Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bailey, Sir Abe
Bailey, Sir Abe [boodskap #121049] Di, 20 November 2018 05:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abe Bailey
Abe Bailey
Sir Abe Bailey (1864 - 1940) was 'n Suid-Afrikaanse mynmagnaat en wetgewer. Gebore in Cradock, 1864 in die Kaapkolonie; seun van Thomas Bailey, handelaar en lid van oorspronklike Kaapse parlement. Hy skool in Yorkshire, Engeland, en kry sy eerste sakepos in Londen. Keer op 20-jarige ouderdom na Suid-Afrika terug ten tye van die goudstormloop by Barberton. Hy maak gou 'n aansienlike klompie geld en gaan na Johannesburg met die ontdekking van goud.

Onder die vriende wat sy moontlikhede besef het, was Cecil Rhodes. Hy raak betrokke in Reform-beweging ten tye van die Jameson-inval, beland in die tronk vir hoogverraad in 1896 en word met £2,000 beboet. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy verskeie korps ongereelde troepe op die been gebring en dien hy op die generale-staf van generaal Pole-Carew. Hy volg Cecil Rhodes op as lid vir Barkly-Wes van 1902 tot 1905. In 1908 is hy verkies tot Transvaalse parlement. Verteenwoordig Krugersdorp as lid van die Unionistiese Party van 1910 tot 1924. Was 'n prominente figuur op die Randse Effektebeurs.

As lid van die firma Ford and Jeppe ontwikkel hy die Witwatersrand Townships, Mining and Finance Corporation wat in 1896 geregistreer is. Dit word die South African Mownships, Mining and Finance Corporation Ltd., (wat in 1942 oorgeneem is deur die Anglo-American Corporation). Sy vernaamste belange was op die Oos-Rand en in Oos-Transvaal. Hy ontwikkel Suid-Afrikaanse loogsoutneerslae in Pretoria-Noord. Die meeste van sy latere lewe bring hy Engeland deur, waar hy bekendheid verwerf as renperdeienaar en sportfiguur. As sterk voorstander van beter betrekkinge tussen die blanke rasse in Suid-Afrika het hy groot bedrae geld vir trustfondse bewillig om daarvoor aangewend te word. Oorlede in 1940. Begrawe op heuwel teenoor sy huis in Muizenberg.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Badplaas
Volgende onderwerp: Bain, Andrew Geddes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:55:11 MGT 2024