Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bain, Andrew Geddes
Bain, Andrew Geddes [boodskap #121050] Di, 20 November 2018 06:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Andrew Geddes Bain
Andrew Geddes Bain
Andrew Geddes Bain (1797 - 1864) was 'n baas-padbouer en pionier op die gebied van geologie in Suid-Afrika. Gebore in Thurso, Noord-Skotland in 1796. Kom in 1820 na Suid-Afrika en vestig hom as 'n leerlooier en saalmaker te Graaff-Reinet. Hy begin in 1826 met 'n reeks ontdekkingstogte in die rigting van Kuruman en Betsjoeanaland waartydens hy reeds belangstelling in die geologie, veral fossiele, toon. Hoewel ’n leek, het hy die eerste geologiese kaart van Suid-Afrika opgestel en vir sy geologiese navorsing oorsee bekendheid verwerf.

Sonder enige ingenieursopleiding het hy hom op veertigjarige ouderdom op padbou toegelê. Hy was verantwoordelik vir die aanlê van verskeie militêre paaie langs die oosgrens, onder meer Queen’s Road, en die bou van Michellspas, Katbergpas, Oudebergpas en Bainskloof. Laasgenoemde was ’n wonder van ingenieursvernuf wat vir hom wêreldfaam verwerf het.

Sy geskrifte was van die grootste belang, en verskeie oerdiere is na hom vernoem. Hoog geëer onder al sy kollegas sowel in Suid-Afrika as in Engeland. Oorlede op 20 Oktober 1864. Sy gevierde liedjie Kaatjie Kekkelbek het spreekwoordelik in Suid-Afrika geword.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bailey, Sir Abe
Volgende onderwerp: Baines, Thomas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 21:53:08 MGT 2024