Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA
Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA [boodskap #7920] Wo, 01 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die gedigte in Matthews Phosa se bundel is geskryf
tussen 1970 en 1995. Die eerste twee bitter gedigte
is duidelik uit die apartheidsjare. Die derde gedig moet
van later wees. Hy is vandag premier van Mpumalanga.

WIE IS EK?

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is 'n kneg van die immigrant;
hy wat my verniel en verwoes,
op my spoeg met wette
wat my soos kanker laat verval.

Wie is ek in my geboorteland?
My oupagrootjie was 'n kaffer,
my oupa 'n naturel,
ek is vandag 'n bantoe,
my seun wat de hel?

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is die mees onderdrukte,
die mees gekulde,
die mees ontroue -
die mees gevreesde "vyand".

"ONLY"

Jy is uitgeput van die dag se gewoel,
jy wil 'n rukkie net ontspan;
daar staan 'n stoel, maar
jy mag nie daarop sit nie,
daar staan "only".

Jy is lus vir koeldrank of tee,
jy wil dit gaan drink
in die naaste kafee, maar
oor di'e drumpel durf jy nie,
daar staan "only".
Oral waar jy gaan,
waar jy in stilte wil lees
of by iets bly staan,
wil eet, wil droom, of in slaap vergeet,.
daar staan "only" in jou pad:
WHITES ONLY.

HOE

hoe moet ek praat
wat moet ek sê
hoe kan ek praat
in hierdie vierkantige kamer
dat die wereld kan hoor
hoe kan ek die waarheid oopvlek
voor mense wat dit so haat
hoe kan ek praat
my saak stel
duidelik vir almal
wat moet ek sê
om ministers en senatore te behaag
moet ek leuens vertel oor myself
hoe kan ek
hoe?

(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA [boodskap #7926 is 'n antwoord op boodskap #7920] Vr, 03 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
ysbl...@aol.com says...
>
> Gloudina,
>
> Ek hoop iemand waardeur jou bitter gedigte, ek wonder net of jy werklik so
> bitter is. Daar is baie meer sonnige en vrolike gedigte wat jy kan plaas
> deur 'n verskeindenheid digters, wat groter aftrek sal kry.

Dankie, Ysblokkie,
Jy het die minus 20 C temperatuur buite die dubbelglas-
vensters hier op die walle van 'n bevrore Ottawa- rivier in
Oos-Ontario nog kouer gemaak.
Die voorstel dat ek Matthews Phosa se gedigte pos, het
van iemand in Suid-Afrika gekom. Die gedigte self is voorsien
deur een van my talle helpers ook in Suid-Afrika, wat geduldig
vir my nuwer gedigte aanstuur.
Hier volg nog digwerk uit ons geliefde Suid-Afrika, in ons
geliefde taal, geskryf deur mense wat heelwaarskynlik deur hul
waardevolle digarbeid sal sorg dat ons taal bly voortbestaan.

o my aspoestertjie, kaia van ons afrika:
ek sien die road blocks/ kwylende polisiemanne/buffels
ek ruik die tyres/teargas/bloed
ek voel die karwats/ R-1 koeël/ dood
(Shawn Minnies)

O, die wraakgedagte
my hoop is dood
met 'n halssnoer om die nek.
Die reuk van petrol,
rubber en verkoolde liggame
hang verstik-dik in my gedagtes,
Die verdrukker weet daar niks nie van.
(Willie Adams)

Julle kamma sing
wit doeke!
vannie bloutes vannie hiemel
vol teargas
vannie ewige gebe^gtes
hoeg soes os afsin in jou
vannie dieptes vannie sie
o^s trane makkit vol
vannie ve^ velate vlaktes
wattie joune issie
hul erwe bly hul kinners sin
o^s sin hettie law gevat.
(Andre Boezak)

ja hoor
om geskiedenis te maak
om kultuur te maak
om deel van vree en lief te wees
laat ons vee teen groen heuwels wei
laat ons wagters uit dieselfde pype rook
laat die son 'n seën oor ons menstuin lê
en laat elkeen wat haat wat ons sê
weet
ons sê sifuna zonke
daarom skeur ons die donker opstaan van 'n valse dag
in flarde
(Patrick Petersen)
"sifuna zonke": ons wil alles hê

Die bostaande gedigfragmente het ek gevind in 'n artikel van
Hein Willemse in Tydskrif vir Letterkunde Feb/Mei 1996
gloudina bouwer
Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA [boodskap #7927 is 'n antwoord op boodskap #7920] Vr, 03 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ysblokkie[2]  is tans af-lyn  Ysblokkie[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,

Ek hoop iemand waardeur jou bitter gedigte, ek wonder net of jy werklik so
bitter is. Daar is baie meer sonnige en vrolike gedigte wat jy kan plaas
deur 'n verskeindenheid digters, wat groter aftrek sal kry.
Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA [boodskap #7933 is 'n antwoord op boodskap #7920] Sa, 04 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ysblokkie[2]  is tans af-lyn  Ysblokkie[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina sê die volgende:
.>>Hier volg nog digwerk uit ons geliefde Suid-Afrika, in ons
.>>geliefde taal, geskryf deur mense wat heelwaarskynlik deur hul
.>>waardevolle digarbeid sal sorg dat ons taal bly voortbestaan.

