Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Reis oor die Groen Berg" deur FERDI GREYLING
"Reis oor die Groen Berg" deur FERDI GREYLING [boodskap #11070] Ma, 20 Oktober 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Reis oor die Groen Berg
Ferdi Greyling

Onder Oudtshoorn se lug wyd en blou,
spoel die aarde klipperig en bruin.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.

Hier kan jy die soet van die druiwe behou,
ingelê as verwysingspunt van jou lewenslyn.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.

Die pad see toe is 'n geelslang wat vou
om ronde klowe en oor die berg se kruin.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.

Kyk! Die beierende Klein Karoo sak nou
weg en begin later agter die berg verdwyn,
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.

Dan, agter die voetheuwels, die see se blou!
En voor dit, die goue lyn van sand en duin.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.

Ronel, op hierdie strand staan jy nou.
Jy lag en beduie weg van die pyn
hier onder jou laaste lug plat en grou -
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.
Vorige onderwerp: Get Over It
Volgende onderwerp: Gediggie : Boeke van die Ou Testament
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 15:36:55 MGT 2024