Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swazi’s
Swazi’s [boodskap #124098] So, 13 Januarie 2019 13:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Swazi’s is 'n Bantoestam ook bekend as die Amangwane en verwant aan die Zoeloes. Daar is weinig verskil tussen hulle tale. Hulle bewoon die gebied tussen Natal, Transvaal en Mosambiek, bekend as Swaziland. Die oorsprong van die konings kan teruggespoor word na die 16de eeu toe Mswazi sy naam aan die stam gegee het. Die Swazi’s was ’n tyd lank onder die jurisdiksie van Tsjaka, maar hulle koning, Sobhuza 1, het met hom stry gekry en hom naby Bremersdorp gevestig. Later het hulle weer vriende gemaak. Sobhuza 1 is in 1839 deur Mswazi 11 opgevolg wat die eerste keer met die Boere by Lydenburg kontak gemaak het. Sowel Mswazi as sy opvolgers, Umbandine en Bunu, het konsessies toegestaan aan almal wat daarom aansoek gedoen het. Dit het groot verwarring veroorsaak en sir Theophilus Shepstone het tydens die eerste Britse besetting van Transvaal probeer om ’n einde daaraan te maak. Een gevolg was die stigting van die Klein Vrystaat wat in 1889 by die Suid-Afrikaanse Republiek ingelyf is. Die Britse owerheid het daartoe ingestem om die onafhanklikheid van die Swazi’s te erken, mits die gebied gesamentlik deur die blanke setlaars en die Swazi’s bestuur word.

Hierdie reëling was van krag tot na die Tweede Vryheidsoorlog toe Swaziland ’n Hoë Kommissaris-gebied geword het. Die Swazi’s is steeds geregeer deur hulle eie koning (destyds Sobhuza II), maar met die ontdekking van goud en tin het ’n hele aantal blankes na die land gegaan. Die Swazi’s het hulle eie howe behou onder die opperhoof wie se hoofkwartier by Lozitehlezi is. Verskeie kerkgenootskappe het ook sendingwerk in die gebied gedoen.

Op 6 September 1968 het Swaziland van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. In 2018 het die land sy naam amptelik na die Koninkryk eSwatini verander.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swaziland
Volgende onderwerp: Sweefsport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 06:01:51 MGT 2024