Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Krause, Frederick (Friedrich) Edward Traugott
Krause, Frederick (Friedrich) Edward Traugott [boodskap #122606] So, 23 Desember 2018 09:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick (Friedrich) Edward Traugott Krause was die Regter-president van die Oranje-Vrystaat. Op 29 April 1868 in Bloemfontein gebore en ontvang opleiding aan Grey-Kollege, Victoria-Kollege, Stellenbosch en Amsterdam waar hy in 1893 sy doktoraat in die regte verwerf. In Londen tot die balie toegelaat en begin sy praktyk in Pretoria. Krause was bekend as 'n uiters bekwame kriminele prokureur en in 1896 word hy die eerste Staatsaanklaer in Johannesburg waar hy vervolg het in die beroemde verhoor van Von Veltheim. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog word hy aangestel as 'Spesiale Kommandant' vir die Witwatersrand en het later die stad Johannesburg oorgegee aan lord Roberts. Word gearresteer vir 'n politieke oortreding en tot 2 jaar gevangenisstraf gevonnis. In 1904 begin hy weer met sy praktyk in Johannesburg en word gou een van die senior advokate van die balie en tree op in die meeste van die belangrike verhore. In 1923 word hy aangestel as regter in Transvaal en 10 jaar later word hy Regter-president van die Oranje-Vrystaat. Hy tree in 1938 af maar speel steeds 'n leidende rol in strafhervorming en historiese navorsing (veral oor die vroeë geskiedenis van die Witwatersrand). In 1959 op 91 jarige ouderdom oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Krause, Albert Edward Jacobus
Volgende onderwerp: Kreli
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 02:03:14 MGT 2024