Nou besing jy die land en sy taal, tog het jy self vertel hoe julle SA en
Afrikaans afgesweer het en dat Engels nou jou 1ste taal en Frans jou 2de
taal is, waar plaas jy Afrikaans dan.

Ek is baie bly daar is mense wat nog in Afrikaans dig, maar jy neig om te
konsentreer net op die mense wat oor die negatiewe skryf, tog so jammer
dat jy nie die sonnige en vrolike gedigte wil plaas nie.
Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA [boodskap #7934 is 'n antwoord op boodskap #7920] Sa, 04 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Jan 1997 16:56:21 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
> Die gedigte in Matthews Phosa se bundel is geskryf
> tussen 1970 en 1995. >>>

Wel (Ysblokkie, is jy daar?) die hoogs intterresante ding oor Mathews
Phosa is dat hy 'n MK Commander in Maputo was.
Hy is nou die premier van Mpumalanga.
Hier is 'n swart Suid-Afrikaner wat onder apartheid gelei het en as 'n
jong student aan die Universiteit van die Noorde aangetrokke was tot
Afrikaans om sy gevoel oor apartheid in die jare 70 uit te druk.
Chew on that one....
En hy het sy liefde vir gedigte in Afrikaans behou tot vandag toe.

En kou ook aan die een: Hy is een van die front runners op die oomblik
in die spel om 'n moontlike opvolger vir Thabo Mbeki (wat lyk of hy
Mandela gaan opvolg in 1999) uit te wys as Mbeki sy twee termyne
uitgedien het na Mandela.
Phosa is ook 'n buiteperd vir die presidentskap in 1999.
Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA [boodskap #7935 is 'n antwoord op boodskap #7920] Sa, 04 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
ysbl...@aol.com says...
>
> Gloudina sê die volgende:
> .>>Hier volg nog digwerk uit ons geliefde Suid-Afrika, in ons
> .>>geliefde taal, geskryf deur mense wat heelwaarskynlik deur hul
> .>>waardevolle digarbeid sal sorg dat ons taal bly voortbestaan.
>
> Nou besing jy die land en sy taal, tog het jy self vertel hoe julle SA en
> Afrikaans afgesweer het en dat Engels nou jou 1ste taal en Frans jou 2de
> taal is, waar plaas jy Afrikaans dan.
>
> Ek is baie bly daar is mense wat nog in Afrikaans dig, maar jy neig om te
> konsentreer net op die mense wat oor die negatiewe skryf, tog so jammer
> dat jy nie die sonnige en vrolike gedigte wil plaas nie.

O.k. ek gee op! Ek stuur vir jou hiermee 'n vrolike
Afrikaanse volksliedjie, waarmee ons seker albei
grootgeword het.

WAT MAAK OOM KALIE DAAR?

Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Oom Kalie steek 'n stywe dop;
hy slaan sy vrou met die handsambok!
Wat maak Oom Kalie daar?

Wat maak Oom Kalie daar? (2)
Oom Kalie maak hom klaar vir trou
met Mietjie die kwaai jong wedevrou.
En sy is vir hom klaar.

Wat dra nig Mietjie daar? (2)
Nig Mietjie dra 'n rooi sis rok
en onder die rok 'n handsambok,
Oom Kalie dra 'n blaar.

Wat maak Oom Kalie daar? (2)
Hy's besig om hom vet te smeer,
en sweer: So nooit as nimmerweer -
Hy's met Nig Mietjie klaar.

Wat skree Nig Mietjie daar? (2)
"Oom Kalie," skree sy. "kom tog weer -
my hartjie is tog al te seer,
nog seerder as die blaar."

Wat maak die twee nou daar? (2)
Oom Kalie steek 'n stywe dop,
Nig Mietjie slaan met die handsambok.
En goed kom hulle klaar.

Wysie en eerste vers - tradisioneel.
Verdere verse voorsien deur Langenhoven.

Nou daar het jy dit nou. Geen wonder daardie jong
Afrikanerseuns was so goed met die swepe daar in
Soweto in 1976 nie, dieselfde jong manne wat ons op
TV bevele in Afrikaans hoor uitblaf het, en ons laat
besluit het om ophou Afrikaans te praat. Nou hoor
ons Mandela dit somtyds praat, en die premier van
Mpumalanga dig daarin, en nou voel ons weer so
lekker oor die taal.
gloudina
Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA [boodskap #7941 is 'n antwoord op boodskap #7920] So, 05 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Maar nog steeds sien jy die negatiwe in iets so tradisioneel. As dit jou
behaag gaan voort, moennie dat ysblokkie of enige iemand anders jou
beinvloed nie.

JHV
Vorige onderwerp: 'n Gedig van ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: 'n Gedig van DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 20:31:02 MGT 2024