Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kreli
Kreli [boodskap #122607] So, 23 Desember 2018 09:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kreli was die Opperhoof van die Xhosas. Omstreeks 1818 gebore, seun van Hintsa. Het in 1854 op die voorgrond gekom toe hy die Temboes met fyn taktiek verslaan het. In 1858, vier jaar later, het hy weer teen hulle geveg en 'n derde keer in 1873. Teenoor die Britte was Kreli 'n fyn diplomaat, en in 1846 het hy die beste daarvan afgekom op 'n vredeskonferensie met sir Andries Stockenstrom. Die vrede is in 1848 gesluit en het die weg gebaan vir 'n vriendskaplike ontmoeting met goewerneur sir Harry Smith naby King William's Town. Van 1850 tot 1852 maak hy weer oorlog teen die Britte en word verslaan. In 1853 maak hy vrede en sy mag word finaal gebreek na die Nasionale Selfmoord van die Xhosas. Van 1877 tot 1888 was Kreli weer in 'n oorlog met die Kaapkolonie betrokke. Hy word verslaan en is Bomvanaland ('n gebied in die Oos-Kaap) binnegedryf. Daar is hy in Februarie 1893 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Krause, Frederick (Friedrich) Edward Traugott
Volgende onderwerp: Kreupelhout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:26:46 MGT 2024