Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baden-Powell, Lord Robert Stephenson Smyth
Baden-Powell, Lord Robert Stephenson Smyth [boodskap #121046] Ma, 19 November 2018 19:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Robert Baden-Powell
Robert Baden-Powell
Lord Robert Stephenson Smyth Baden-Powell (1857 - 1941) was 'n Britse soldaat en stigter van die Padvindersbeweging. Gebore in Engeland op 22 Februarie 1857. Ontvang skoolopleiding aan Charterhouse. Op 19-jarige ouderdom sluit hy aan by die Royal Husars en dien in Indië, Afghanistan en in 1887 in Suid-Afrika. Hy veg in Zoeloeland (1888), in Malta (1893-97) in Ashanti, Wes-Afrika, as hoofstafoffisier tydens die Matabele-opstand (1896-97) en daarna as kolonel van die Irregular Horse in Suid-Afrika. Teen dié tyd was hy bekend as kunstenaar, skrywer en geheime diens deskundige. Tydens die beleg van Mafeking maak hy gebruik van skoolseuns as boodskappers en rapportryers. Dit inspireer sy padvinderbeweging, wat in 1908 gestig is (Boy Scouts, later ook Girl Guides). Hy skryf The Matabele Campaign en Lessons of a Lifetime (sy outobiografie). Oorlede in 1941.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baca
Volgende onderwerp: Badfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:14:25 MGT 2024