack of
> it nie... Ek word gebruik omdat
>
> (1) ek sekere vaardighede (navorsing edm) het wat nie geredelik binne
> die regering beskikbaar is nie

Ek lei hiervan af dat 'n mens kan uitsien na bydraes wat deurdag is, en
voorsien van toepaslike bewysvoering - eerder as
vae veralgemenings of politiek korrekte slogans - nie waar nie?

>> Ek weet dat baie mense sal se dat indirek deel gehad
>> het omdat ek plaas produkte goedkoper kon kry as wat ek sou as boere hulle
>> werkers meer betaal het end minder gemeganiseer het. Wel, volgens my is dit
>> 'n pot snot.
>
> Wel, 'n baie groot pot. Meganisasie en die ander beleidsrigtings wat
> blanke boere op die manier bevoordeel het, het gelei na meer
> oneffektiewe boerdery, en veel hoe"r produksiepryse. Op die oomblik
> betaal jy heelwaarskynlik meer vir jou sny brood as wat jy sou betaal
> as ons 'n boerderystelsel gehad het waarin ons, in plaas van 'n paar
> duisend blanke boere, vier, vyf maal so veel klein swart boere in die
> Overberg en die swartland gehad het.

Hierdie model van jou voorspel dat die broodprys sal daal soos transformasie
van die landbou vorm kry.

Ek hou van sulke voorspellings. Hulle is empiries toetsbaar. (Net jammer jy
maak hulle onder 'n nom de plume - of miskien doen jy dit juis omdat jy nie
so seker is daarvan nie?)

Maar waarom spesifiek swart boere? Ek neem aan dat jy oor navorsingsgegewens
beskik wat toon dat die ras van die boer 'n beduidende effek op die
broodprys het?

> Want daaai sny brood sluit
> natuurlik die rente op die banklening waarmee die boer sy harvester
> gekoop het in, en dis daai rente wat een van die boer se grootste
> lopende kostes is.

Watter persentasie boere in die Swartland en die Overberg besit hul eie
stropers, en watter persentasie huur sulke toerusting?

>
>> Ja ek het goed groot geword in Suid Afrika, dit is nou maar 'n
>> feit. Maar om nou apartheid en derglike probleme voor my(algemene term -
>> jong blanke suid afrikaners) deur te kom le is 'n bietjie vergesog.
>
> Wel, die toets is eintlik die mate waartoe ons aanhou om onregverdige
> voordele op onregverdige of opportunistiese wyse te verdedig.

Hmmm.... Gestel 'n mens sou beweringe van onregverdige voordeel
bevraagteken. Sou dit beteken dat 'n mens "onregverdige voordele op
onregverdige of opportunistiese wyse verdedig"?

> En
> dis slegs deels 'nn morele toets. Die oorleweing van ons nuwe
> bestel, en die moontlikheid van 'n vreedsame bestaan, hang af daarvan
> of ons 'n groot genoeg deel van ons swart medeburgers daarvan kan
> oorreed dat hulle ook baat vind by ons nasionale kompromie.

Amen.

Maar die laaste ding wat enigeen gaan oortuig, is om alle gebreke van die
nuwe bestel af te skryf as "legacies of apartheid" (insluitende die
broodprys?)

> 'n
> Selfsugtige vasklou aan onregverdige voordele op opportunistiese en
> onregverdige wyse, 'n rugdraai op mense wat bereid is om jou 'n kans
> te gee, is myns insiens kortsigtig.

Volgens jou beskrywing van die "nasionale kompromie" elders, is hier
verskeie partye ter sprake wat bereid is om mekaar 'n kans te gee. Onder die
partye wat bereid is om ander "'n kans te gee", kan jy elkeen tel wat
vrywillig in die land agterbly eerder as om te emigreer.

>
> Dit is baie moeilik om op te hou om met arrogante houding en
> baasweesmentaliteit wat ons (en hier sluit ek myself in) van ons
> ouers en grootouers geleer het.

Ja. Versigtig wees met daardie "ons". Want "ons is nie almal so nie", nie
waar nie?

(Tensy 'n geneigdheid om kritiese vrae te vra ook 'n teken is van 'n
"arrogante baasweesmentaliteit".)

Groete, Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #11978 is 'n antwoord op boodskap #11929] Do, 01 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andre  is tans af-lyn  Andre
Boodskappe: 10
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
thys wrote:
>
> SE VIR MY WATSE POSETIEWE BYDRA HET DIE SWARTES VIR DIE SAMELEWING GEDOEN
> HULLE HET NIKS TOT DIE WETENSKAP BYGEDRA NIE HULLE HET NIE EERS N EIE SKRIF
> ONTWIKKEL NIE
> HULLE IS N MINDERWAARDIGE RAS EN VERDIEN OOK NIKS BETER NIE
> DIE WERELD SOU BAIE BETER SONDER HULLE KLAAR GEKOM HET
> THYS
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>> Gits Thys,
Hier raak jy nou mos n onderwerp waaroor ek al lank wonder. Ek kan ook
nie aan enige geskiedkundige mylpaal of bydrae dink nie. Kan enigeen n
voorbeeld noem?
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12006 is 'n antwoord op boodskap #11929] Di, 06 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
jopie wrote:
> Ten minste is swartmense 'n ras op hul eie. Die Afrikaner, met sy
> geskiedenis van rondslapery, kan nie eens hierop aanspraak maak nie.
> Al wat die Afrikaner vermag het, was Apartheid. Tot in ewigheid sal
> hierdie twyfelagtige prestasie al wees waaraan die wereld Afrikaners
> sal onthou (let wel, ''onthou'', want hul toekoms is onseker). Hulle
> het geen ander noemenswaardige bydrae tot enigiets gemaak nie.
>
> Jopie

