Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Strandloper
Strandloper [boodskap #124019] So, 13 Januarie 2019 06:59 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Strandlopertjies
Strandlopertjies
Die Strandloper (sub-orde Limicolae) is 'n klein lid van die waadvoël-familie met ’n bruin gespikkelde rug en keel, wit kruis en lang, reguit snawel. Daar is verskeie soorte strandlopers, nie een so volop in Suid-Afrika as in Engeland nie, meesal trekvoëls wat by damme en riviermonde aangetref word. Van alle trekwaadvoëls is die krombek-strandloper (Erolia testicea) die algemeenste. Hulle kom by modder of sanderige kolle in grysbruin-en-wit massas bymekaar. Net voordat hulle vir die broeiseisoen vertrek, word hulle verekleed dikwels kastaiingkleurig. Hulle het betreklik lang, gekromde snawels. Die gewone ruiters van Europa is baie minder algemeen in Suid-Afrika; daar is meer bruin in hulle kleur, hulle het reguit snawels, word slegs in pare van twee of in groepe van drie aangetref en lig hulle sterte bedaard op wanneer hulle loop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Strandloper [boodskap #124020 is 'n antwoord op boodskap #124019] So, 13 Januarie 2019 07:01 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Strandlopers met hul skuilings op die strand.
Strandlopers met hul skuilings op die strand.
Strandlopers verwys na Khoikhoi (Hottentotte) wat vroeër langs die kus van Wes-Kaapland aangetref is deur Jan van Riebeeck en deur ander vroeë setlaars teëgekom is. Hulle kos het hoofsaaklik bestaan uit skulpvis en ander seekosse. ’n Paar oorgeblewenes van hierdie primitiewe stamme is volgens verslae langs die kus van Namibië (Suidwes-Afrika) aangetref.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Strakosch, Sir Henry
Volgende onderwerp: Strandveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 00:32:24 MGT 2024