Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van DONALD RIEKERT
'n Gedig van DONALD RIEKERT [boodskap #7946] So, 05 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
HALFMENS
Donald Riekert

Al raad my Ou Tata
Die jong Nama-meisie se
heuningoë val verskrik ver
son oor Aughrabies se val
Waterslang se lek-lek tong
het sommer nou-nou geel mal-
kop-blom op my hakslag gel^e
Ek hardloop opslag teen die
kliprant en my lippe skuim
soos ek die rooison soebat
dat Halfmens sy geel blom
oor my oë draai Dis al genade
Trek waterslang bang-bang
terug en soek in die blinkwater
'n ander vrou

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA
Volgende onderwerp: Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 12:34:29 MGT 2024