TROLL!!!!!!!
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12007 is 'n antwoord op boodskap #11929] Di, 06 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"thys" wrote:
>
>> SE VIR MY WATSE POSETIEWE BYDRA HET DIE SWARTES VIR DIE SAMELEWING GEDOEN
>> HULLE HET NIKS TOT DIE WETENSKAP BYGEDRA NIE HULLE HET NIE EERS N EIE SKRIF
>> ONTWIKKEL NIE
>> HULLE IS N MINDERWAARDIGE RAS EN VERDIEN OOK NIKS BETER NIE
>> DIE WERELD SOU BAIE BETER SONDER HULLE KLAAR GEKOM HET
>> THYS

Ou Thys, die skrif wat jy gebruik, is ontwikkel
deur mense wat nie wit velle gehad het nie. Mense
kon skryf toe jou wit voorsate nog taamlik primitief
was. Dis nou een van die mites van die "wit man" uit
Europa dat alles hulle oorsprong in Europa gehad het.
Wiskunde kon eers bloei toe die Arabiese getal-stelsel
uit die Middel Ooste in Europa ingevoer is en ons
bekend gestel is aan die konsep zero.

Gloudina
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12008 is 'n antwoord op boodskap #11929] Di, 06 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jopie is in 'n geesteswroeging gewikkel. Sien my pos re: VYAND/BANG. Jopie
is PRESIES die Afrikaner na wie ek verwys. Hy's skaam vir sy eie
taal/kultuur/verlede. Hy probeer so hard om ander te oortuig hy's nie
Afrikaans nie, of dat hy nie omgee nie, dat dit 'n duidelike ROOILIG op sy
kop is ... vir ander Afrikaners, en vir opregte Engelse. Jopie is jammerlik
omdat hy nie weet waarheen of hoe nie. Jopie is herkomsloos en haweloos.
Geen VERLEDE nie, en geen TOEKOMS nie.

Jopie: sonder 'n verlede kan jy geen toekoms he nie my vriend. Jy weet wie
jy is, maar jy ontken dit so sterk, ander bejammer jou. Al het jy nie sulke
goeie Afrikaans gebruik nie, sou dit steeds kristalherder gewees het dat jy
Afrikaans is, en van jouself praat. Wanneer jy se Afrikaners het nog nooit
iets behaal nie, is dit net seerkry wat praat. Hou op met die
swartgalligheid en leef! Erken wie jy is! Wees trots daarop!

Lou wrote in message ...
> jopie wrote:
>> Ten minste is swartmense 'n ras op hul eie. Die Afrikaner, met sy
>> geskiedenis van rondslapery, kan nie eens hierop aanspraak maak nie.
>> Al wat die Afrikaner vermag het, was Apartheid. Tot in ewigheid sal
>> hierdie twyfelagtige prestasie al wees waaraan die wereld Afrikaners
>> sal onthou (let wel, ''onthou'', want hul toekoms is onseker). Hulle
>> het geen ander noemenswaardige bydrae tot enigiets gemaak nie.
>>
>> Jopie
>
> TROLL!!!!!!!
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12010 is 'n antwoord op boodskap #11929] Di, 06 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
>> SE VIR MY WATSE POSETIEWE BYDRA HET DIE SWARTES VIR DIE SAMELEWING GEDOEN
>> HULLE HET NIKS TOT DIE WETENSKAP BYGEDRA NIE HULLE HET NIE EERS N EIE SKRIF
>> ONTWIKKEL NIE
>> HULLE IS N MINDERWAARDIGE RAS EN VERDIEN OOK NIKS BETER NIE
>> DIE WERELD SOU BAIE BETER SONDER HULLE KLAAR GEKOM HET
>> THYS

Ten minste is swartmense 'n ras op hul eie. Die Afrikaner, met sy
geskiedenis van rondslapery, kan nie eens hierop aanspraak maak nie.
Al wat die Afrikaner vermag het, was Apartheid. Tot in ewigheid sal
hierdie twyfelagtige prestasie al wees waaraan die wereld Afrikaners
sal onthou (let wel, ''onthou'', want hul toekoms is onseker). Hulle
het geen ander noemenswaardige bydrae tot enigiets gemaak nie.

Jopie
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12012 is 'n antwoord op boodskap #11929] Di, 06 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"thys" wrote:

> SE VIR MY WATSE POSETIEWE BYDRA HET DIE SWARTES VIR DIE SAMELEWING GEDOEN
> HULLE HET NIKS TOT DIE WETENSKAP BYGEDRA NIE HULLE HET NIE EERS N EIE SKRIF
> ONTWIKKEL NIE
> HULLE IS N MINDERWAARDIGE RAS EN VERDIEN OOK NIKS BETER NIE
> DIE WERELD SOU BAIE BETER SONDER HULLE KLAAR GEKOM HET
> THYS
> Leendert van Oostrum wrote in message ...

