Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baca (Amabaca)
Baca [boodskap #121032] Do, 15 November 2018 05:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Amabaca (kortweg Baca) is 'n Bantoestam wat hom oorspronklik in Natal gevestig het, maar later na Pondoland, tussen die Tina- en Umzimkulurivier, getrek het. Pondoland was destyds deel van die Transkei, maar is in 1994 by die Oos-Kaap ingelyf.

Die Amabaca is woonagtig in Noordoos-Kaapland (Griekwaland-Oos) in die omgewing van Mount Frere en Mount Fletcher. Hulle behoort tot die suidelike Nguni-groep van die Bantoe, maar is oorspronklik uit Natal afkomstig van waar hulle gevlug het vanweë die uitdelgingsoorloë van Tsjaka in die jare twintig van die 20ste eeu. Tans bestaan hulle uit 2 onderling vyandige seksies wat egter dieselfde taal praat en dieselfde gewoontes het.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Babilonstoring
Volgende onderwerp: Baden-Powell, Lord Robert Stephenson Smyth
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 02:08:10 MGT 2024