Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kruger-Miljoene
Kruger-Miljoene [boodskap #122619] So, 23 Desember 2018 10:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kruger-Miljoene is 'n skat wat na bewering teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog deur of in opdrag van president Paul Kruger versteek is. Besonderhede oor die grootte van die skat verskil aansienlik. Baie soektogte na die skat is onderneem maar sonder welslae. Die oorsprong van die storie is die feit dat die Boereregering goudontginning op 'n beperkte skaal voortgesit het voordat hulle die Rand verlaat het. Hierdie goudstawe is na die Pretoriase Munt geneem waarvandaan dit, sommige in halfgemunte vorm, later verwyder is. Die meeste daarvan is vir oorlogsuitgawe gebruik en sommige daarvan is moontlik in die veld begrawe. Die hoeveelheid goud betrokke is egter baie oordrewe.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Krosidoliet
Volgende onderwerp: Kruger, Stephanus Johannes Paulus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:12:02 MGT 2024