Uh - is hierdie ou ernstig? Ek wl nou nie vir 'n troll val nie 8-)

Anneries
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12020 is 'n antwoord op boodskap #11929] Wo, 07 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
jo...@fourie.com (jopie) wrote:

> Ja, ek IS skaam vir die kultuur en verlede waaruit ek kom. Enigeen wat
> daarop trots is, ken niks anders nie.

Solank jy glo daar is iets soos "Afrikaner kultuurgoedere" of "die
Afrikaner", ja. Maar dan val jy mooitjies vir die nasionalistiese
mite wat deur generasies Apartheidsdenkers (amper se ek varkies,
Gloudina!) opgekook is: dat daar ooit so iets soos 'n enkele, homogene
Afrikanerkultuur is.

Ek sien myself nie as 'n AfrikanER nie (daai is mos 'n soort hoefdier)
maar wel as AfriKAANS.

Ek praat 'n taal wat uit die kombuis, die wingerd en die slawekwartier
voortgebruis het, 'n taal wat deur 'n klomp bombastiese wit
middelklasmans as hul eie toege-eien, witgeverf en verhollands is,
maar wat ten spyte van hul pogings tog voortleef - kom visit maar hier
in die Kaap. En daar is baie kultuurgoedere wat deur ander
Afrikaansprekende gemeenskappe bygedra is (koop gerus die nuwe Errol
Diaz CD) wat mens maar lekker kan geniet. Miskien as blanke
Afrikaanse kan jy nie so maklik TROTS wees daarop nie (ek weet nie van
jou nie maar ek jazz maar sleg) maar deelneem en geniet kan jy.

Stiek yt,
Andries

ie Afrikaner se kultuurgoedere
> is deur sogenaamde Afrikaner intellektuele vasgewikkel in politieke
> agendas en staan boonop reaksioner teenoor alles wat nie-Afrikaans en
> nie-Afrikaner is. Lees maar tussen die lyne as die populere
> Voortrekkergeskiedenis in oenskou geneem word. Dis in werklikheid
> geskryf in bloed - met 'n ophemeling van geweld - maar word voorgehou
> as 'n edel stryd. Dieselfde geld die Afrikaner se stryd teen die
> Engelse en meer onlangs teen alles wat swart en nie-Europees is. Gaan
> besoek maar enige plattelandse dorp of Afrikaanse voorstad. Dis
> skrikwekkend hoe daar nog onbeskaamd gepraat word van k@ff&rs,
> hotnots, m&!de en koelies. Dis 'n laertrek-mentaliteit wat na binne
> kyk en hul oe sluit vir alles daarbuite. Ek het ook al gekyk wat binne
> die laer aangaan. Daar is nie veel te sien nie, net 'n wapenfabriek
> teen die volgende aanslag.

>> Geen VERLEDE nie, en geen TOEKOMS nie.

> Die verlede is wel daar, dit wat hierbo genoem word. Ek wil dit nie he
> nie, en ek is nie trots daarop nie. My enigste kans op 'n toekoms is
> om dit te onthou, en dan af te skryf, te verdoem en dit te verwyder
> uit my sosiale, kulturele en geestelike gedragskode. Sedert die dag
> toe ek besluit het om te kyk wat buite die laer aangaan, het my
> toekomsopsies tienvoudig toegeneem. maar ek dink nie jy weet waarvan
> ek praat nie.

> Wanneer jy se Afrikaners het nog nooit
>> iets behaal nie, is dit net seerkry wat praat. Hou op met die
>> swartgalligheid en leef! Erken wie jy is! Wees trots daarop!

> Ek weet beslis wie ek is, en ek IS trots daarop. Ek mag Afrikaans
> praat (dis maar net 'n taal), maar ek kan nie meer my met die
> Afrikaner assosieer nie. Dit het 'n twyfelagtige verlede en 'n baie
> swak toekoms, want daar is tans meer as 40 miljoen Suid-Afrikaners
> waarvan die meeste net die slegte kant van die Afrikaner ken. Iewers
> is groot fout as 'n etniese groep (lees Afrikaners) driekwart van die
> land se bevolking nie kan verdra nie (behalwe as dit by tuinwerk of
> klerewas kom), en boonop hul kultuur en geskiedenis grond op 'n
> geestelike en fisieke stryd teen hulle. As jy nie verstaan wat ek hier
> skryf nie, ken jy OF die Afrikaner maar bitter swak OF jy is
> volwaardig een van hulle.

> Jopie
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12021 is 'n antwoord op boodskap #11929] Wo, 07 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Jopie is in 'n geesteswroeging gewikkel. Sien my pos re: VYAND/BANG. Jopie
> is PRESIES die Afrikaner na wie ek verwys. Hy's skaam vir sy eie
> taal/kultuur/verlede.
Ja, ek IS skaam vir die kultuur en verlede waaruit ek kom. Enigeen wat
daarop trots is, ken niks anders nie. Die Afrikaner se kultuurgoedere
is deur sogenaamde Afrikaner intellektuele vasgewikkel in politieke
agendas en staan boonop reaksioner teenoor alles wat nie-Afrikaans en
nie-Afrikaner is. Lees maar tussen die lyne as die populere
Voortrekkergeskiedenis in oenskou geneem word. Dis in werklikheid
geskryf in bloed - met 'n ophemeling van geweld - maar word voorgehou
as 'n edel stryd. Dieselfde geld die Afrikaner se stryd teen die
Engelse en meer onlangs teen alles wat swart en nie-Europees is. Gaan
besoek maar enige plattelandse dorp of Afrikaanse voorstad. Dis
skrikwekkend hoe daar nog onbeskaamd gepraat word van k@ff&rs,
hotnots, m&!de en koelies. Dis 'n laertrek-mentaliteit wat na binne
kyk en hul oe sluit vir alles daarbuite. Ek het ook al gekyk wat binne
die laer aangaan. Daar is nie veel te sien nie, net 'n wapenfabriek
teen die volgende aanslag.

