Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bejaarde Upingtonner vermoor; vrou aangerand
Bejaarde Upingtonner vermoor; vrou aangerand [boodskap #119688] Do, 13 Mei 2010 16:12
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bejaarde Upingtonner vermoor; vrou aangerand

2010-05-13 00:37
Upington

Op die dag wat ’n bejaarde man van Florapark, Upington, sy 74ste
verjaardag sou gevier het, is sy lyk gister deur kuiergaste in sy huis
gekry nadat hy vermoedelik reeds Dinsdag helder oordag vermoor is.

Sy erg beseerde vrou is in ’n kritieke toestand in die Medi-Clinic
hier nadat hulle in hul huis oorval en erg aangerand is.

Mnr. Carel van Zyl is weens hoofsaaklik hoofbeserings dood. Mev. Van
Zyl (70) het ook ernstige hoofbeserings opgedoen. Hulle is deur
kuiergaste gekry wat Van Zyl met sy verjaardag wou kom gelukwens.

Wasgoed wat mev. Van Zyl Dinsdagoggend gewas het, het gistermiddag nog
aan die wasgoeddraad gehang.

Geskokte bure wat van die werk teruggekom het, het laatmiddag stadig
voor die huis verbygery.

Oorkant die huis het polisielede na leidrade in die veld gesoek.

Kol. De Witt Botha van die polisie se afdeling georganiseerde misdaad
het gister op die toneel gesê die aanval was vermoedelik Dinsdagmiddag
laat. Die aanvallers het nie geforseerde toegang tot die huis gekry
nie.

Die patologiese ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Hy sê tot dusver is daar nog geen leidrade nie. Klagte van moord,
poging tot moord en inbraak word ondersoek. ’n DVD-speler en los
goedere is uit die huis gesteel.

Mnr. Van Zyl is in die gastebadkamer gekry, en sy vrou op ’n matjie in
die badkamer by hul slaapkamer.

’n Geskokte buurvrou en vriendin van die Van Zyl-egpaar, mev. Max van
Rensburg, het aan Volksblad vertel mev. Van Zyl het Maandagmiddag by
haar gekuier. Sy het toe gesê sy wil Dinsdagoggend wasgoed was.

“Sy het altyd vroegoggend klere gewas. Sy het vanoggend (gister) ’n
haarafspraak gehad. Toe dit gisteroggend stil by hul huis was, het ek
gedink sy is reeds weg vir die afspraak.

“Ons het juis Maandag oor die veiligheidskwessie gesels,” het sy
gesê.

’n Hartseer Van Rensburg het vertel die Van Zyls het in Desember haar
en haar man, Tokkie, se tuin versorg toe hulle gaan toer het. “Ons was
baie goeie vriende.”

Die twee egpare was sowat vier jaar lank bure, nadat die Van Rensburgs
hier kom woon het. Die Van Zyls het heelwat langer hier gewoon.

Sy sê sy en haar man het uitgevind wat gebeur het toe hulle uit hul
huis gestap het om vir die Van Zyls te gaan kuier. Mev. Van Zyl het
gesê sy sal koek gereed hê as hulle mnr. Van Zyl wil kom gelukwens.

Sy sê die egpaar se seun, Louis, woon in Pretoria, en hul dogter, wie
se naam sy nie ken nie, in Namibië. Hulle is reeds in kennis gestel.

De Witt het versoek dat enigiemand met moontlike inligting wat in die
ondersoek gebruik kan word, ao. Boer Muller van die afdeling teen
georganiseerde misdaad moet bel. Sy nommer is 082-464-9591.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-Upingtonn er-vermoor-vrou-aangerand-20100513
Vorige onderwerp: ‘SA gaan agteruit weens ANC-beleid’
Volgende onderwerp: 'Apartheid achtervolgt Z-Afrika'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 09:49:05 MGT 2024