Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Morosi
Morosi [boodskap #123039] Sa, 29 Desember 2018 14:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Morosi was Hoofman van die Baphoeti-stamgroep van die Basoetovolk. Hy het eers in die jare 1830 onder die aandag gekom vanweë sy verbintenis met Mosjesj. Hy was geneig tot oorlogsugtigheid, het sy man gestaan teen die koloniale magte in die jare 1850 en is ongesteurd gelaat in sy vesting langs die boloop van die Oranjerivier. In 1879 het sy weiering om die Demobilisasiewette van die Kaapse regering te gehoorsaam, gelei tot 'n volskaalse veldtog wat die mobilisasie van 'n aansienlike blanke mag tot gevolg gehad het. Morosi is op 20 November 1878 gedood toe sy berg in 'n stormloop verower is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moroko
Volgende onderwerp: Mortimer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:29:20 MGT 2024