> Geen VERLEDE nie, en geen TOEKOMS nie.

Die verlede is wel daar, dit wat hierbo genoem word. Ek wil dit nie he
nie, en ek is nie trots daarop nie. My enigste kans op 'n toekoms is
om dit te onthou, en dan af te skryf, te verdoem en dit te verwyder
uit my sosiale, kulturele en geestelike gedragskode. Sedert die dag
toe ek besluit het om te kyk wat buite die laer aangaan, het my
toekomsopsies tienvoudig toegeneem. maar ek dink nie jy weet waarvan
ek praat nie.

Wanneer jy se Afrikaners het nog nooit
> iets behaal nie, is dit net seerkry wat praat. Hou op met die
> swartgalligheid en leef! Erken wie jy is! Wees trots daarop!

Ek weet beslis wie ek is, en ek IS trots daarop. Ek mag Afrikaans
praat (dis maar net 'n taal), maar ek kan nie meer my met die
Afrikaner assosieer nie. Dit het 'n twyfelagtige verlede en 'n baie
swak toekoms, want daar is tans meer as 40 miljoen Suid-Afrikaners
waarvan die meeste net die slegte kant van die Afrikaner ken. Iewers
is groot fout as 'n etniese groep (lees Afrikaners) driekwart van die
land se bevolking nie kan verdra nie (behalwe as dit by tuinwerk of
klerewas kom), en boonop hul kultuur en geskiedenis grond op 'n
geestelike en fisieke stryd teen hulle. As jy nie verstaan wat ek hier
skryf nie, ken jy OF die Afrikaner maar bitter swak OF jy is
volwaardig een van hulle.

Jopie
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12022 is 'n antwoord op boodskap #11929] Wo, 07 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
jopie wrote in message ...
>
>
>> Jopie is in 'n geesteswroeging gewikkel. Sien my pos re: VYAND/BANG. Jopie
>> is PRESIES die Afrikaner na wie ek verwys. Hy's skaam vir sy eie
>> taal/kultuur/verlede.
> Ja, ek IS skaam vir die kultuur en verlede waaruit ek kom. Enigeen wat
> daarop trots is, ken niks anders nie.

My oordeel hieroor is gegrond op jarelange verblyf in twee lande benewens SA
en die aanleer van verskeie nie-SA tale met die gepaardgaande
kultuurblootstelling.

En my oordeel is die teenoorgestelde van joune.

Dit lyk my dit is eerder daardie outjies wat niks anders ken nie (behalwe
die selektiewe beeld van Afrikaners wat in die media en die WVK voorgehou
word) wat so skaapagtig skaam kan word. Hulle kan maklik die idee kry dat a)
daar min goed in Afrikaners is en b) daar min sleg in enigeen anders is.
Maar as jy 'n bietjie onder "enigeen anders" gaan bly, dan leer jy gou dat
jy ten minste net soveel het om oor dankbaar te wees tov jou herkoms.

Behalwe natuurlik as jy Gloudina is, oënskynlik glo dat die Afrikaner die
erfsonde van die mensdom is (Een vir Azasel) en die een of ander agenda het
wat alle Afrikaners verantwoordelik wil maak vir die gebreke en sondes van
almal in die land.]

Groete, Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12032 is 'n antwoord op boodskap #11929] Do, 08 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
jopie wrote in message ...

> Almal is
> vol foute,

Hiermee is jy natuurlik heeltemal reg.

> maar om vinger te wil wys na ander (soos die Afrikaners
> graag met die ANC en hul aanhangers doen) maak nie jou eie foute reg
> of minder ernstig nie.

Hiermee is jy ook reg. 'n Mens kan self byvoeg: dieselfde geld natuurlik die
omgekeerde. Om die vinger na die Afrikaners te wys (of "die foute van die
verlede" of "legacies of apartheid") maak nie die foute van die ANC reg of
minder ernstig nie.

Dit onthef ons ook nie van ons burgerlike plig om hulle daarop te wys
wanneer hulle fouteer nie.

> Laat die ander se kinders maar betaal vir hul
> vaders se sondes.

Ook hier stem ek saam. Mits ons dit nie voorhou as 'n verskoning om ons
burgerlike plig te ontduik nie - ons plig om krities deel te neem aan die
debat oor die wyse waarop die land regeer word.

>
> Maar laat ek asb ingelig word:
>
> 1. Wat spesifiek is daar aan die Afrikaner herkoms waaroor mens
> dankbaar moet wees?

Dit sou van 'n paar dinge afhang. Die belangrikste hiervan is, wat vir jou
belangrik is in die lewe. Die tweede belangrikste is, hoe bekend jy is met
die handelinge van jou voorsate (in besonder of in die algemeen). As jy uit
twaalf jaar se "Christelik Nasionale Onderwys" kom, sal jy waarskynlik nie
te goed vaar in die laaste kategorie nie - Nasionaal was dit, maar dit was
nog Christelik nog Onderwys.

