Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Strandveld
Strandveld [boodskap #124021] So, 13 Januarie 2019 07:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Strandveld is 'n kusstreek in die suide van Kaapland tussen Kaap Agulhas en Mosselbaai en wat ook die distrikte Bredasdorp en Riversdal insluit. Hierdie kusgebied lê 30 tot 45m bo seevlak. Soetendalsvlei is verreweg die grootste van 'n aantal vlak mere. Voëlvlei, 'n paar kilometer na die noordweste, is die tuiste van verskeie watervoëls. Ander panne in die vleilandgebied is Varkvlei, Soutpan, Waskraalvlei, Langpan, Brakpan, Melkbospan, Vispan en Zeekoeivlei. Die hele gebied is gewild onder voëlkykers.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Strandloper
Volgende onderwerp: Strandwolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:25:30 MGT 2024