Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gediggie : Boeke van die Ou Testament
Gediggie : Boeke van die Ou Testament [boodskap #11105] So, 26 Oktober 1997 00:00
Arnold Graaff  is tans af-lyn  Arnold Graaff
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie gediggie is deur my Pa geskryf. Hy het, vandat ek kan onthou, altyd
'n vinnige gediggie aanmekaar geslaan. Sedert sy aftrede 'n jaar of twee
gelede het hy begin om meer ernstig na sy stokperdjie om te sien. 'n
Predikant vra hom eendag om die boek van die ou testament op te som:

BOEKE VAN DIE OU TESTAMENT:

Genesis, die woord beteken gewis,
Soos enigiets se begin is.
Eksodus, 'n uittog
Sonder oorlog.
Levitikus 'n priesterdom
Wat uit Levi kom.
Numeri is maar sommer,
'n getal of nommer.
Deuteronomium, Moses se wet;
Sekere dinge word belet.
Josua, die strateeg,
Het alles voor Israel platgeveeg.
Rigters, leiers deur God uit die volk geleen.
Dink maar aan Simson met die eselskakebeen.
Rut en Boas se verhaal,
Het Dawid se geslag bepaal.
Samuel deel een en twee,
Saul en Dawid se wel en weë.
Konings deel een en twee.
Vorstelike kronings word hier weergegee
Kronieke se twee dele.
Geslagsregisters en nog bevele.
Esra, die tempel word weer opgebou,
En met sy insig in stand gehou.
Nehemia was die koning se skinker,
Bekend vir sy gebede en ook 'n dinker.
Ester trou met Ahasveros,
En Mordegai kry 'n hoë pos.
Job se geduld word tot die uiterste gestrek,
Tog herstel God hom in sy ereplek.
Psalms wat ons van kleinsaf leer;
Verse waarmee Dawid sy God vereer.
Spreuke ervaring van 'n wyse man,
Om toe te pas waar ons kan.
Prediker wat alles tevergeefs sien,
Sê dis goed om die Here te dien.
Hooglied wat die skoonheid van die vrou besing;
Beskryf met algehele beeldspraak en verbeelding.
Jesaja was 'n groot profeet,
Het baie dinge vooruit geweet.
Jeremia het die volk vermaan,
Dat dit met hulle sleg sal gaan.
Klaagliedere oor dinge verkeerd geloop,
Maar vir die toekoms is daar tog goeie hoop.
Esegiel het die volk oor sy sonde vermaan,
En om liewer voor God op hulle knieë te gaan.
Daniël laat mens aan die leeukuil dink;
Sy geloof het vir hom sy redding beklink.
Hosea, sy huwelikslewe
was simboliek van Israel se sondige strewe.
Joël, sonder die deelteken gelees,
Sal dit heel prettig wees.
Amos 'n skaapboer van formaat,
Geroep om met die volk te praat.
Obadja moes Edom van Gods oordeel vertel,
En dat God self die vonnis sou vel.
Jona: Na drie dae in die vis se maag,
Sou hy geen kanse meer waag.
Miga, deur 'n el by sy lengte te las,
Kan hom as Migael laat pas.
Nahum word deur God aangestel,
Om sy oordeel oor Nineve te vel.
Habakuk het by God oor heersende onreg gekla;
God self sou dit nie langer verdra.
Sefanja lê klem op die Here se dag,
en totale vernietiging wat op die mensdom wag.
Haggai moes God se wens aan die volk voorhou,
Om die tempel weer op te bou.
Sagaria is deur meer as een naggesig,
Oor die opbou van Jerusalem ingelig.
Maleagi vra die volk om hulle tiendes te betaal,
Dan alleen kan hulle seën en voorspoed behaal.

A.P Graaff

--
Groete,
Arnold Graaff
Vorige onderwerp: "Reis oor die Groen Berg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Afrikaanse Gedigte vir skoliere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 00:36:13 MGT 2024