Die derde spruit uit die eerste - of dit vir jou belangrik is om bekend te
word met die handelinge van jou voorsate.

Ek self is meesal dankbaar oor klein dingetjies omtrent die voorsate. Soos
byvoorbeeld, dat die hospitaal in Gabarone vandag nog die naam dra van
Deborah Retief (dogter van Piet wat haar nooiensvan teruggeneem het na 'n
egskeiding en haar lewe aan die sending, hoofsaaklik mediese sending, gewy
het.) 'n Ander een is, byvoorbeeld, aspekte van die apartheidsbeleid om jong
kinders onderwys in hul eie taal te gee. Deesdae is dit - op goeie
wetenskaplike gronde - "all the rage" in die meer progressiewe pedagogiese
kringe, veral in die VSA (tot groot ontsteltenis van die konservatiewes
daar). Daar is baie sulke dingetjies waarvan ek nogal hou.

Maar, soos ek sê, dit hang af van wat vir 'n mens belangrik is.

>
> 2. Wat is die selektiewe beeld wat van Afrikaners voorgehou word?

Ook hier hang dit af: - van die media wat jy gebruik. Die selektiewe beeld
wat jy van die SABC kry verskil van die een wat jy, sê maar, van Die Partiot
of Die Afrikaner kry - maar albei is selektief en, op verskillende maniere,
ewe afbrekend.

Waar dit die WVK aangaan lê die selektiwiteit onder andere daarin dat ons,
byvoorbeeld, Vlakplaas behoorlik deurgetrap het. Maar dit lyk nie of ons
iets gaan hoor van, byvoorbeeld, Quatro nie.

Die selektiwiteit lê vir my juis daarin dat dit voorkom asof mense (in die
WVK and die media) nie saamstem met jou aanvangstelling nie, waar jy
verklaar "Almal is vol foute". Dit is immermaar die ander party wat vol
foute is.

Wat ek interessant vind, is dat jy (volgens jou uitspraak) ook jou eie
voorsate as "die ander party" beskou en dieselfde met hulle doen.

Vriendelike groete,

Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12033 is 'n antwoord op boodskap #11929] Do, 08 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Dit lyk my dit is eerder daardie outjies wat niks anders ken nie (behalwe
> die selektiewe beeld van Afrikaners wat in die media en die WVK voorgehou
> word) wat so skaapagtig skaam kan word. Hulle kan maklik die idee kry dat a)
> daar min goed in Afrikaners is en b) daar min sleg in enigeen anders is.

Ek het nooite gese daar is min sleg in enigeen anders nie. Almal is
vol foute, maar om vinger te wil wys na ander (soos die Afrikaners
graag met die ANC en hul aanhangers doen) maak nie jou eie foute reg
of minder ernstig nie. Laat die ander se kinders maar betaal vir hul
vaders se sondes.

Maar laat ek asb ingelig word:

1. Wat spesifiek is daar aan die Afrikaner herkoms waaroor mens
dankbaar moet wees?

2. Wat is die selektiewe beeld wat van Afrikaners voorgehou word?

Jopie
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12038 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...

> Hmmm. Nou wie is 'n voorsaat en wie is nie. As my voorsitters aan
> die een kant Lutze en Sternbergs insluit sowel as, aan die ander kant,
> 'n Susanna van Mombassa, kan ek hulle ALMAL eer? Ek dink nie so nie.

Soos ek tevore oor hierdie onderwerp opgemerk het - dit sou afhang van wat
vir jou in die lewe belangrik is.

Wat my meer interesseer, is dat jy oënskynlik hier probeer om te onderskei
tussen twee of drie kategorieë voorsate. Die enigste kriterium van
onderskeid wat ek kan uitmaak is etnisiteit. Daar is geen verwysing na,
byvoorbeeld, karaktertrekke of dade nie.

Die noodwendige implikasie is dat jy voorsate eer (of nie) op grond van hul
etniese verband.

Insiggewend.

Groete, Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12039 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...

> Daar was wel 'n deeglike (alhoewel nie deeglik genoeg nie) voorlegging
> deur die ANC oor Quattro, terwyl die NP alles ontken het ivm
> vlakplaas. Wie is nou selektief?

Soos jy tereg aandui, die voorlegging oor Quattro was nie deeglik genoeg
nie. Die WVK se ondersoek daarna was ook nie deeglik genoeg nie. Geeneen van
die daders is byvoorbeeld geroep nie, en geeneen het na vore gekom nie.

