Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Woordeboek
Woordeboek [boodskap #8557] Sa, 15 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Marc[2]  is tans af-lyn  Marc[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Vir die wat belangstel, daar is 'n Engels-Afrikaans/Afrikaans-Engels
woordeboek by:

http://dictionaries.travlang.com/

En nog 'n klomp ander tale ook.

Marc
Re: Woordeboek [boodskap #25897 is 'n antwoord op boodskap #8557] So, 05 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Daar is toe een beskikbaar Henk, en jy kan dit kry by
http://www.dieknoop.co.za

Ek het dit gekoop by 'n rekenaarwinkel op Hillfox aan die Rand.

Groetnis

Dave Du Plessis

Henk de Swardt skryf in boodskap news:37C0D920.5F421D7E@global.co.za...
> Is daar 'n Afrikaanse woordeboek beskikbaar vir MS Word 97, en waar kan
> ek dit kry?
>
> Dankie.
>
> Henk de Swardt
>
Re: Woordeboek [boodskap #25921 is 'n antwoord op boodskap #8557] Ma, 06 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Daar is een wat deur die Uni van Potch uitgegee word, en sy website is
sowaar op http://www.dieknoop.co.za gelys... maar ek het vreeslik gesukkel
om dit te installeer. 'n Mens moet jou keyboard verander na 'n afferkaanse
keyboard om dit te laat werk, en 'n mens kan in Word97 net in een taal
spellcheck. As jou Word97 dus opgestel is vir afferkaans en jy wil 'n
engelse dokument spellcheck moet jy eers jou keyboard verander na 'n British
of 'n American keyboard (in die Control Panel), en 'n bietjie sukkel om die
default taal te verander naar Engels.

Pharos woordebroeke gaan binnekort 'n spellcheck uitgee wat op alle Windows
based pergramme werk. Hulle website is ook op Die Knoop beskikbaar. Die
skakelbeampte waarmee ek gesels het het my geverseker dat hulle spellcheck
ook in Word97 sal werk... maar ek vermoed Word97 se clipboard is 'n secure
clipboard, m.a.w. jy kan hom nie met 'n outside application bykom nie. Ek
weet sowaar nie wat Bill Gates gedink het toe hy daar pergram ontwerp het
nie. Dit het net te veel verpieptgede.

Jammer lat ek nou hier 'n perd opsaal... maar vir wat werk die Alt-kodes nie
in Word97 nie? Dit werk in alle ander Windows EN Dos pergramme. Die nuwe
Windows menier van 'n kappie op die e sit deur 'n kombinasie van kerakters
te tik en dan die kappie apart... dit werk nie in Dos nie. Jig.

Goedgaan, en soetwees.

Jilll

NB: as ek vertaal vertaal ek suiwer... as ek chat dan skryf ek soos ek
praat, en basta.

--
Samuel Murray (translator and proofreader)
smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
or try my personal page http://ey.to.hey.to/

Henk de Swardt skryf in boodskap news:37C0D920.5F421D7E@global.co.za...
> Is daar 'n Afrikaanse woordeboek beskikbaar vir MS Word 97, en waar kan
> ek dit kry?
>
> Dankie.
>
> Henk de Swardt
>
Re: Woordeboek [boodskap #25988 is 'n antwoord op boodskap #8557] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 6 Sep 1999 11:33:49 +0200, "Samuel Murray" wrote:

|Jammer lat ek nou hier 'n perd opsaal... maar vir wat werk die Alt-kodes nie
|in Word97 nie? Dit werk in alle ander Windows EN Dos pergramme. Die nuwe
|Windows menier van 'n kappie op die e sit deur 'n kombinasie van kerakters
|te tik en dan die kappie apart... dit werk nie in Dos nie. Jig.
|
Ek gebruik Word 97 en hulle werk baie goed vir my.
Re: Woordeboek [boodskap #25989 is 'n antwoord op boodskap #8557] Wo, 08 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Samuel Murray wrote in article
...

> om dit te installeer. 'n Mens moet jou keyboard verander na 'n afferkaanse
> keyboard om dit te laat werk, en 'n mens kan in Word97 net in een taal
> spellcheck. As jou Word97 dus opgestel is vir afferkaans en jy wil 'n
> engelse dokument spellcheck moet jy eers jou keyboard verander na 'n British
> of 'n American keyboard (in die Control Panel), en 'n bietjie sukkel om die
> default taal te verander naar Engels.

Jy kan in Word meer as een speltoetser op 'n slag gebruik. Die geheim is
jy moet die stukke wat (byv) Afrikaans is merk, en dan "Afrikaans" as die
"language" daaraan toeken, so ook met die ander taal/tale. Jy hoef nie jou
sleutelbord se taal elke keer te verander nie. Een van die goed wat egter
probleme gee is dat Word aanneem jou dokument is in jou "default language"
(soos in die Kontrolepaneel gestel) opgestel as jy nie vir hom anders
wysmaak nie.

> Jammer lat ek nou hier 'n perd opsaal... maar vir wat werk die Alt-kodes nie
> in Word97 nie? Dit werk in alle ander Windows EN Dos pergramme. Die nuwe
> Windows menier van 'n kappie op die e sit deur 'n kombinasie van kerakters
> te tik en dan die kappie apart... dit werk nie in Dos nie. Jig.

Sover ek weet is hierdie manier net in Word beskikbaar, nie enige van die
ander Microsoft produkte/dienste nie. Maar ek weet nie hoekom sê jy die
Alt-metode werk nie, dit werk vir my, byv: Alt-136 = ê. Wat wel kan gebeur
is dat alternatiewe "code-pages" installeer is, Windows applikasies sal dan
'n viersyfer kode verwag en Alt-136 is dan nie noodwendig dieselfde as
Alt-0136 nie. Die lekkerste sleutelbord wat ek nog op gewerk het was 'n
Nordiese een, die "dooie" karakters is almal as sulks op die sleutelbord
beskibaar, byv die Alt-136 (of Ctrl-Shift ^, e in Word) sou bloot ^ e getik
word, ens. in ALLE applikasies, DOS ook.

Groete,
Dries Venter
Re: Woordeboek [boodskap #26041 is 'n antwoord op boodskap #8557] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
STR@NGE  is tans af-lyn  STR@NGE
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Op 8 Sep 1999 22:29:08 +0200 skryf "Dries
Venter" :

-> Die lekkerste sleutelbord wat ek nog op ->gewerk het was 'n
-> Nordiese een, die "dooie" karakters is almal as sulks op die sleutelbord
-> beskibaar, byv die Alt-136 (of Ctrl-Shift ^, e in Word) sou bloot ^ e getik
-> word, ens. in ALLE applikasies, DOS ook.

Laai net United States International keybord
in Control Panel, dan het jy dit ook.
Vorige onderwerp: Oumense se sêgoed
Volgende onderwerp: Handawing van Afrikaans (was Re: 'n Klap na ABSA)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 12:44:52 MGT 2024