Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Flemming, Leonard
Flemming, Leonard [boodskap #121825] So, 09 Desember 2018 14:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Leonard Flemming was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en humoris. Gebore in 1868 in Australiƫ. Hy kom op 15-jarige ouderdom na die Kaap om naby Queenstown te boer. Later veg hy in die Tweede Vryheidsoorlog en gaan woon op 'n plaas naby Dewetsdorp, O.V.S. Die ontwikkeling van sy grond, wat hy met die grootste moeite uitgevoer het, word die tema van 'n hele reeks boeke waarmee hy bekendheid verwerf het. Dit begin in 1915 met A Settler's Scribblings in South Africa. Daarna volg A Fool on the Veld in 1916, en ander boeke wat heelwat opspraak verwek het. Oorlede in 1946.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Flamink
Volgende onderwerp: Flora Capensis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:08:47 MGT 2024