Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sweefsport
Sweefsport [boodskap #124099] So, 13 Januarie 2019 14:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sweefsport behels die gebruik van 'n ligte sweeftuig om so lank as moontlik sonder eksterne aandrywing deur die aarde se atmosfeer te sweef. Dit word deur sweefvlieëniers vanaf hoogtes in gebiede met warm opwaartse strome aangedurf. Sweef is een van die oudste lugsportsoorte en is so vroeg as 1895 al deur Otto Lillenthal in Duitsland beoefen.

Die eerste poging in sweefvlieg in Suid-Afrika is deur Goodman Household in die jare 1870 in Natal aangewend. Dit is in 1912 op ’n ander manier deur S.V. Vine naby Pretoria herhaal. Daarna was daar ’n lang verposing totdat nuwe pogings deur ’n groep amateurs aan die Rand laat in die jare 1920 gedoen is. Dit was te danke aan die ondervinding wat in Duitsland opgedoen is na die Eerste Wêreldoorlog. Sommige van hierdie pioniers het van Duitsland gekom en in Augustus 1930 is die eerste opleidingsweeftuig in die land deur die Germistonse Vliegklub gelanseer. Daarna is nog sweefproefnemings in ander dele van die Unie gedoen, sommige van hulle onder beskerming van die Suid-Afrikaanse Lugmag naby Pretoria. Amateur sweefsport is onderbreek deur die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, maar daar was ’n bevredigende oplewing sedert 1945. Behalwe aan die Rand, word die sweefkuns ook naby Kaapstad, in Natal en elders beoefen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swazi’s
Volgende onderwerp: Swellendam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:07:31 MGT 2024