Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moroko
Moroko [boodskap #123038] Sa, 29 Desember 2018 14:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Moroko was die Hoofman van die Barolong-stam in die Oranje-Vrystaat. Hy was oorspronklik op vriendskaplike voet met die Britse owerheid en toe die Soewereiniteit in 1850 beëindig is, het hy homself onafhanklik verklaar en vriendskaplike betrekkinge met die Republiek aangeknoop. As gevolg van die hulp wat hy in die veldtog van 1858 teen die Basoeto's verleen het, het Moroko die vertroue van die Boere gewen en sy grond was vir hom gewaarborg. Sy hoofkwartier was op Thaba N'chu, feitlik die enigste naturellereservaat in die Oranje-Vrystaat. In 1865 het hy 'n verdrag met die O.V.S. gesluit en weer vir dié land teen die Basoeto's in hulle veldtog van 1865-1866 geveg. Hy is in April 1880 oorlede en in Julie 1884 is sy gebied by die O.V.S. ingelyf, hoewel dit erken is as 'n reservaat vir die Barolongvolk. Sien ook Thaba N'Chu.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Morija
Volgende onderwerp: Morosi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 05:34:33 MGT 2024