Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kat, Wilde (Felis ocreata caffra)
Kat, Wilde [boodskap #122447] Vr, 21 Desember 2018 14:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Wildekat.
'n Wildekat.
Die wildekat (Felis ocreata caffra), ook bekend as die Groukat, word in bosagtige dele van Suid-Afrika aangetref waar prooi volop is. Soek sy prooi in die nag en leef van knaagdiere en voëls. Aangesien hy besonder sterk en soepel is, val hy selfs klein bokkies aan. In bewoonde gebiede is hy 'n pes waar hy pluimvee en jong diere aanval en word voor die voet doodgemaak. Is omtrent so groot soos die huiskat, is grysbruin-gespikkeld en ligter na die buik. Die bo-bene is swart en die stert het swart kringe.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Katvis
Volgende onderwerp: Kaunda, Dr. Kenneth David
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:28:16 MGT 2024