Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baird, Sir David
Baird, Sir David [boodskap #121054] Di, 20 November 2018 14:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir David Baird
Sir David Baird
Sir David Baird (1757 - 1829) was 'n Britse generaal. Gebore in Newbyth, Skotland, op 6 Desember 1757; sluit by die leër aan in 1772. In 1795 was hy as kolonel betrokke in die eerste Britse verowering van die Kaap. In 1806 was hy in bevel van die mag wat die Kaap van die Betaafse Republiek verower het nadat die Nederlandse troepe op Blauwberg verslaan is. Oorlede op 18 Augustus 1829.

Baird het ’n veelbewoë loopbaan in die Britse leër gehad. Hy dien van 1773 tot 92 in Indië; van 1795 as brigadier-generaal in die leër wat gedurende die eerste Engelse Bewind aan die Kaap was; van 1798 weer na Indië; in 1801 aan die hoof van ’n Indiese leër in Egipte waarvandaan hy na die verowering van Alexandrië in 1802 met sy soldate na Indië teruggekeer het. In 1804 is hy tot ridder geslaan en in 1804 was hy in bevel van die troepe wat na die Kaap gestuur is om dit van die Bataafse Republiek te verower. Na sy terugkeer na Engeland is hy in die slag van Kopenhagen in 1807 en later in Spanje gewond. Hy is eers in 1810 getroud en het voor sy dood in 1829 nog diens gedoen in Ierland.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bainskloof
Volgende onderwerp: Baker, Sir Herbert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:12:05 MGT 2024