Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swaziland (Koninkryk eSwatini)
Swaziland [boodskap #124097] So, 13 Januarie 2019 13:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Swaziland (Koninkryk eSwatini) is 'n absolute monargie en landingeslote land in Suider-Afrika. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Mbabane, terwyl Lobamba die regeringsetel, asook koninklike en wetgewende hoofstad vorm. Dit is 'n buurland van Suid-Afrika en Mosambiek.

Swaziland lê aan die oosgrens van Transvaal. Die gebied beslaan 6,704 vk. myl en is onder beheer van sy eie koning. Mbabane het Bremersdorp as hoofstad vervang. Die westekant van Swaziland wat aan die distrik Barberton grens, is baie bergagtig maar die res van die land is laagliggend, warm en op plekke besmet met malaria. Swaziland is uitstekende beeswêreld. Sedert 1880 produseer dit goud en meer onlangs ook tin en asbes, laasgenoemde afkomstig uit die Havelock-myn in die weste wat een van die grootste kabelspoorinstallasies in Suidelike Afrika het. Groot ysterertsneerslae is blootgelê by Bomvu Ridge en die eerste spoorlyn tussen Kadake en Goba aan die Mosambiekse grens is in 1964 geopen. Met behulp van die Colonial Development Corporation is groot houtbosse in die distrik Pigg’s Peak en elders aangeplant, terwyl tropiese landbou ook vooruitgang gemaak het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Swaweltjie
Volgende onderwerp: Swazi’s
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:59:38 MGT 2024