Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Oumense se sêgoed
Oumense se sêgoed [boodskap #25494 is 'n antwoord op boodskap #25495] Di, 24 Augustus 1999 00:00
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Almal van ons onthou tog seker van die koddige en (meestal raak) sêgoed van
ons ouma's/oupa's ouers, ens.?

As ons as kinders inge-chip het in grootmense se geselskap, het ouma altyd
gesê: "Ag nee toe! Muismis uit die peper uit!"
Nog een: "Hy is so stokstyf dat as jy op sy voorkop druk, dan druk sy gat 'n
'nought' op die sypaadjie" (So stug en styf en 'proper')

Nog een: "Moenie aan 'n dooie hond skop nie" Menende: moenie aan iets krap
wat jou in 'n verleentheid kan stel nie.
Re: Oumense se sêgoed [boodskap #25495 is 'n antwoord op boodskap #25494] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Aug 1999 09:19:37 +0200, "Thys de Wet" wrote:

|Almal van ons onthou tog seker van die koddige en (meestal raak) sêgoed van
|ons ouma's/oupa's ouers, ens.?
|
|As ons as kinders inge-chip het in grootmense se geselskap, het ouma altyd
|gesê: "Ag nee toe! Muismis uit die peper uit!"
|Nog een: "Hy is so stokstyf dat as jy op sy voorkop druk, dan druk sy gat 'n
|'nought' op die sypaadjie" (So stug en styf en 'proper')
|
|Nog een: "Moenie aan 'n dooie hond skop nie" Menende: moenie aan iets krap
|wat jou in 'n verleentheid kan stel nie.
|

My ouma het altyd so agter haar hand van iemand wat te veel van
homself dink, gesê: "Hy dink sy p@&p stink na pypkaneel!" Dit was die
enigste growwe woord wat Ouma ooit gebruik het - en ook net in die
gesegde. Oupa het ek nooit een enkele vloekwoord ooit hoor sê nie.
Vorige onderwerp: Die oorsprong van "corral."
Volgende onderwerp: Woordeboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:04:00 MGT 2024