Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Strakosch, Sir Henry
Strakosch, Sir Henry [boodskap #124018] So, 13 Januarie 2019 06:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Henry Strakosch was 'n Suid-Afrikaanse ekonoom en kapitalis. In 1871 gebore en hy begin met sy loopbaan in ’n bank in Londen. In 1895 kom hy na Suid-Afrika. Hy was hoofsaaklik verbonde aan die firma, Goerz & Co., later die Union Corporation. Sy internasionale aansien as ekonoom het aan hom die pos as adviseur vir die Unie-Regering besorg om die Suid-Afrikaanse Munt- en Bankwet van 1920 op te stel. Dit het gelei tot die stigting van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. In dieselfde jaar, en by verskeie latere geleenthede, het hy Suid-Afrika op internasionale finansiële konferensies verteenwoordig. In 1923-1924 was hy ook Suid-Afrikaanse afgevaardigde na die Volkerebond. Die Indiese Regering het van sy dienste gebruik gemaak om hulle van raad te bedien oor munt en finansies. Hy het ook in 1932 deelgeneem aan die Ekonomiese Rykskonferensie in Ottawa. Hy was ook lid van die komitee wat die moontlikhede van die Kanaal-tonnel ondersoek het. Hy het ’n aantal boeke oor ekonomie geskryf. In 1943 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stow, George William
Volgende onderwerp: Strandloper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:04:40 MGT 2024