In die geval van Vlakplaas (en verwante situasies) is die daders weldeeglik
ondervra, en die besonderhede van die saak uitgepluis. Ongeag of die NP
daarvoor wil pa staan of nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12040 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M J MULLER  is tans af-lyn  M J MULLER
Boodskappe: 9
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
ek bedoel swartes van afrika
nie ander beskaafde volke nie
@igs.net wrote in message ...
> "thys" wrote:
>>
>>> SE VIR MY WATSE POSETIEWE BYDRA HET DIE SWARTES VIR DIE SAMELEWING GEDOEN
>>> HULLE HET NIKS TOT DIE WETENSKAP BYGEDRA NIE HULLE HET NIE EERS N EIE SKRIF
>>> ONTWIKKEL NIE
>>> HULLE IS N MINDERWAARDIGE RAS EN VERDIEN OOK NIKS BETER NIE
>>> DIE WERELD SOU BAIE BETER SONDER HULLE KLAAR GEKOM HET
>>> THYS
>
> Ou Thys, die skrif wat jy gebruik, is ontwikkel
> deur mense wat nie wit velle gehad het nie. Mense
> kon skryf toe jou wit voorsate nog taamlik primitief
> was. Dis nou een van die mites van die "wit man" uit
> Europa dat alles hulle oorsprong in Europa gehad het.
> Wiskunde kon eers bloei toe die Arabiese getal-stelsel
> uit die Middel Ooste in Europa ingevoer is en ons
> bekend gestel is aan die konsep zero.
>
> Gloudina
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12041 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...

> Dit help egter partykeer om te onderskei tussen wat 'n fout van die
> ANC is (m a w iets wat hulle anders kon doen) en 'n erfenis van die
> verlede (iets waarmee hulle sit). Ongelukkig is baie van die probleme
> in die nuwe SA juis sulke erfenisse. Die manier waarop baie witmense
> selftevrede die probleme wat uit die wan-ontwikkeling van die verlede
> spruit, gebruik om te se die ANC fok op, is om van skaam te word.
>
> Andries

Ek dink daar is 'n logiese fout in sommige van die argumente rondom hierdie
tema.

Wanneer regeringsfoute van die hede gekritiseer word, word dit dikwels deels
of then volle gewyt aan "oorblyfsels uit die verlede", reaksionêre elemente,
ens.

M.a.w. die huidige regering staan daarop dat hy nie die enigste een is wat
die hede bepaal nie.

Insgelyks was die vorige ook nie die enigste wat die verlede bepaal het nie.

Daarbenewens moet 'n mens jou afvra of dit werklik so is dat die huidge
regering slegs foute van die vorige ge-erf het.

Daarvan gepraat, Andries: Kon jy al uitvind wat die tendense was in die
grondoppervlak in swart besit sedert 1651? Of ten minste wanneer daardie
oppervlak die kleinste was en hoe (en deur wie se toedoen) dit sedertdien
verander het?

Vriendelike groete, Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12042 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 9 Jan 1998, Leendert van Oostrum wrote:

>
> Key Bored wrote in message ...
>
>> Dit help egter partykeer om te onderskei tussen wat 'n fout van die
>> ANC is (m a w iets wat hulle anders kon doen) en 'n erfenis van die
>> verlede (iets waarmee hulle sit). Ongelukkig is baie van die probleme
>> in die nuwe SA juis sulke erfenisse. Die manier waarop baie witmense
>> selftevrede die probleme wat uit die wan-ontwikkeling van die verlede
>> spruit, gebruik om te se die ANC fok op, is om van skaam te word.
>>
>> Andries
>
> Ek dink daar is 'n logiese fout in sommige van die argumente rondom hierdie
> tema.

Afgesien van die logiese foute wat Leendert reeks uitgelig het, my
stuiwertjie in die armbeurs ..

(Jammer, ek val nou eers by die gesprek in - lees eerder die Afrikaanse
poslys - die gesprekke is (soms) van beter gehalte :-))

As mense graag insig wil kry in sommige van die ANC se "erfenisse", verwys
ek hulle graag na Ken Owen se polemiese artikel, "So what did they do in
the war, daddy?", wat in die tydskrif Leadership (Volume 16, nr. 3 1997)
verskyn het.

---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3209 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12043 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...

> Die selektiewe beeld is: dat daar hoegenaamd iets soos "die afrikaner"
> is...

Niemand het in hierdie gesprek van "die afrikaner" gepraat nie. Die term wat
gebruik is, was "Afrikaners". Ek is een, en ek ken verskeie ander.

Vriendelike groete, Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12044 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...

>> Ook hier stem ek saam. Mits ons dit nie voorhou as 'n verskoning om ons
>> burgerlike plig te ontduik nie - ons plig om krities deel te neem aan die
>> debat oor die wyse waarop die land regeer word.
>
> Wat nog debat. Om krities deel te neem aan die uitwissing van
> rassisme en ongelykheid, nie net aan die debat daaroor nie.
>
> A

1) Suggereer jy dat kritiese debat oor die wyse waarop die land regeer
word ontoelaatbaar is, of is dit net ontoelaatbaar totdat rassisme en
ongelykheid uitgewis is?

2) Is debat oor die uitwissing van rassisme en ongelykheid ontoelaatbaar?
Is dit waarom jy nog nie 'n uiteensetting van die kriteria vir ongelykheid
wou gee nie? Dit sou suggereer dat een bepaalde definsie van "ongelykheid"
(joune, die Wêreldbank s'n, Blade Msimande s'n?) die enigste toelaatbare is.
Ek sou ook graag wil verneem wat jy as rassisme beskou mits - dit
toelaatbaar is om te vra.

