Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Daniell, Samuel
Daniell, Samuel [boodskap #121556] So, 02 Desember 2018 07:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Samuel Daniell was 'n Engelse kunstenaar en reisiger in Suid-Afrika. Gebore in 1775. Word sekretaris en tekenaar van 'n ekspedisie wat in 1801 van die Kaap af gestuur is om die gebied, nou bekend as Botswana, te verken. Hy het 'n aantal treffende en juiste sketse gemaak, veral van die Bantoetipes en setlaars in die kolonie. In 1804 verskyn sy African Scenery, een van die waardevolste stukke Africana. In 1811 op Ceylon oorlede. Sy sketsboek oor Suid-Afrikaanse naturellestamme verskyn na sy dood in 1820.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Danger Point
Volgende onderwerp: Danielskuil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:31:11 MGT 2024