Vriendelike groete, Leendert
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12045 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
nos...@nospam.za (Key Bored) writes:

> Dit help egter partykeer om te onderskei tussen wat 'n fout van die
> ANC is (m a w iets wat hulle anders kon doen) en 'n erfenis van die
> verlede (iets waarmee hulle sit). Ongelukkig is baie van die probleme
> in die nuwe SA juis sulke erfenisse. Die manier waarop baie witmense
> selftevrede die probleme wat uit die wan-ontwikkeling van die verlede
> spruit, gebruik om te se die ANC fok op, is om van skaam te word.
>
> Andries

Leendert skryf:

Die tweede belangrikste is, hoe bekend jy is met
>> die handelinge van jou voorsate (in besonder of in die algemeen). As jy uit
>> twaalf jaar se "Christelik Nasionale Onderwys" kom, sal jy waarskynlik nie
>> te goed vaar in die laaste kategorie nie - Nasionaal was dit, maar dit was
>> nog Christelik nog Onderwys.

Ek sê hoor, hoor vir albei hierdie
deurdagte opmerkings.

Gloudina
>
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12046 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

>> maar om vinger te wil wys na ander (soos die Afrikaners
>> graag met die ANC en hul aanhangers doen) maak nie jou eie foute reg
>> of minder ernstig nie.

Dit help egter partykeer om te onderskei tussen wat 'n fout van die
ANC is (m a w iets wat hulle anders kon doen) en 'n erfenis van die
verlede (iets waarmee hulle sit). Ongelukkig is baie van die probleme
in die nuwe SA juis sulke erfenisse. Die manier waarop baie witmense
selftevrede die probleme wat uit die wan-ontwikkeling van die verlede
spruit, gebruik om te se die ANC fok op, is om van skaam te word.

Andries
> Ook hier stem ek saam. Mits ons dit nie voorhou as 'n verskoning om ons
> burgerlike plig te ontduik nie - ons plig om krities deel te neem aan die
> debat oor die wyse waarop die land regeer word.

Wat nog debat. Om krities deel te neem aan die uitwissing van
rassisme en ongelykheid, nie net aan die debat daaroor nie.

A

> Dit sou van 'n paar dinge afhang. Die belangrikste hiervan is, wat vir jou
> belangrik is in die lewe. Die tweede belangrikste is, hoe bekend jy is met
> die handelinge van jou voorsate (in besonder of in die algemeen). As jy uit
> twaalf jaar se "Christelik Nasionale Onderwys" kom, sal jy waarskynlik nie
> te goed vaar in die laaste kategorie nie - Nasionaal was dit, maar dit was
> nog Christelik nog Onderwys.

> ) 'n Ander een is, byvoorbeeld, aspekte van die apartheidsbeleid om jong
> kinders onderwys in hul eie taal te gee.

Hmmm, jja. Intressant genoeg is SA een van die min lande waarin daar
staatsradiostasies waarop Afrika-tale (Xhosa, Zulu, Shangaan) gepraar
word. Soos ek verstaan is Kenya bv uit en uit ingels op die radio.

Of ons hierop kan trots wees weet ek nie. Want binne daai selfde
radiobestel was radio xhosa en so aan maar die arm kinders, en het
Afrikaanse radio goed gedoen.

>> 2. Wat is die selektiewe beeld wat van Afrikaners voorgehou word?

> Ook hier hang dit af: - van die media wat jy gebruik. Die selektiewe beeld
> wat jy van die SABC kry verskil van die een wat jy, sê maar, van Die Partiot
> of Die Afrikaner kry - maar albei is selektief en, op verskillende maniere,
> ewe afbrekend.

Die selektiewe beeld is: dat daar hoegenaamd iets soos "die afrikaner"
is...

> Waar dit die WVK aangaan lê die selektiwiteit onder andere daarin dat ons,
> byvoorbeeld, Vlakplaas behoorlik deurgetrap het. Maar dit lyk nie of ons
> iets gaan hoor van, byvoorbeeld, Quatro nie.

Daar was wel 'n deeglike (alhoewel nie deeglik genoeg nie) voorlegging
deur die ANC oor Quattro, terwyl die NP alles ontken het ivm
vlakplaas. Wie is nou selektief?

> Die selektiwiteit lê vir my juis daarin dat dit voorkom asof mense (in die
> WVK and die media) nie saamstem met jou aanvangstelling nie, waar jy
> verklaar "Almal is vol foute". Dit is immermaar die ander party wat vol
> foute is.

Dissy. Meer kan ek nie saamstem nie.

> Wat ek interessant vind, is dat jy (volgens jou uitspraak) ook jou eie
> voorsate as "die ander party" beskou en dieselfde met hulle doen.

Hmmm. Nou wie is 'n voorsaat en wie is nie. As my voorsitters aan
die een kant Lutze en Sternbergs insluit sowel as, aan die ander kant,
'n Susanna van Mombassa, kan ek hulle ALMAL eer? Ek dink nie so nie.
My doen en late sou heelwaarskynlik baie van my blanke voorsate
liederlik skok. En goed so.

A
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12047 is 'n antwoord op boodskap #11929] Vr, 09 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

>> maar om vinger te wil wys na ander (soos die Afrikaners
>> graag met die ANC en hul aanhangers doen) maak nie jou eie foute reg
>> of minder ernstig nie.

Dit help egter partykeer om te onderskei tussen wat 'n fout van die
ANC is (m a w iets wat hulle anders kon doen) en 'n erfenis van die
verlede (iets waarmee hulle sit). Ongelukkig is baie van die probleme
in die nuwe SA juis sulke erfenisse. Die manier waarop baie witmense
selftevrede die probleme wat uit die wan-ontwikkeling van die verlede
spruit, gebruik om te se die ANC fok op, is om van skaam te word.

Andries
> Ook hier stem ek saam. Mits ons dit nie voorhou as 'n verskoning om ons
> burgerlike plig te ontduik nie - ons plig om krities deel te neem aan die
> debat oor die wyse waarop die land regeer word.

Wat nog debat. Om krities deel te neem aan die uitwissing van
rassisme en ongelykheid, nie net aan die debat daaroor nie.

A

> Dit sou van 'n paar dinge afhang. Die belangrikste hiervan is, wat vir jou
> belangrik is in die lewe. Die tweede belangrikste is, hoe bekend jy is met
> die handelinge van jou voorsate (in besonder of in die algemeen). As jy uit
> twaalf jaar se "Christelik Nasionale Onderwys" kom, sal jy waarskynlik nie
> te goed vaar in die laaste kategorie nie - Nasionaal was dit, maar dit was
> nog Christelik nog Onderwys.

> ) 'n Ander een is, byvoorbeeld, aspekte van die apartheidsbeleid om jong
> kinders onderwys in hul eie taal te gee.

Hmmm, jja. Intressant genoeg is SA een van die min lande waarin daar
staatsradiostasies waarop Afrika-tale (Xhosa, Zulu, Shangaan) gepraar
word. Soos ek verstaan is Kenya bv uit en uit ingels op die radio.

Of ons hierop kan trots wees weet ek nie. Want binne daai selfde
radiobestel was radio xhosa en so aan maar die arm kinders, en het
Afrikaanse radio goed gedoen.

>> 2. Wat is die selektiewe beeld wat van Afrikaners voorgehou word?

> Ook hier hang dit af: - van die media wat jy gebruik. Die selektiewe beeld
> wat jy van die SABC kry verskil van die een wat jy, sê maar, van Die Partiot
> of Die Afrikaner kry - maar albei is selektief en, op verskillende maniere,
> ewe afbrekend.

Die selektiewe beeld is: dat daar hoegenaamd iets soos "die afrikaner"
is...

> Waar dit die WVK aangaan lê die selektiwiteit onder andere daarin dat ons,
> byvoorbeeld, Vlakplaas behoorlik deurgetrap het. Maar dit lyk nie of ons
> iets gaan hoor van, byvoorbeeld, Quatro nie.

Daar was wel 'n deeglike (alhoewel nie deeglik genoeg nie) voorlegging
deur die ANC oor Quattro, terwyl die NP alles ontken het ivm
vlakplaas. Wie is nou selektief?

> Die selektiwiteit lê vir my juis daarin dat dit voorkom asof mense (in die
> WVK and die media) nie saamstem met jou aanvangstelling nie, waar jy
> verklaar "Almal is vol foute". Dit is immermaar die ander party wat vol
> foute is.

Dissy. Meer kan ek nie saamstem nie.

> Wat ek interessant vind, is dat jy (volgens jou uitspraak) ook jou eie
> voorsate as "die ander party" beskou en dieselfde met hulle doen.

Hmmm. Nou wie is 'n voorsaat en wie is nie. As my voorsitters aan
die een kant Lutze en Sternbergs insluit sowel as, aan die ander kant,
'n Susanna van Mombassa, kan ek hulle ALMAL eer? Ek dink nie so nie.
My doen en late sou heelwaarskynlik baie van my blanke voorsate
liederlik skok. En goed so.

A
Re: ant & grasshoppers [boodskap #12062 is 'n antwoord op boodskap #11929] Sa, 10 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

>> Wat nog debat. Om krities deel te neem aan die uitwissing van
>> rassisme en ongelykheid, nie net aan die debat daaroor nie.
>>
>> A

> 1) Suggereer jy dat kritiese debat oor die wyse waarop die land regeer
> word ontoelaatbaar is, of is dit net ontoelaatbaar totdat rassisme en
> ongelykheid uitgewis is?

Maar natuurlik nie. Kritiese gesprek is suurstof vir die demokrasie,
en die tendense in die ANC wat kritiek probeer doodsmoor is uiters
betreurenswaardig. Maar praat op sy eie het nooit dinge laat
verander nie; daar's doen ook.

> 2) Is debat oor die uitwissing van rassisme en ongelykheid ontoelaatbaar?

Vide supra

> Is dit waarom jy nog nie 'n uiteensetting van die kriteria vir ongelykheid
> wou gee nie?

Ag sorrie man ek was besig; ek het geoek vir 'n goeie
literatuurverwysing vir hoe die gini coefficient bereken word maar dit
gaan dol hier 8-)
Watch this space

Dit sou suggereer dat een bepaalde definsie van "ongelykheid"
> (joune, die Wêreldbank s'n, Blade Msimande s'n?) die enigste toelaatbare is.

Nee dit sou nie. Hoe meer hoe beter.

> Ek sou ook graag wil verneem wat jy as rassisme beskou mits - dit
> toelaatbaar is om te vra.

Natuurlik is dit toelaatbaar. Dit staan jou vry om so sarkasties te
wees as jy wil ook.

> Vriendelike groete, Leendert

Nog vriendeliker selfs van my kant af,
Andries
8-)
Vorige onderwerp: Re: No Rights
Volgende onderwerp: Raad teen miere??
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:46:52 MGT 2024